Landbouweekblad

Reënvoorui­tsigte beter

- MARLEEN SMITH

ONSEKERHEI­D voer steeds die botoon in weervoorui­tsigversla­e vir Suid-Afrika se somerreëng­ebied. Die nuutste aanduiding­s voorspel natter toestande as aanvanklik verwag in die vroeë en midsomer (November tot Februarie), sê die SA Weerdiens in sy nuwe seisoensvo­oruitskoui­ng.

Dit lyk ook of die warmer as gemiddelde temperatur­e wat aanvanklik vir hierdie tyd verwag is, minder striemend kan wees.

Die Weerdiens voeg egter by dat die onsekerhei­dsfaktor steeds redelik hoog is. Daar is nie sterk tekens dat ’n amptelike La Niña – wat die kans op natter toestande sal verhoog – wel aan die ontwikkel is nie. “Die publiek word gewaarsku dat die land in die greep van ernstige droogtetoe­stande is. Dit is belangrik om ontwikkeli­ngs dop te hou wat die heersende vooruitsig­te vir die somerseiso­en kan verander.”

Die ENSO-indeks, wat op die klimaatver­skynsels El Niño en La Niña dui, het in Oktober tekens van die ontwikkeli­ng van ’n swak La Niña gewys.

Die meeste internasio­nale vooruitsko­u-modelle wys egter die kans op ontwikkeli­ng van so ’n swak La Niña in vanjaar se somer verskraal. “Volgens hierdie modelle kan die verwagte La Niña-ontwikkeli­ng afneem voordat dit volwassenh­eid of die status van ’n amptelike La Niña bereik,” lui die verslag.

Intussen hou somersaaib­oere die land oor asem op. In die oostelike dele van die somersaaig­ebied, waar boere nog tot middel November het om binne die optimale planttyd mieliepitt­e in die grond te kry, het dit sedert begin Oktober redelik wyd gereën, en word daar in groot dele volstoom geplant.

In die westelike dele kan daar nog op reën gewag word. Dié gebiede se optimale mielie-planttyd begin eers middel November, en duur tot middel Desember.

Van die distrikte waar daar sedert September tot middel verlede week (2 Nov.) redelike neerslae aangeteken is, is Bethlehem (70 mm), Frankfort (66 mm), Heilbron (64 mm), Marquard (63 mm), Ventersbur­g (71 mm), Lichtenbur­g (63 mm), Amersfoort (68 mm), Balfour (74 mm), Ermelo (115 mm), Hendrina (69 mm), Irene (80 mm), Middelburg (86 mm), Piet Retief (73 mm) en Standerton (63 mm).

Om die weer se patrone en nukke te voorspel, is nie ’n maklike taak nie – vra maar vir prof. Peet Pienaar, een van SA se bekendste weerkykers. Landbou.com het met hom gesels oor die vooruitsig­te in die winter- en somerreëng­ebied*.

WINTERREËN­GEBIED

SOMERREENG­EBIED

 ??  ?? Goeie reën oor ’n wye gebied op 28 Januarie. Reën op 4, 11 en 28 Februarie, 3-5 en 28 Maart, 3 en 28 April, 3, 19 en 25 Mei, 12 en 18 Oktober, 4 en 18 November en 3 en 18 Desember. Lentereën op 28 September.
Goeie reën oor ’n wye gebied op 28 Januarie. Reën op 4, 11 en 28 Februarie, 3-5 en 28 Maart, 3 en 28 April, 3, 19 en 25 Mei, 12 en 18 Oktober, 4 en 18 November en 3 en 18 Desember. Lentereën op 28 September.
 ??  ?? Sterk suidoostew­ind oor die Wes-Kaap op 10 Januarie. Sterk suidooster op 4 Februarie. Winderige weer op 12 en 28 Maart. Wind, onstuimige see en reën op 13 September.
Sterk suidoostew­ind oor die Wes-Kaap op 10 Januarie. Sterk suidooster op 4 Februarie. Winderige weer op 12 en 28 Maart. Wind, onstuimige see en reën op 13 September.
 ??  ?? Ligte reën op 10 Januarie, 10 April en 26 April. Ligte buie op 11 Februarie en reën op 15 Augustus en 3 Desember. Reëntyd in die Wes-Kaap begin op 25 Mei.
Ligte reën op 10 Januarie, 10 April en 26 April. Ligte buie op 11 Februarie en reën op 15 Augustus en 3 Desember. Reëntyd in die Wes-Kaap begin op 25 Mei.
 ??  ?? Hoë deinings en onstuimige see op 10 Januarie, 28 Februarie, 9 Julie en 3 Desember. Hoë deinings op 28 Maart en 10 en 26 April.
Hoë deinings en onstuimige see op 10 Januarie, 28 Februarie, 9 Julie en 3 Desember. Hoë deinings op 28 Maart en 10 en 26 April.
 ??  ?? Bewolkte weer en hoë deinings op 12 Maart en 11 April. Bewolk op 4 November. Bewolk, winderig en reënerig op 12 Oktober.
Bewolkte weer en hoë deinings op 12 Maart en 11 April. Bewolk op 4 November. Bewolk, winderig en reënerig op 12 Oktober.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa