Landbouweekblad

SA SE EKONOMIE HET STRAKS GEDRAAI

- LUCILLE BOTHA

DIE ekonomie het “dramaties omgeswaai” en vertoon nou aansienlik beter as in die begin van die jaar. Spoke oor negatiewe groei, stagflasie en selfs vrese vir ’n resessie het vir eers gewyk, sê mnr. Johann Els, senior ekonoom by Old Mutual.

Hy was ’n spreker by die onlangse Agridag op die Hamlet-kuns-en-kultuurfee­s op Prince Alfred Hamlet, naby Ceres.

“Dit lyk of inflasie volgende jaar heelwat kan val en vooruitsig­te vir rentekoers­e begin beter lyk. Die ekonomie groei steeds swak, maar ons gaan nie ’n resessie binne nie.”

Els is ook nie oortuig dat graderings­agentskapp­e Suid-Afrika in Desember gaan afgradeer nie. “Daar is ’n risiko, maar dis nie groot nie, of – soos die Engelse sê– slam dunk nie. Tans is daar kommer dat mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, in hegtenis geneem gaan word, maar ons dink die Tesourie doen die regte dinge om die ekonomie op die regte pad te hou.”

Els het voorspel dat die rand oor die volgende 12 tot 18 maande tot R12,00 teenoor die dollar kan versterk. Dit sal egter nie op lange duur aanhou nie.

“Dis danksy die kombinasie van goeie kommoditei­tspryse, die swak dollar en buitelands­e beleggers wat nog in Suid-Afrika wil belê.” Els sê inflasie kan teen die middel van volgende jaar tot onder 5% daal, wat die Suid-Afrikaanse Reserweban­k sal kans gee om rentekoers­e te verlaag.

“Dis moontlik, selfs al groei die ekonomie net teen 1,3% of 1,5%. Daar was ’n kwaai droogte, maar die voorspelli­ngs dui daarop dat daar reën gaan val in die mieliestre­ke.

“Dit sal produksie aan die landboukan­t omswaai, maar selfs as dit nie reën nie, sal die basiseffek inflasie beïnvloed.”

Die basiseffek verwys na die veranderin­g in die inflasieko­ers op ’n jaargronds­lag. Tydens die hoogtepunt van die droogte het aartappels R100 per sakkie gekos. As dit vir ’n jaar lank so duur bly, is die inflasieko­ers se veranderin­g 0%.

“Daardie prys het egter reeds gedaal, wat beteken die inflasieko­ers kan volgende jaar negatief wees.

“Ek dink egter dit gaan die volgende paar maande eers ’n bietjie opgaan, so 13% tot 14%, maar teen hierdie tyd volgende jaar sal dit 4% tot 5% wees.” Els verwag BO: dat die ekonomie vanjaar teen 0,5% gaan groei.

“Dit lyk of dit volgende jaar selfs ’n bietjie beter kan wees, maar dit sal steeds swak genoeg wees dat die Reserweban­k rentekoers­e volgende jaar sal wil verlaag wanneer inflasie daal.”

Els meen groei in die Chinese ekonomie en planne om dié ekonomie te verdubbel teen 2030 is, saam met die swak dollar, goeie nuus vir kommoditei­tspryse.

“As daar opwaartse druk op kommoditei­tspryse is – al stabilisee­r dit net – is dit goed vir die rand, want Suid-Afrika se uitvoer behoort beter te vaar.”

‘Ons dink die Tesourie doen die regte dinge om die ekonomie op die regte pad te hou.’

 ??  ?? Die KWV se hoofkantoo­r in die Paarl.
Die KWV se hoofkantoo­r in die Paarl.
 ??  ?? Mnr. Johann Els, senior ekonoom by Old Mutual, is optimisite­s oor die ekonomie.
Mnr. Johann Els, senior ekonoom by Old Mutual, is optimisite­s oor die ekonomie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa