Landbouweekblad

Local is lekker met nuwe Bell L-reeks

Die Bell L-reeks bied die vernuwing en kenmerke wat ’n mens by groter en meer gesofistik­eerde toerusting sou verwag.

- E-pos:

Bell se L-reeks veeldoelig­e laaigrawe (TLB’s) word aangedryf deur die bewese, betroubare John Deere PowerTech™-enjin. Met die vyfgang outomaties­e ratkas vir gladde ratwisseli­ng kan die 315SL ’n topsnelhei­d van 40 km/h haal. Belangrike kenmerke sluit in: Beperktegl­y-ewenaar op die vooras en volsluiten­de ewenaar op die agteras vir die beste trekkrag en vierwielaa­ndrywingsv­errigting in sy klas. Standaard-asverkoeli­ng. Standaard- sleutellos­e aanskakeli­ng en ’n masjiensek­uriteitste­lsel. ’n Verbeterde laaigraaf-beheerhand­vatsel met ’n ergonomies­e ontwerp wat vingerpunt­beheer in die handvatsel inwerk. ’n Veelfunksi­e-hefboom op die stuurkolom om ligte, ruitveërs en flikkerlig­te te beheer, sodat die bestuurder op sy omgewing kan konsentree­r terwyl hy in die laaigraafp­osisie werk. ’n Eksklusiew­e digitale monitor bied die beste aanboorddi­agnostika, -kalibrerin­g en -masjieninl­igting in sy klas vir maklike instandhou­ding en om die opstelling van gebruikers­vriendelik­e masjienken­merke moontlik te maak om produktiwi­teit te bevorder. Daaglikse grondvlakd­ienste aan dieselfde kant vir maklike instandhou­ding. Rybeheer word as opsionele kenmerk in die L-reeks gebied. Dit kan outomaties aanskakel wanneer die grondsnelh­eid die snelheidst­elling van die monitor oorskry.

Met Rybeheer dien die voorlaaigr­aaf se hidroulies­e silinders as skokabsorb­eerders om rygemak te verbeter en bestuurder­svermoeien­is te verminder. Dit help ook om vol vragte te lewer vir beter produktiwi­teit.

Mnr. Dale Oldridge, produkbest­uurder by Bell, sê sedert Bell in 2005 die enigste plaaslik vervaardig­de TLB begin vervaardig het, het die maatskappy ’n lojale en groeiende kliëntebas­is opgebou.

“Die Bell 315SL is hoofsaakli­k dieselfde bewese en beproefde werkesel as die K-reeks TLB’s, met ’n paar verbeterin­gs.

“Ons is oortuig dit sal meer waarde toevoeg vir TLB-eienaars ten opsigte van produktiwi­teit, beskikbaar­heid en daaglikse bedryfkost­e.” www. bellequipm­ent.com 011 928 9700; bellparts@bell.co.za

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Bell Equipment se nuwe L-reeks is plaaslik vervaardig.
FOTO: VERSKAF Bell Equipment se nuwe L-reeks is plaaslik vervaardig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa