Landbouweekblad

Met die bou van die nuwe Toyota Fortuner is geen koste ontsien om dié voertuig veilig, ekonomies en indrukwekk­end te maak nie.

-

Die nuwe Toyota Fortuner verpersoon­lik die ware weelde van vryheid. Die Fortuner se treffende en kragtige ontwerp staan in ’n stedelike omgewing uit én dit is opgewasse vir buitelugto­estande.

Die nuwe Toyota Fortuner is ontwerp met ’n elegante binneruim met vloeiende vorms wat gerief beklemtoon. Goeie materiale met ’n sagte gevoel word in kern-kontakoppe­rvlakke naby die voorpaneel, windskermp­ilare en deurbeslag ingespan.

Die middelkons­ole is afgerond deur vertikale pilare in sagte materiaal. Dit bied bykomende beensteun aan die bestuurder en voorste passasier. Daar is sitplek vir sewe mense in drie rye.

ALLE GERIEF

Al die Fortuner-modelle het klankstels­els met vier of ses luidspreke­rs, ’n hulpsok/USB-poort, AM/FM-radio en ’n CD-speler. Die klankstels­els van die 2.8GDen 4.0-V6-modelle pronk met DAB+ digitale radio en ’n 7”-skerm met DVD-versoenbaa­r- heid en trurat-kamerabeel­d.

Ander standaard-kenmerke sluit in ’n Bluetooth-verbinding, lugversorg­ing, stuurgemon­teerde kontroles vir klankstels­el- en telefoonbe­heer, sowel as elektriese beheer vir die deurslotte, deurspieël­s en vensters.

VELD EN BESKAWING

Die nuwe Fortuner het ’n hoësterkte-raam, stewige romp, kronkelvee­r-vering en onderstelk­alibrering. Die gevolg is duursaamhe­id, hantering wat vertroue bied, en goeie ritgemak met min oordrag van padgeraas, enjinvibra­sies en grofheid (NVH).

Die Fortuner se veringhard­eware behels versterkte veringtori­ngs en dikker skokbreker­s vir duursaamhe­id, stabilitei­t en die uitskakeli­ng van klein vibrasies. Die dik skokbreker-silinders stel die dempers in staat om hoë dempkrag in ’n kort beweging te bewerkstel­lig om die kleinste impak op grofheid te maak.

Die demper-kurwe is gekalibree­r om ’n gelyke rit teen lae dempersnel­hede te bied. Die Fortuner het ’n spoedsensi­tiewe, hidroulies­e kragstuur.

Die stuur-kalibrerin­g is ontwikkel om by uiterste toestande, verskillen­de smake en uiteenlope­nde bestuurder­svereistes te pas met die minste stuurmoeit­e.

’n Spesiale skermpakke­t wat die voertuig se onderkant help beskerm, is ontwikkel om uiterste gebruik te weerstaan. Dit sluit ’n skermplaat onder die enjin vir bykomende beskerming in.

KRAGTOENAM­E

Die Fortuner word aangedryf deur ’n reeks nuut ontwikkeld­e enjins, waaronder die 2.4- en 2.8-GD-enjinreeks, die 2.7-VVT-i en vierliter-V6-kragbronne.

Die hoëverrigt­ingsweerga­we van die 2.4-GD bied puik brandstofd­oeltreffen­dheid van 7 liter/100 km vir die handrat en 7,9 liter/100 km vir die outomaties­e weergawe. Die 2.8-GD bied ’n gedugte balans tussen krag en besparing. Die verbruiksy­fer wissel van 7,5 liter/100 km tot 8,5 liter/100 km na gelang van die model.

TRANSMISSI­E

Die Fortuner gebruik die jongste Toyota-sesgang-transmissi­etegnologi­e vir groter gerief.

Die handrat- en outomaties­e transmissi­e dek verskeie ratverhoud­ings om versnellin­gsverrigti­ng en brandstofe­konomie teen snelwegsne­lhede te vervolmaak. Toyota het die nuwe geslag transmissi­estelsels ontwikkel om brandstofb­esparing BO EN LINKS: en wisselgevo­el te verbeter, wat ook betroubaar­heid en duursaamhe­id verseker. Brandstofv­erbruik is aan die hand van beperkte wringverli­ese verbeter deur die beste moontlike plasing van die olieskeier en beter materiale vir die bewegende dele te gebruik.

GEMOEDSRUS

Die Fortuner bied die beste veiligheid­standaard. Standaarde­lektronies­e veiligheid­smaatreëls sluit in voertuigst­abiliteits­beheer (VSC), aktiewe kloubeheer (ATC), sleepwaswa­aibeheer (TSC), heuwelwegt­rekhulp (HAC) en rymodus (Drive Mode Select). Afdraandeb­eheer (DAC) is vir die 4x4-modelle beskikbaar.

Die sleepwa-swaaibehee­r gebruik rembeheer en enjinverri­gtingbehee­r om sydelingse sleepwa-beweging te beperk. Aktiewe kloubeheer is ontwerp om te keer dat die wiele op oppervlakk­e met min klouvermoë tol, soos in modder en sneeu.

Heuwelwegt­rekhulp verhinder dat die voertuig agteruit beweeg wanneer die bestuurder teen ’n opdraande wegtrek. Afdraandeb­eheer rem ’n 4x4-voertuig in hoë- of laestrek om ’n bestendige snelheid teen ’n steil afdraande te behou.

Die remstelsel behels lugverkoel­de remskywe regdeur: 338 mm aan die voorkant en 312 mm agter. Wanneer die voertuig skielik hard rem, sal die noodflikke­rligte aanskakel om ’n noodsein aan ander bestuurder­s te stuur.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die nuwe Toyota Fortuner is gebou om te hou in die natuur, maar dié voertuig staan ook sy man in die stad.
FOTO: VERSKAF Die nuwe Toyota Fortuner is gebou om te hou in die natuur, maar dié voertuig staan ook sy man in die stad.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa