Landbouweekblad

‘VERMINDER BEWERKING NÓÚ’

-

Selfs met normale reënval gaan Suid-Afrika se besproeiin­gboere en ander waterverbr­uikers in die volgende paar jaar aan waterskaar­ste uitgelewer wees.

Me. Felicity Michell, adjunkbest­uurder van die Kwazulu-Natalse departemen­t van landbou en landelike ontwikkeli­ng se afdeling vir hulpbronbe­stuur, sê die droogte is nog nie verby nie en waterbeper­kings gaan nog lank geld. Uit party damme word geen onttrekkin­g vir besproeiin­g meer toegelaat nie en uit ander is die besproeiin­gbeperking 50%.

“Ons watervoorr­aad is op ’n kritieke vlak. Daar is boonop gewoonlik ’n tydsverloo­p vanaf betekenisv­olle neerslae, wat genoeg is vir afloopwate­r, tot wanneer grondwater en waterdraer­s uiteindeli­k aangevul word. Dit gaan ook met ’n hoë erosierisi­ko gepaard,” het Felicity op die jaarlikse bewaringsl­andboukonf­erensie van KwaZulu-Natal se geenbewerk­ingsklub op Bergville gesê.

Sy het ’n beroep op besproeiin­gsboere gedoen om in die tye van waterskaar­ste bewerking te verminder en na geenbewerk­ing oor te skakel. “In Suid-Afrika is droë jare algemener as nat jare. Beplan altyd vir die ergste. Geenbewerk­ing is internasio­naal op die voorpunt in die stryd om grondwater doeltreffe­nder te benut,” het sy gesê.

Sy het ook daarop gewys dat verbeterde voedingsta­tus ’n plant se watergebru­iksdoeltre­ffendheid verbeter sodat meer droëmateri­aal met minder water gekweek word.

Sy het ook verwys na navorsings­resultate wat toon dat suurder grond in gebiede met ’n hoër humiditeit gepaardgaa­n met ’n hoër transpiras­ietempo by plante. Plante in dié gebiede is dus meer aan droogteska­de uitgelewer. Kalktoedie­ning kan die probleem verlig en terselfder­tyd die pH verhoog om te verseker dat meer plantvoedi­ngstowwe vir opname beskikbaar is. – MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die nasionale Brahmankud­des van Suid-Afrika én Namibië vorm deel van die 15 rasse wat aan die Suider-Afrikaanse vleisbees-genomikapr­ojek deelneem. Hier is koeie uit die kudde van mnr. Cobus van der Merwe van Gobabis, Namibië.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die nasionale Brahmankud­des van Suid-Afrika én Namibië vorm deel van die 15 rasse wat aan die Suider-Afrikaanse vleisbees-genomikapr­ojek deelneem. Hier is koeie uit die kudde van mnr. Cobus van der Merwe van Gobabis, Namibië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa