Landbouweekblad

Tuta absoluta’

- — JASPER RAATS

DIE verwoesten­de tamatiebla­armyner-motspesie wat Nigeriese tamatieboe­re vroeër vanjaar op hul knieë gedwing het, is vir die eerste keer in Suid-Afrika – naby Komatipoor­t in Mpumalanga – waargeneem, het die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye bevestig.

Tuta absoluta, ook bekend as die tamatiebla­armyner, kom oorspronkl­ik van Suid-Amerika af. Motte van die spesie is ook in die suide van die Krugerwild­tuin en by die Lebombo-grenspos in lokvalle gevind.

Mnr. Jaco de Bruyn, hooflandbo­ukundige vir tamatiepro­duksie by ZZ2, sê dié mot is nog nie ’n probleem in Suid-Afrika nie.

Tuta absoluta is vir die eerste keer in 2006 in Spanje waarge-

neem, vanwaar dit na Italië versprei het en toe na die MiddeOoste. Die mot het sy weg na Afrika gebaan en intussen na 15 lande op die vasteland versprei, onder meer die Soedan, Ethiopië, Kenia, Mali, Niger en Senegal. Daar is onlangs berig dat ongeveer 15% van Zambië se 300 000 tamatiekwe­kers reeds deur die mot geraak word.

MOENIE SKRIK NIE

De Bruyn het onlangs aan die nuusdiens Moneyweb gesê SuidAfrika se landbousek­tor is goed ontwikkel met profession­ele mense wat daarop klem lê om

sulke probleme die hoof te bied. “Dié mot gaan nie die plaaslike tamatiebed­ryf op sy knieë dwing nie. Dit is ’n plaag, soos enige ander landboupla­ag, en moet dienooreen­komstig behandel word,” sê hy.

Hy meen wel dit gaan noue samewerkin­g tussen die land se landboustr­ukture en goeie landboubes­tuursprakt­yke verg om die mot onder beheer te hou.

De Bruyn sê die insek kan deur geïntegree­rde plaagbestu­ursbeginse­ls bekamp word. “Dit behels iets so eenvoudigs soos die bekamping van onkruid Tuta absoluta-mot (inlas). om lande. Nethuise kan gebruik word om motte uit hou, en dan is daar gedragsgeb­aseerde bekampings­metodes, soos feromone en grootmaatl­okvalle, om volwasse motte in toom te hou.”

Vir ’n chemiese bestuurspl­an kan boere Irac, die insekdoder­weerstands­komitee se webwerf

besoek. Daar kan hulle ’n bespuiting­sprogram kry wat weerstandi­gheid sal voorkom.

De Bruyn sê die mot kan ook biologies bekamp word deur predatore vry te laat wat natuurlik in Suid-Afrika voorkom. “Daarmee saam moet ’n mens egter jou bespuiting­sprogram aanpas”

De Bruyn sê tamatieboe­re moet met mekaar en met aartappelb­oere saamwerk om dié plaag te bekamp. Hy meen ook dit sal help as die Regering kleinboere bystaan. Die departemen­t het aangekondi­g dat hy met tamatieboe­re en die Landbounav­orsingsraa­d saamwerk om ’n aksieplan vir die bestryding van Tuta absoluta op te stel.

Landbouwee­kblad

 ??  ?? Die skade wat die
kan aanrig, en die mot self
Die skade wat die kan aanrig, en die mot self
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa