Die Minister van Finansies het ’n redelik gebalanseerde begrotingsraamwerk in baie moeilike toestande gelewer, wat sekerlik in ander hande baie slegter kon gelyk het.
Tydens sy mediumtermynbegroting het mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, weer gewys op al die bekende aspekte wat nodig is om die ekonomie op die regte groeipad te plaas. Die ekonomie moet groei; werk moet geskep word; die staatsbegroting moet beter gebalanseer wees om staatskuld in bedwang te hou; staatsbesteding aan salarisse moet ingeperk word; die private sektor en die staat moet saamwerk om ’n groeiplan te implementeer.
Hy het ook weer verwys na die noodsaaklikheid van die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan.
In die voorstelle wat Gordhan tydens sy rede gemaak het, is weer heelwat beloftes gemaak. Die vraag is: Gaan dié beloftes deurgevoer word in aksieplanne om die gewenste resultate te kry en Suid-Afrika op ’n ekonomiese groeipad te plaas?
Gordhan het in uiters moeilike politieke en ekonomiese toestande ’n goeie balanseertoertjie uitgevoer. Hy kon die begrotingsaanwysers effens gunstiger laat lyk en hy het ekstra geld gekry vir die opvoedingstelsel (en ’n klein bietjie ekstra vir droogtehulp).
Die mediumtermynbegroting het niks van die groot beleidskwessies in die ekonomie (waarna internasionale kredietgraderingsagentskappe gaan kyk) getakel nie.
Daar is niks gesê oor hoe om die staatsondernemings te stabiliseer, hul bestuur en direksies op te knap en te keer dat dit bodemlose putte bly nie. Die strukturele knelpunte in die ekonomie en die stram arbeidswetgewing wat indiensname beperk, is ook nie genoem nie.
Daar is niks gesê oor beleidsaspekte wat belegging sal aanmoedig (en dus ekonomiese groei sal stimuleer) nie. Party sal sê dit is nie die tyd of plek nie, maar die feit is dit word nie gedoen nie. ’n Mens kan net hoop die ekonomie sal in die volgende drie jaar met effense momentum stadig begin groei (en staatsinkomste laat styg via belastings).
Hoe die gestelde doelwitte bereik gaan word, bly riskant. Gordhan belowe hy gaan in die volgende twee jaar R43 miljard KORTOM
■ Mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, het ’n moeilike balanseertoertjie uitgevoer met sy mediumtermynbegroting. ■ Belasting gaan volgende jaar styg om
staatsbesteding te finansier. ■ Verskeie belastingplanne is spesifiek gemik op boerdery-aspekte, soos trusts, en deeglike beplanning is van wesenlike belang om dit te oorleef.
se ekstra belasting uit ons sakke vat om sy doelwitte te probeer haal. Die belastinglas gaan toeneem, maar die staat se dienslewering op nasionale vlak gaan waarskynlik nie verbeter nie.
Die blok aan Suid-Afrika se ekonomiese been is die staat en nie die private sektor nie. Daar is min vertroue en aansporing vir die private sektor om in die staat te belê.
Die deurvoer van die staat se voorgestelde mediumtermyn-begrotingsraamwerk en die aspekte wat die ekonomie sal laat groei, moet geïmplementeer word om van nut te wees. Staatsuitgawes groei steeds meer as die verwagte inflasie oor die volgende drie jaar.
Dit is geld wat onder dwang uit produktiewe mense en besighede se sakke geneem word en dan onproduktief bestee word.
Gordhan beklemtoon dat die lae ekonomiese groeikoers die staatsinkomste benadeel (deurdat minder wins gemaak word en minder belasting betaal word). Natuurlik is dit die private sektor se “skuld” omdat die ekonomie nie groei nie, want die Regering bestee jaarliks meer as R1 000 miljard rand.
VOORUITSIG TOT 2019-’20
Die volgende aspekte het aandag geniet. Ekonomiese groei gaan traag bly. Dus moet die belastinginkomste verhoog word (met ekstra belastings) om vir die groeiende staatsuitgawes te vergoed. GRAFIEK 11 toon die verloop van staatsinkomste (via belastings )en -besteding (die historiese neiging en dan hoe die staatsinkomste van 2016’17 tot 2019-’20 na verwagting sal groei). Staatsinkomste gaan in die volgende drie jaar na raming met 28% groei tot nagenoeg R1,67 000 miljard. Staatsuitgawes gaan met 24% groei in die volgende drie jaar tot bykans R1,8 000 miljard. Die groeikoers van staatsuitgawes is 7,6% per jaar en veel hoër as die verwagte inflasiekoers. Daar is min sprake van die inperking van staatsbesteding en baie kommentators kyk dié werklikheid mis.
Terloops, die begroting vir die landbou en grondhervorming groei met ’n skamele 4,8% per jaar in die volgende drie jaar, wat beteken dit kry min aandag. Gesondheid, opvoeding en maatskaplike dienste (toelaes) groei skerp. So word beplan dat maatskaplike beskerming (welsynsteun en toelaes) met 8,2% per jaar gaan groei vanaf R165 miljard in 2016-’17 tot R209 miljard in 2019-’20.
Die begroting is na my beskeie mening weer eens ’n sterk sosialistiese begroting.
BELASTINGLAS BLY STYG
Kortom, die belastinglas gaan skerp bly styg om die staat se stygende uitgawes te finansier. Boere sal fyn moet kyk na hul belastingbeplanning. Daar is reeds begin om die hele belastingraamwerk ten opsigte van trusts drasties te verander. Baie boere sal na verwagting swaar belas word.
Standaardwaardes van vee kan byvoorbeeld nie meer in boedels gebruik word nie. Vee word ingebring teen markwaarde en dit laat die belastinglas skerp styg. Minder geld bly oor om produktief in die ekonomie aan te wend, want een derde gaan na die staatskas,