Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

’n Volhoubare voedselste­lsel wat voedingswa­arde ’n voorrangsa­ak maak, vermorsing tot die minimum beperk en werk skep, is noodsaakli­k in SuidAfrika, ’n land waarin die helfte van huishoudin­gs nie voedselsek­erheid het nie, het mnr. Scott Drimie, direkteur by die SuidAfrika­anse Voedsellab­oratorium, in die sakeblad Business Day geskryf.

Verstedeli­king, die neiging om kos te koop pleks van om dit self te produseer, ’n afname in landboubel­eggings, die uitputting van die land se visvoorraa­d en die toenemende veranderli­kheid in reënval dra alles by tot betekenisv­olle veranderin­ge in die SuidAfrika­anse dieet. Boonop bestee huishoudin­gs met ’n lae inkomste tot twee derdes van hul inkomste aan kos, wat lei tot ’n bevolking wat goedkoper, hoëenergie geriefskos met min voedingswa­arde verkies.

Kos, water en energie is interafhan­klik van mekaar, maar SuidAfrika benader dit as silo’s en daarom slaag die land nie met ’n volhoubare stelsel nie. Die produksie, vervoer, verpakking en opberging van voedsel vereis energie. Terselfder­tyd word die meeste van die land se energie deur steenkoola­angedrewe kragsentra­les opgewek wat weer die waterbronn­e besoedel en inspeel op klimaatsve­randeringe – alles met ’n ongunstige uitwerking op gewasprodu­ksie.

SuidAfrika het ’n tekort aan kos, water en energie en dit kan nie langer as afsonderli­ke hulpbronne gesien word nie. Die enigste lewensvatb­are oplossing is ’n geïntegree­rde benadering.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa