Landbouweekblad

Lebkuchen

-

Die Duitse Kersfeesko­ekie kry sy lekker taai tekstuur en besonderse smaak van die heuning in die deeg. Soos die koekies bak, karamellis­eer die heuning terwyl die speserye in die deeg rooster en jou hele kombuis met ’n hemelse aroma vul. Verhit die heuning en botter oor lae hitte tot net gesmelt en laat effens afkoel. Klits die eiers goed saam en voeg die heuningmen­gsel in ’n dun straaltjie daarby, terwyl jy aanhoudend klits. Voeg die eiermengse­l by die droë bestanddel­e en meng baie goed, totdat ’n deeg vorm. Druk die deeg plat en draai in kleefplast­iek toe. Verkoel vir minstens ’n uur.

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg tussen twee velle bakpapier uit en druk koekies uit. Pak die koekies op bakplate. Sny elke kersie middeldeur en versier elke koekie met ’n halwe kersie en ’n paar amandels, soos op die foto. Bak vir ongeveer 15-20 minute. Laat die koekies vir ’n minuut of twee op die bakplate afkoel en sit dit dan versigtig met ’n eierspaan op ’n draadrak om verder af te koel, tot kamertempe­ratuur. Lewer 6 dosyn koekies. geen suiker nie – die versiersui­ker wat bo-oor gesif word, verleen die soetigheid.

560 ml koekmeel 2 ml sout 250 ml room 30 ml suurlemoen­sap 5 ml vanieljege­ursel 3 eiergele Olie, vir braai Versiersui­ker, om oor te sif

Meng die meel en sout in ’n bak. In ’n ander bak, klits die room, suurlemoen­sap, vanieljege­ursel en eiergele saam. Voeg by die droë bestanddel­e en meng totdat ’n sagte deeg vorm. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en sny in repies. Sny elke repie op ’n paar plekke deur om ’n paar reghoekige stukkies deeg te vorm. Draai die stukkies deeg in die middel om soos strikdasse te lyk. Hou eenkant.

Verhit genoeg olie in ’n diep pan en braai die deegstrikd­asse in lotte in die olie tot goudbruin. Skep uit met ’n gaatjiesle­pel en dreineer op kombuispap­ier. Bestuif mildelik met versiersui­ker en sit dadelik voor. Lewer

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa