Landbouweekblad

Pluk die vrugte van FarmTrack

Tyd is geld. Daarom is dit tot ’n boer se voordeel as hy deurentyd kan sien wanneer, waar en hoe vinnig sy werktuie beweeg.

-

Met FarmTrack kan ’n boer enige tyd sien wanneer die trekkers beweeg, teen watter spoed en dit dan met die kalibrerin­gspoed vergelyk, sê Johan Pienaar, produksieb­estuurder van ’n sharonvrug­plaas buite Swellendam in die Wes-Kaap.

“Jy kan ook sien hoe lank die bestuurder stilhou en hoe lank dit duur om brandstof in te neem. As ’n plaasbestu­urshulpmid­del is dié toestel van onskatbare waarde.”

Johan gebruik al die afgelope vyf jaar FarmTrack. Dit is ’n eenvoudige, dog doeltreffe­nde GPS-monitering­stelsel op sy plaasvoert­uie.

Hy is veral tevrede met FarmTrack se tegnologie­se vordering – veral omdat Suid-Afrika die enigste land in die Suidelike Halfrond is waar sharonvrug­te verbou word. Pienaar gebruik FarmTrack op vier sharonvrug­persele – twee by die Buffeljags­rivier en twee by Bonnievale.

Een van die grootste voordele van die gebruik van hierdie soort toestel lê in die breë oorsigvers­laglewerin­gsmetode wat uit die FarmTrack-tegnologie verkry word. Die kartering van die voertuig se bewegings beteken die risiko om nie ’n ry te bespuit nie, word grootliks uitgeskake­l.

Met FarmTrack kan bestuur hul personeel aanspreekl­ik hou volgens meetbare standaarde.

“Ons kan hul spoed monitor deur die maksimum spoed in die eenheid te programmee­r. Ons ontvang ’n waarskuwin­g as daardie spoed oorskry word. Omdat die eenheid op die trekkers bly, kan ons sien wanneer slak-aas toegedien of geploeg is.”

Aantekenin­g word ook gehou van die ure wat trekkers werk, wat weer help met diensrekor­ds.

Al hoe meer Suid-Afrikaanse boere gebruik tegnologie om hul plaas se produksiep­roses en algemene bestuur te verbeter. FarmTrack is ’n kostedoelt­reffende hulpmiddel waarmee boere nie net hul voertuigdo­eltreffend­heid kan monitor nie, maar ook brandstofb­esparing, gewasbeske­rming en optimale gewasuitse­t.

“InteliGro, die verspreidi­ngsmaatska­ppy, bied puik diens. Ons is dankbaar dat Oostewald Eksteen ons deur die groeipyne met die gebruik van dié produk gehelp het. Ek beveel FarmTrack aan; dit is werklik doeltreffe­nd,” sê Johan.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO: NEVILLE LOCKHART ?? Vars sharonvrug­te van die WesKaap.
FOTO: NEVILLE LOCKHART Vars sharonvrug­te van die WesKaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa