Landbouweekblad

'ZAMBIË HET ALLES’

- – CARIEN KRUGER

boerdery in Suid-Afrika ervaar, is grondhervo­rming, veiligheid­skwessies en gebrekkige regeringst­eun aan boere rakende water en veiligheid.

Daar is natuurlik ook probleme om in die buiteland te boer, soos sekerheid oor grond en water, elektrisit­eit, taal en padinfrast­ruktuur. Die voordele is egter dat ’n mens jou huidige boerdery-ondernemin­g uitbrei deur grond te verkry teen ’n prys wat laer is as in Suid-Afrika, dat jy waterseker­heid kan verkry, en met die hulp van ’n ondernemin­g, soos Agri All Africa, grond in die regte gebied vir die regte gewas kan kry.

INFRASTRUK­TUUR

Mnr. Japhen Mwakalombe, minister van die Zambiese provinsie Lusaka (’n provinsial­e premier), het gesê die land het in 2013 met sy ambisieuse infrastruk­tuurprogra­m Link Zambia 8000 begin.

Dit behels groot verbeterin­gs aan paaie, spoorweë en lughawens, soos die teer van 8 000 km grondpaaie.

“Zambië is vasbeslote om die private sektor van ’n behoor- like en doeltreffe­nde padnetwerk te voorsien. Ons investeer 1,8 miljard Amerikaans­e dollar in infrastruk­tuur-ontwikkeli­ng by lughawens.”

Dit sluit in dat vars produkte van die Kenneth Kaunda-lughawe by Lusaka na Europa uitgevoer moet kan word.

Verskeie spoorwegpr­ojekte om Zambië met sy bure en ander lande te verbind, is aan die gang of haalbaarhe­idstudies daaroor is afgehandel.

“Zambië wil hê julle moet kom en belê,” het Mwakalombe gesê. “Jul geld is veilig. Ons beleidsrig­tings is gerig op ondersteun­ing van die private sektor.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa