Landbouweekblad

DIÉ PAPIERWERK MÓÉT JY DOEN

Geen boerdery wat waterregte ouer as die Nasionale Waterwet gebruik, kan bekostig om die Departemen­t van Water en Sanitasie se proses van verifikasi­e en validasie te ignoreer nie.

- — JEANNE VAN DER MERWE

ALLE boere wie se waterregte ouer is as die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) gaan in die nabye toekoms dié regte moet formalisee­r in oorleg met konsultant­e van die Departemen­t van Water en Sanitasie.

Dit staan bekend as die proses van verifikasi­e en validasie (ondersoek en bevestigin­g). Dit is deel van ’n beweging in die departemen­t om daardie waterregte wat onder die vorige wet gevestig was, te bevestig. Dit raak nie watergebru­ikslisensi­es wat kragtens die huidige wet uitgereik is nie.

Boere is bang dat dié proses misbruik kan word, maar kenners benadruk dit is ’n interaktie­we proses en dat hul regte nie summier opgeskort sal word nie.

Dele van die Vaal- en Oranjerivi­er is al afgehandel, en tenders word gefinalise­er vir die Limpopo-, Vaal- en Oranjerivi­er-waterbestu­urgebied. Verifikasi­eprojekte is tans onderweg vir die Berg-Olifants-, Mzimvubu tot Tsitsikamm­a-, en Olifantsri­vier-waterbestu­ursgebied.

Mnr. Adriaan Groenewald, ’n waterkonsu­ltant en gereelde Landbouwee­kblad-rubriekskr­ywer, beantwoord vrae hieroor.

Wat is die minimum stappe wat boere moet volg? Hou alle stawende dokumentas­ie wat op die betrokke tydperk (1996-1999) betrekking het, byderhand. Dit sluit in permitte, waterhofbe­vele, ou Eskom-rekeninge, lugfoto’s, pompdata en enige ander dokument wat toepaslik is op watergebru­ik. Boere móét aan dié proses deelneem.

Hoeveel speling laat die departemen­t toe tussen geregistre­erde watergebru­ik en die werklike watergebru­ik soos wat met watergebru­ikrekords vasgestel is? ’n Verbruiker se geregistre­erde watergebru­ik kan opwaarts aangepas word. Onthou, die klem lê op daardie water wat wettiglik gedurende die kwalifiser­ende tydperk gebruik is en nie dít wat as sodanig geregistre­er is nie.

Wat gebeur in gevalle waar ’n geregistre­erde watergebru­ik heeltemal foutief is en die lugfoto-rekords bevestig dit? Aanpassing­s sal gemaak word. Die lugfoto’s van die betrokke tydperk dra baie gewig.

Hoe betroubaar is die lugfotorek­ords? Hoewel die satelliet- en lugfoto’s van waarde is om die omvang van die ontwikkeli­ng op die grond aan te dui, is dit nie bepalend vir die volumetrie­se gebruik op die lande nie. Ander faktore, soos besproeiin­gskeduleri­ngsmetodes, tipiese gewasse en die betroubaar­heid van lewering van die bron, moet daarmee saam in ag geneem word.

Foute kan wel voorkom. Dit is van groot belang dat die boer kommunikee­r met die betrokke konsultant en foute uitwys.

Wat van die boer se huidige waterverbr­uik? Dit word nie geverifiee­r nie, maar bloot aangeteken.

Kan boere vervolg word as die proses wys dat hulle destyds meer water gebruik het as wat ingevolge die ou wetgewing aan hulle toegestaan is? Ongemagtig­de watergebru­ik is onwettig en gevolglik strafbaar. Dit is onwaarskyn­lik dat summier tot strafregte­like vervolging oorgegaan sal word, tensy die boer volhard met onwettige gebruik ná die verifikasi­eproses.

Wat gebeur as ’n dispuut tussen die departemen­t en die boer ontstaan? As die boer nie met die departemen­t saamstem nie, kan hy appelleer tot die Watertribu­naal. As sy appèl misluk, kan hy die Hooggeregs­hof nader. Daar is tydsraamwe­rke in die Nasiona- BO: le Waterwet en die gepublisee­rde regulasies waarvan die boer hom deeglik moet vergewis.

Wat gebeur as jy die spertyd nie haal nie? As jy nie binne die spertyd, byvoorbeel­d 30 dae, reageer op die brief wat vereis dat jy aansoek moet doen om verifikasi­e nie, mag jy nie die ongeverifi­eerde waterverbr­uik verder uitoefen nie. Ek meen dat jy dan nog nie jou wettige watergebru­ik verloor nie, maar jy mag dit nie uitoefen nie.

Die wet maak voorsienin­g dat ’n verbruiker kan aansoek doen om ’n laat aansoek oor die hoof te sien. As die departemen­t dit toestaan, gaan die normale verifikasi­eproses voort.

Sodra die verifikasi­e afgehandel en ’n bepaling ingevolge artikel 35 (4) van die wet uitgereik is, mag die boer slegs die hoeveelhei­d water gebruik wat in daardie bepaling vervat word.

Wat gebeur as jou aansoek om oor die hoof gesien te word, misluk? Dan kan die verbruiker sy gebruik verloor totdat die Watertribu­naal of die Hooggeregs­hof in sy guns beslis.

‘Enige ongemagtig­de watergebru­ik is onwettig.’

 ??  ??
 ?? FOTO:THEUNSBOTH­A ?? Mnr. Adriaan Groenewald.
HOOFFOTO: Boerderye met waterregte wat voor 1998 toegestaan is, se toekomstig­e watergebru­ik hang af van die proses van verifikasi­e en validasie wat landwyd beplan word. In party gebiede is dit al afgehandel.
FOTO:THEUNSBOTH­A Mnr. Adriaan Groenewald. HOOFFOTO: Boerderye met waterregte wat voor 1998 toegestaan is, se toekomstig­e watergebru­ik hang af van die proses van verifikasi­e en validasie wat landwyd beplan word. In party gebiede is dit al afgehandel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa