Landbouweekblad

Drinktoer – wie gaan saam?

-

ANNETTE STEYN, die DA se skaduminis­ter vir landbou, bosbou en visserye, is onlangs by ’n kongres beskryf as ’n foksterrië­r wat nie maklik laat los as sy eers vasgebyt het nie. Sy het self gesê sy gee geensins om om soos ’n blaffende hondjie agter die posbode te bly tot sy kry wat sy wil hê nie.

En in dié geval wil sy antwoorde hê oor presies waar voer gelewer is en waar boorgate gesink is as deel van die staat se droogtehul­pprogram. Sy meen geen spoor (of gat) is te vinde van die talle boorgate wat glo geboor is om waternood te verlig nie. Ná byna ’n jaar kry sy steeds nie ’n lys van GPS-koördinate waar boorgate gesink is, wat dit gekos het, wie die tenders gekry het, of hoeveel water gevind is nie.

Sy wil die GPS-koördinate hê, want sy beplan ’n drinktoer (sonder alkohol) om self daardie boorgatwat­er te gaan proe. Manie dink hy moet saamgaan om enige twyfel uit die weg te ruim.

Mike Mlengana, die direkteur-generaal van Landbou, Bosbou en Visserye, sê die departemen­t het sedert 2008 reeds 1 276 boorgate gesink, maar hy kon glo self ook nie ’n duidelike prentjie oor dié boorgate van die provinsial­e departemen­te kry nie.

Steyn sê dit gaan vir baie amptenare net daaroor om te kan sê die begroting is bestee, maar dat hulle daarna glad nie verantwoor­ding kan doen oor hóé dit bestee is nie. Daarom gaan sy nie ophou blaf oor hierdie kwessie nie.

GAAN KYK IN REITZ VIR ’N AGRI-PARK

Van onbehoorli­ke besteding gepraat, vuurvreter Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van die African Farmers’ Associatio­n of South Africa, het die anderdag die miljarde rande wat die Regering aan onuitvoerb­are landboupro­jekte bestee, ook ernstig gekritisee­r. Hy wou onder meer weet wáár die agriparke is waaraan die Regering R2 miljard bestee het.

Hy sê die een agripark wat werk en wat hy aan mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming wil gaan wys, is VKB op Reitz in die Vrystaat. “As jy by die dorp inry, sien jy die vulstasie is VKB, die trekkerhan­delaar is VKB, die supermark is VKB en selfs die restaurant behoort aan VKB. Daar word werk aan ’n honderd mense verskaf.

“Dít is mos ’n agripark as Nwkinti een wil sien wat werk. Hoekom voorbeelde in Indië gaan soek as jy die ideale agripark-voorbeeld in die Vrystaat kan kry?’ vra Aggrey.

Skitterend, Aggrey! Manie stem heelhartig saam met Aggrey wat sê in Reitz is die infrastruk­tuur nie eers deur die staat gebou en toe gekyk hoe dit ekonomies lewensvatb­aar gemaak kon word nie. Daar is steun aan die boere gegee en die infrastruk­tuur het uit hul sukses voortgevlo­ei. Die agriparke lyk op die oog af gedoem tot wit olifante.

KAR VOOR DIE PERDE

Manie was verlede week ’n bietjie krities oor ’n nuwe skepping van die Departemen­t Landbou, maar nou lyk dit of die kritiek heeltemal geregverdi­g was. Iemand begin besef die kar is voor die perde ingespan!

Dit het gegaan oor LEAF Services wat aangestel is om alle plaaslike en ingevoerde grane en oliesade te toets ingevolge wetgewing oor die standaarde

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa