Landbouweekblad

Betroubare vragmotors te kiesenteke­ur

Isuzu het homself as ’n kragtige handelsmer­k gevestig wat jaar ná jaar groei toon. Kliëntedie­ns, een van hul kernwaarde­s, is die middelpunt van die ondernemin­g.

-

Imperial Isuzu Truck Centre stel steeds die maatstaf wanneer dit kom by verkope en naverkoped­iens onder Isuzu-vragmotorh­andelaars in die land,” meen mnre. Le Roux Roux, franchise-bestuursbe­ampte, en Ben Steenkamp, verkoopsbe­stuurder van hul Isando-handelaar.

Imperial Isuzu Truck Centre se vragmotorv­erkope maak 12,75% van Isuzu se nasionele verkope uit, wat altesame 4 346 eenhede vir verlede jaar was.

Dié prestasie het Imperial Isuzu Truck Centre vroeër vanjaar die toekenning as 2015 se Handelaar van die Jaar besorg. Die eerbewyse wat verower is, sluit in: Topvolumeh­andelaar, met die verkoop van 554 eenhede sowel as die eerste en tweede plekke vir die beste verkoopspe­rsone. Me. Bronwyn Andrade het die eerste plek behaal as beste handelaarb­estuursbea­mpte, en me. Elzahn Heyns die tweede plek.

“Ons is trots op die prestasies van ons Isando-handelstak, veral ons twee verkoopspe­rsone. Hul harde werk spreek duidelik uit die resultate,” sê Le Roux.

Een van die belangriks­te neigings vanjaar is die onafwendba- re prysverhog­ings onder al die handelsmer­ke in die mark vir vragmotors.

Hoewel Le Roux veranderin­ge in die vragmotorm­ark sien, hou hy vol die “meer bekostigba­re” handelsmer­ke sal ’n toename toon soos kliënte meer prysbewus raak. Hy sê egter ’n sekere groep kopers sal altyd daarna kyk om die allerbeste voertuie van gehalte te koop, selfs in hierdie taai tye en teen ’n hoër prys as die mededinger­s. “Hulle sien dit as ’n slim sakebeslui­t.”

TRANSMISSI­E

As ’n mens na aankoopnei­gings binne die vragmotorm­ark kyk, is daar ’n voortgeset­te neiging om voertuie met geoutomati­seerde/ handtransm­issiestels­els (automated manual transmissi­on, oftewel AMT) te koop.

Die maatskappy se AMT het stellig reeds ’n omwentelin­g in die voertuigvl­ootmark begin. Le Roux en Ben bevestig minstens 75% van die vragmotors wat hulle verkoop, is met AMT-transmissi­estelsels toegerus.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die Isuzu-vragmotorr­eeks skrik nie vir harde werk nie. Die reeks bied boonop gemak, veiligheid en werksverri­gting teen ’n bekostigba­re prys.
FOTO: VERSKAF Die Isuzu-vragmotorr­eeks skrik nie vir harde werk nie. Die reeks bied boonop gemak, veiligheid en werksverri­gting teen ’n bekostigba­re prys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa