NUWE WATERWET MOENIE PRODUKSIE VAN KOS SKAAD
DIE veranderinge aan die Waterwet moet “revolusionêre” watertransformasie bring, maar nie ten koste van kosproduserende, kommersiële boere nie.
Dit was die oorwegende denkrigting op ’n vergadering van die Parlement se portefeuljekomitee vir water en sanitasie, waar die impak van wetwysigings rakende oewerregte bespreek is.
Die plan is om die afloopklousule rakende oewerregte heeltemal van die wetgewing te verwyder om die onbedoelde gevolge van die huidige waterbeleid om te keer. Die Regering het met sy grondhervormingsprogram agtergekom dat ’n skuiwergat in die ou wetgewing dit moontlik maak om die grond en die waterregte te skei, wat beteken dat dit apart verhandel kan word.
Mnr. Marius Keet, ’n hoofdirekteur by die Departement van Water en Sanitasie, het gesê die klousule wat in die gewysigde Waterwet van 1998 vervat is, reguleer die bestaande wetlike gebruik van water deur historiese waterverbruikers. Die verwydering van hierdie klousule uit die wetgewing sal die meeste van die probleme oplos wat teëgekom word wanneer water beskikbaar gemaak word aan voorheen benadeeldes.
Hy het uitgewys dat die departement 205 waterlisensies (’n totale volume van 42 miljoen kubieke meter) in die afgelope drie jaar aan voorheen benadeelde individue toegestaan het.
In die 2015’16boekjaar is 12,3 miljoen kubieke meter toegestaan as deel van die herallokeringsproses van water om ras en geslagsongelykhede aan te pak.
TRANSFORMASIE
omdat swart mense in die verlede van albei ontneem is.
“Ons moet nooit om verskoning vra vir transformasie nie. As die wetgewing nie revolusionêre veranderinge insluit nie, moet die komitee toesien dat dit so verander word.”
Mnr. Patrick Maloyi, ANCLP, wat die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye verteenwoordig, het gewaarsku dat daar nie ’n raskaart om die waterkwessie gehang moet word nie. “In SuidAfrika moet almal van ons oor water besorg wees.”
Hy het uitgewys dat die impak van die wet op kommersiële én kleinskaalse boere bepaal moet word sodat voedselsekerheid nie in gedrang gebring word nie. “Sonder kos kan ons nie lewe nie.”
Mnr. Mike Mlengana, direkteurgeneraal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het saamgestem dat die toestaan van waterregte nie oor ras moet gaan nie. “Dis histories waar dat wit, kommersiële boere die meeste waterregte besit. Daar is niks daarmee verkeerd nie, want hulle is die mense wat ons kos lewer.”
Hy het ook benadruk dat hoewel sy departement die ontwikkeling van kleinskaalse boere op die voorgrond wil plaas, dit nie ten koste van die groei van die sektor kan geskied nie. “Die Nasionale Ontwikkelingsplan stel dit duidelik dat ons die sektor voluit moet transformeer, maar nie ten koste van sy groei nie.
“Hierdie groei word deur wit, kommersiële boere aangevuur.”
Die nuwe Waterwet behoort in die derde kwartaal van volgende jaar voor die Parlement te wees. –
‘In Suid-Afrika moet almal van ons oor water besorg wees.’