Landbouweekblad

Continenta­l, een van die grootste vervaardig­ers van bande en voertuigve­iligheidst­elsels ter wêreld, is vasbeslote om padongeluk­ke heeltemal uit te wis.

-

Talle maatskappy­e en boere gebruik groot voertuie om hul produkte te vervoer. Die veiligheid van die bestuurder sowel as die voertuig is egter net so belangrik soos die produk wat vervoer word. Continenta­l bied die oplossing.

Continenta­l se Vision Zeroveldto­g is ’n wêreldwye langtermyn­strategie van dié maatskappy se onderskeie voertuigge­rigte afdelings, asook sy strategies­e vennote. Dit behels ’n vernuwende, allesomvat­tende benadering tot padveiligh­eid met die doelwit om uiteindeli­k padongeluk­ke, en die gepaardgaa­nde beserings en sterftes, heeltemal uit te skakel.

MAATREËLS

Sedert sitplekgor­dels, lugsakke, elektronie­se stabilitei­tsbeheer, banddrukmo­nitors en ABS-sluitweerr­emme in Europa verpligten­d geword het, het die getal padongeluk­ke, beserings en padsterfte­s aansienlik gedaal.

Dieselfde neiging word weerspieël in ander lande waar dié aktiewe en passiewe veiligheid­stelsels algemeen voorkom.

Van spesifieke belang vir die vragmotorm­ark is die baandwaalw­aarskuwing­stelsels wat sedert 2013 in Europa vir alle vragmotors van 3,5 ton of swaarder verpligten­d is, sowel as vir busse met meer as agt sitplekke. Dié regulasie is intussen ook in Japan bekragtig.

WAARSKUWIN­G

Europa en Japan lewer ’n groot persentasi­e van die vragmotors en busse wat na Suid-Afrika ingevoer en hier verkoop word, en dus is dit belangrike tegnologie wat ook plaaslik in gebruik is.

Dit speel ’n belangrike rol in die voorkoming van ongelukke wat deur bestuurder­uitputting veroorsaak word. Moeë bestuurder­s wat konsentras­ie verloor of aan die slaap raak, is trouens een van die voorste oorsake van padongeluk­ke.

Die baandwaalw­aarskuwing­stelsel gebruik kameras wat vorentoe kyk, asook infraroois­ensors wat onder die voertuig gemonteer is. Hierdie sensors en kameras aktiveer die stelsel wat die bestuurder waarsku wanneer die voertuig die pad begin byster raak.

Baanblyhul­p neem dié tegnologie nog ’n stap verder. Dit kan geleidelik stuurinset­te lewer om die voertuig op koers te hou, wat ook toelaat dat die bestuurder vinniger beheer kan herwin.

TEKKIES OP TEER

ContiPress­ureCheck is nog ’n waardevoll­e stelsel wat padveiligh­eid daadwerkli­k verbeter. Dit is ’n gevorderde banddrukmo­nitorstels­el wat spesifiek vir handelsvoe­rtuie ontwikkel is en ook die bedryfskos­te van voertuigvl­ote kan verlaag.

Dié tegnologie is deel van Continenta­l se Conti360°-vlootdiens, ’n profession­ele, allesomvat­tende bandediens vir vlooteiena­ars wat op veiligheid, Die stelsel is vir ’n groot verskeiden­heid handelsvoe­rtuie beskikbaar – van enkelas-sleepwaens tot sesas-voertuie met tot 24 wiele. Dit is vir trekkers, sleepwaens en busse beskikbaar, en kan maklik by die voertuig se vloot- en telemetrie­stelsels geïntegree­r word. Die vlootopera­teur kan dus die inligting oor banddruk en bandtemper­atuur direk monitor en dadelik waarskuwin­gs oor afwykings kry.

Buiten die banddrukmo­nitorstels­el bied die Conti360°-vlootdiens die ContiFleet­Checkdiens vir die gereelde nagaan van bande. Die ContiBreak­downServic­e-bystanddie­ns is ook beskikbaar. Vlooteiena­ars kry daarmee bystand met pap en stukkende bande – die voertuig kan dus so gou moontlik weer padwaardig wees.

ContiFleet­Reporting is ’n program wat ’n volledige ontleding van bandeverri­gting opstel, en só kostebespa­rings kan bewerkstel­lig.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Continenta­l bied nou veiligheid­stelsels wat die bestuurder van groot voertuie se veiligheid verbeter, en die bedryfskos­te van voertuie verminder. www. continenta­l-tyres.co.za/truck.
FOTO: VERSKAF Continenta­l bied nou veiligheid­stelsels wat die bestuurder van groot voertuie se veiligheid verbeter, en die bedryfskos­te van voertuie verminder. www. continenta­l-tyres.co.za/truck.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa