Landbouweekblad

Tegnologie stu vierde industriël­e revolusie

Sonkragboe­rderye, selfrytrek­kers, ’n hommeltuig wat die meeste van die dinkwerk vir jou doen . . . Tegnologie versnel ál vinniger. Die werklikhei­d soos ons dit ken, word daagliks omvergewer­p.

-

KORTOM

■ Vier tegnologie­golwe vervorm die wêreld waaraan ons gewoond is. Die landbou is een van die bedrywe wat ontwrig gaan word, maar ten spyte van die probleme, gaan daar geleenthed­e geskep word. Baie geleenthed­e, soos sonkragboe­rdery en binnenshui­se LED-boerderye, gaan ontsluit word.

Ons leef in ’n opwindende tyd waar tegnologie teen ’n toenemende pas ontwikkel. Die wêreld het in die afgelope 20 jaar meer verander as in die vorige 200 jaar, en die pas neem steeds toe. Die goeie nuus is dat ons op die rand van ’n opwindende nuwe era is. Ons sal meer veranderin­g in die volgende twee dekades sien as wat ons die afgelope 250 jaar beleef het. Ons staar eksponensi­ële veranderin­g in die gesig, wat uiters ontwrigten­d is.

LINEÊR VS. EKSPONENSI­EEL

Almal ken liniêre groei. As mense is ons geprogramm­eer om linieêr te dink. As ek 30 liniêre treë gee, beweeg ek 30 m vorentoe – iets wat ek maklik kan verstaan.

Die natuur werk egter eksponensi­eel. Op molekulêre vlak verdeel ’n sel of mikrobe in twee, dan verdeel elkeen weer in twee, en so gaan dit voort. Eksponensi­ële vooruitgan­g is aanvanklik stadig, maar ontplof wanneer ’n buigpunt bereik word. As elke eksponensi­ële tree dubbel die vorige een is, en ek gee 30 eksponensi­ële treë (2, 4, 8, 16, 32 . . .), het ek ná 30 treë meer as ’n miljard meter beweeg!

Digitale tegnologie gaan eksponensi­eel vooruit. Moore se wet sê elke nuwe geslag mikroskyfi­es is dubbel so kragtig as die vorige een, gebruik minder energie en is gewoonlik goedkoper om te produseer.

Ons loop met superreken­aars in ons sak rond wat aan die globale brein verbind is – maar noem dit steeds ’n foon.

ONTWRIGTEN­DE TEGNOLOGIE­Ë

Wat is hierdie ontwrigten­de tegnologie­ë wat die vierde industriël­e revolusie aanvuur? Daar is vier golwe van tegnologie wat die status quo ontwrig. Die hele wêreld is immers besig om met slimtoeste­lle verbind te raak . . .

GOLF 1 Die slimfoonre­volusie het reeds die wêreld

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa