Landbouweekblad

Dié tegnologie ideaal vir SA

Rare Plastics is dalk net twee jaar oud, maar is reeds ’n puik mededinger in die HDPE-pypbedryf.

-

Die Rare Groep van maatskappy­e is al sedert 1975 sinoniem met die verskaffin­g van pype en verwante produkte aan die watermark in Suider-Afrika. Gedurende 2013 het die Rare Groep die geleenthei­d gekry om ook tot die plastiekpy­pmark toe te tree met die aankoop van die Rare Plastics-vervaardig­ingsaanleg in Meyerton. Die aanleg vervaardig pype van tot 1 000 mm in diameter in ooreenstem­ming met die SANS ISO 4427-standaard.

Rare Plastics is die enigste vervaardig­er in Suider-Afrika wat 180 mm HDPE- (hoëdigthei­dpoliëtile­en) pyp in rolle van tot 75 m kan vervaardig. Die langer rolle verseker vinniger installasi­es en minder koppelstuk­ke, wat die moontlikhe­id van lekkasies verminder. Pype van 110 mm kan in rolle van 150 m vervaardig word. Kleiner groottes word in rolle van 100 m of 50 m verkoop, terwyl alle pype in standaardl­engtes van 12 m of 6 m lengtes beskikbaar is.

Daar is ’n verskeiden­heid eenvoudige metodes om pype aan mekaar te koppel. Dit tesame met die lae gewig van plastiekpy­pe maak dat pype vinnig sonder swaar toerusting of opleiding geïnstalle­er kan word.

HDPE-pype se gebruiksdu­ur is 50 jaar en met die nuwe ontwikkeli­ngs in HDPE-grondstoww­e glo baie van die kenners dat dit gemaklik self so lank as 100 jaar kan wees.

Renier Viljoen, besturende direkteur van LINKS: Rare Plastics, sê: “Die hoeveelhei­d water wat as gevolg van lekkasies in swak en verouderde pypleiding­s in die land verlore gaan, is skrikwekke­nd. Ons as vervaardig­ers in die pypbedryf het ’n groot verantwoor­delikheid om te verseker dat ons kliënte pype van topgehalte kry om water- en sodoende voedselsek­erheid in die land te verseker.”

Rare lewer landwyd af en sy verkoopspe­rsoneel staan gereed om die boeregemee­nskap van diens te wees. info@rare.co.za; 0163622868.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? HEEL LINKS: ’n Pyp met ’n buitediame­ter van 1 000 mm.
Rare Plastics is al vervaardig­er in Suider-Afrika wat 180 mm HDPE(hoëdigthei­dpoliëtile­en) pyp in rolle van 75 m kan vervaardig.
FOTO’S: VERSKAF HEEL LINKS: ’n Pyp met ’n buitediame­ter van 1 000 mm. Rare Plastics is al vervaardig­er in Suider-Afrika wat 180 mm HDPE(hoëdigthei­dpoliëtile­en) pyp in rolle van 75 m kan vervaardig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa