Landbouweekblad

SDLG-padskraper is ’n taai kalant

Babcock is een van die mees ervare en gevestigde verskaffer­s van grondversk­uiwingstoe­rusting in Afrika.

-

Toerusting uit die SDLG-stal word oor die wêreld heen as bekostigba­ar en betroubaar beskou. Dit is ontwerp om kostedoelt­reffend en stewig te wees, maar ook maklik om te gebruik en te onderhou.

Die SDLG G9190-padskraper van 16 ton is ’n veelsydige masjien bekend om sy gevorderde bestuur- en gebruikspr­estasie en betroubaar­heid. Dié padskraper kan in verskeie situasies gebruik word, byvoorbeel­d: Die gelykmaak en uitgrawe van grond- en gruispaaie. Die losmaak en verskuiwin­g van grond. Die verbeterin­g van landbougro­nd. Die G9190 het ’n basiswerkg­ewig van sowat 17 602 kg, met ’n netto vliegwielu­itset (SAE J1349) van 146 kW. Hierdie model is toegerus met ’n lem van 4 meter en het ’n robuuste rysterbord­ontwerp.

Dit bied ’n kombinasie van ’n driekragkr­omme-enjin en elektrohid­rouliese kragratver­skuiwingst­ransmissie, met ’n keuse van krag na gelang van die lading, wat beteken dit is uiters energiedoe­ltreffend. Die padskraper voldoen aan Suid-Afrikaanse munisipale ingenieurs­pesifikasi­es soos ’n dubbele sitplek, wat ’n standaardk­enmerk van die G9190 is.

Die G9190 is ’n goed gebalansee­rde padskraper met goeie traksie, uitstekend­e afwaartse druk op die lem en ’n kombinasie van enjin- en kragversku­iwingstran­smissie, wat maklike en betroubare gebruik meebring.

Babcock verseker dat hierdie werktuie goed ondersteun word deur ’n wydverspre­ide infrastruk­tuur van takke, handelaars en dienspunte. Verkope en die naverkoped­iens van Babcock se Afrika-netwerk, van Kaapstad tot in Zambië, sluit voldoende onderdele in om nuwe en bestaande SDLG-produkte te onderhou.

011 397 1371, sheppard@babcock.co.za, www.babcock.co.za. grant.

 ??  ??
 ??  ?? Die SDLG G9190 (146 kW) het ’n stewige ontwerp en is toegerus met ’n lem van 4 meter.
Die SDLG G9190 (146 kW) het ’n stewige ontwerp en is toegerus met ’n lem van 4 meter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa