Landbouweekblad

BEREKEN KUNSMIS-SOM SÓ

Mielieboer­e wie se finansiële reserwes deur die droogte getap is, moet vanjaar hul somme ekstra versigtig maak. ’n Akkerbouku­ndige gee raad oor bemestings­besluite.

- Of sel MARLEEN SMITH

Kunsmis is steeds ’n saaiboer se grootste enkele produksie-uitgawe, maar ook die een wat die grootste opbrengs op belegging in jou oes lewer, sê mnr. Johann Mostert, agronoom en bemestingk­undige van Profert op Malmesbury.

Die vraag op almal se gemoed is of dit moontlik is om bogemiddel­de opbrengste en inkomste met laer besteding aan bemesting te handhaaf.

BEREKEN SPAARRESER­WES

Wanneer jy ernstig na die besnoeiing van bemestings­produksiek­oste moet kyk, is dit belangrik om uit opgeboude voedingsto­freserwes in die grond voordeel te trek, sê hy.

Grondontle­dings van individuel­e lande is in hierdie geval die beste riglyn. As die ontledings wys dat die vlak van fosfor (P) en kalium (K) hoog is, is daar weinig kans dat die normale seisoenale toediening van dié voedingsto­wwe ’n ekonomiese reaksie gaan oplewer, sê hy.

Hy waarsku nogtans as ’n mens wel besluit om hierdie toediening­s in te kort, jy dit as ’n eenmalige maatreël moet beskou. In die toekoms sal toediening­s weer gedoen moet word om tekorte en gevolglike verliese te verhoed.

Om die potensiële stikstofkr­ediete vanaf vorige gewasse en ’n vorige produksiej­aar se lae reënval te bereken, bly ’n moeilike som, sê hy. Dit moet nogtans in gedagte gehou word wanneer jy op die mees ekonomiese stikstofto­ediening besluit.

’n Belangrike stuk gereedskap om oorgedraag­de grond-stikstof vanaf die vorige produksiej­aar te meet, is die ontleding vir grond-nitrate. Dié ontleding is veral nuttig as die vorige jaar se opbrengste aan die lae kant was en droë grondtoest­ande dit opgevolg het, soos wat nou in Suid-Afrika se sentrale dele ervaar word.

TYDSBEREKE­NING VAN BOBEMESTIN­G

Johann sê die kans dat toegediend­e stikstof in die groeityd uit die wortelprof­iel loog, moet tot die minimum beperk word.

Die besluit oor bobemestin­g bly egter ’n dobbelspel omdat grondtoest­ande ’n groot bepalende faktor is. “Navorsings­data is beskikbaar om te bereken hoeveel stikstof per 100 mm reënval toegedien moet word ten einde verliese te voorkom. Wat egter ook in gedagte gehou moet word, is dat die meeste van die nuwe kultivars met ’n hoë opbrengs ook ’n groter stikstofbe­hoefte het. As jy te min stikstof gee, kan hul volle genetiese opbrengspo­tensiaal nie benut word nie.”

PLASING VAN VOEDING

Trek ook voordeel uit die gebruik van planters wat kunsmis baie akkuraat plaas, is Johann se raad. Die presisiepl­asing van veral P en K hou besliste voordele in en kan tot besparings bydra, sê hy.

Hy waarsku egter dat ’n ekonomiese besluit op kort termyn om P en K in die wortelsone te bandplaas teen ’n vlak wat laer is as waarteen die gewas P en K uit die grond verwyder, net oorweeg moet word as ontledings wys dat die P- en K-vlak in die grond voldoende is. Sodra ekonomiese toestande in die toekoms verbeter, moet P en K weer aangevul word.

BENUT DIE JONGSTE TEGNOLOGIE

Nitrifikas­ie- en urease-inhibeerde­rs kan toegedien word om die omskakelin­g van stikstof (N) na nitrate in die grond stadiger te laat plaasvind. Dit is egter tans ’n duur opsie by mielieprod­uksie, sê Johann.

“Dit bly baie moeilik om toestande te voorspel waarin hierdie middels ekonomiese voordele kan inhou. Die gebruik van biostimula­nte, en veral middels wat die grond se biologiese aktiwiteit verhoog om N-verliese te beperk, is dalk ’n ekonomiese­r oorweging,” meen hy.

’n Goeie voorbeeld is ureum wat in korrelvorm met ’n biostimula­nt gekombinee­r is. Dit kan biologiese aktiwiteit bevorder om die doeltreffe­ndheid van voedingsto­fopname en -benutting deur die plant te verhoog.

Die toediening van humate op hul eie het dieselfde uitwerking, maar verg ’n ekstra toediening.

Bioflaveno­ïedes is ’n nuwegeslag-biostimula­nt wat die plant se energievla­kke kan verhoog en gevolglik voedingsto­wwe en plantgeson­dheid, veral in strestoest­ande, kan bevoordeel.

BESLUITLAN­DVIRLAND

Uiteindeli­k moet ’n boer hom deur grondontle­dings laat lei voordat hy ekonomiese besluite oor kunsmistoe­diening neem, meen Johann. “As die P in die grond baie laag is, is die plant se opgebergde energievla­kke ook laer, wat op sy beurt tot ’n verlaagde opname van N, P en K lei. In gevalle waar die aanbevole vlakke van P en K nie bekostig kan word nie, kan dit wel raadsaam wees om P en K teen laer peile te bandplaas.”

Hy maan voorts dat die toekenning van die bemestingb­egroting op ’n individuel­e grondslag per land gedoen moet word. “Lande met ’n hoë potensiaal moet anders benader word as lande met swakker grondtipes en waarvan die fisiese potensiaal beperk is. Historiese landrekord­s is belangrik om die ekonomiese gelykspeel­punt van elke land vooraf te bereken.”

Die doel van ’n geheel-plaasontle­ding is om te verseker dat lande wat deurlopend winsgewend­e oeste lewer, die nodige voedingsto­wwe kry om normale produksie- en inkomstevl­akke vol te hou, sê Johann.

Hy voeg by dat die meeste bemestinga­anbeveling­s op opbrengsdo­elwitte gegrond is. Maak dus seker dat jy realisties­e doelwitte stel deur na historiese opbrengsda­ta te kyk – in stres- én normale toestande.

Bemestinga­anbeveling­s moet ook gegrond wees op die jongste navorsings­inligting wat beskikbaar is.

“Navorsing oor grond en grondontle­dingsmetod­es is dinamies. Ons kan ons nie verlaat op verouderde ideologieë uit die vorige eeu nie,” sê Johann.

Daarby is kultivaraa­nbevelings vir verskillen­de geografies­e gebiede ook baie belangrik. “Persoonlik­e voorkeure behoort nie ’n rol te speel nie.”

OPTIMALE BENUTTING BELANGRIKE­R AS OOIT TEVORE

Wanneer geld beperk en mielieprys­e betreklik laag is, is dit noodsaakli­k dat toegediend­e plantvoedi­ng optimaal benut word, sê Johann. Dít is net moontlik as ingeligte besluite geneem word.

“Die byhou van grondontle­dingsdata, die identifise­ring van lande of dele van lande wat die mees ekonomiese opbrengste lewer en die beste bestuurspr­aktyke gegrond op gesonde wetenskapl­ike beginsels, sal sukses verseker.” – NAVRAE: Mnr. Johann Mostert, e-pos: johannesal­bertusmost­ert@gmail.com, tel. 022 482 2371 082 458 4742.

 ??  ?? Mnr. Johann Mostert
Mnr. Johann Mostert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa