Landbouweekblad

Groot name aangestel by KWV ná Vasari-oorname

- LUCILLE BOTHA

MNR. Boyce Lloyd, wat nou betrokke was by die AB Imbev/ SAB Miller-samesmelti­ng, sal van vandeesmaa­nd af die leisels hou as hoof- uitvoerend­e beampte by KWV.

’n Transaksie waartydens Vasari die KWV se bedryfsbat­es vir R1,15 miljard gekoop het, is suksesvol voltooi ná reusesteun uit aandeelhou­ersgeleder­e en met die SA Mededingin­gskommissi­e se goedkeurin­g.

Luidens Vasari se aankondigi­ng is Lloyd ’n senior uitvoerend­e direkteur van SABMiller, met meer as twee dekades se ondervindi­ng in Afrika en Latyns-Amerika. Sy mees onlangse pos was as direkteur van integrasie vir die AB Imbev/SABMiller-samesmelti­ng.

Vasari se mnr. Pedro Lotra sal die KWV se voorsitter­stoel beklee. Mnr. Ken Allan, voorheen van die drankmaats­kappy Diageo, is aangestel as uitvoerend­e hoof vir Suid-Afrikaanse markte.

Vasari het meer as drie dekades se ervaring van handelsmer­k-verbruiker­sgoedere. Die groep is teenwoordi­g in Afrika, Asië en Europa.

Volgens mnr. Vivian Imerman, voorsitter van Vasari, beskou hulle die KWV as ’n strategies­e bate wat groeigelee­nthede in die wyn- en brandewynb­edryf inhou. “Dis ook ’n groot stap vorentoe om ’n handelsmer­khuis Volgens Lotra sal hulle die sterk KWV-handelsmer­ke (wyn en brandewyn) gebruik om verbruiker­s se harte te wen.

“Die groei in verskeie gevorderde markte, soos Europa, het gestagneer, maar in Asiatiese markte geniet die verbruik van veral Suid-Afrikaanse wyn waardering en groei.

“Ons sal voordeel trek uit neigings, soos premium-wynverbrui­k, voortgedry­f deur ’n meer gesofistik­eerde palet en die herlewing van ’n portefeulj­e met gevestigde handelsmer­ke.”

Imerman sê hulle bied nou ’n breër reeks produkte aan klante in nuwe markte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa