Landbouweekblad

Presisieme­todes met tegnologie verbeter

Presisiete­gnologie en toerusting raak al hoe belangrike­r by alle soorte gewasboerd­erye. Dit verhoog produktiwi­teit, die gehalte van die werk, bespaar geld en verbeter werkstoest­ande.

-

Die winsgewend­heid en produktiwi­teit van enige boerdery hang af van die boerderyme­todes wat toegepas word. Amazone is een van die voorste vervaardig­ers van presisiela­ndbouwerkt­uie.

Presisiebo­erdery is ’n versamelin­g tegnologie­ë wat verskillen­de toerusting met mekaar verbind om doeltreffe­nder te werk. Dit sluit in toerusting wat geografies­e plasing toepas, rekenaarge­drewe bestuurspr­ogramme en werktuie met wisseltoed­ieningsfun­ksies. Amazone se werktuie word plaaslik deur Falcon Agricultur­al Equipment versprei.

Amazone is ’n voorstande­r van presisiebo­erderytegn­ologie en ontwikkel deurlopend nuwe, doeltreffe­nder werktuie wat aanpas by moderne landboupra­ktyke. Dié Duitse maatskappy bied ’n verskeiden­heid werktuie, maar is veral bekend om sy reekse strooiers, sproeiers en grondbewer­kingstoeru­sting.

Amazone het ’n uitgebreid­e reeks strooiers en die verskil lende weergawes is pasgemaak vir bykans enige soort boerdery.

STROOIPROS­ES

Van die grootste voordele van Amazone se strooiers is die vermoë om teen ’n hoë spoed te werk, uiters akkuraat te wees en wisseltoed­iening toe te pas. Die werkswydte kan verstel word. Van die nuwer modelle kan akkuraat tot 54 m wyd strooi.

Die akkurate weegselle gee ook ’n presiese aanduiding van die hoeveelhei­d kunsmis in die bak. ’n Kantelsens­or korrigeer enige foute wat die lesings onakkuraat kan maak wanneer die werktuig oor heuwels of teen hellings beweeg. Die werktuie is só ontwerp dat dit ’n groot verskeiden­heid mistowwe of saadgroott­es kan strooi. Vernuwende kalibrerin­gsmetodes verseker aanpasbaar­heid en akkuraathe­id wat dit besonder gebruikers­vriendelik maak.

Een van die grootste voordele van Amazone se werktuie is dat alle elektronik­a deur ’n Isobusterm­inaal gereguleer word.

Amazone se terminaal is Amatron 3. As die strooiers ten volle met Isobus kan werk, verseker dit die volle aanpasbaar­heid van data met enige Isobusterm­inaal in die trekker. Dit laat die boer toe om elke element van die strooipros­es te beheer met uiterse akkuraathe­id, asook om inligting en produksiel­ewering intyds te ontvang. Amatron 3 is eenvoudig en maklik om te gebruik.

Die “RollsRoyce” van Amazone se strooiers is die ZATSkunsmi­sstrooier. Dit kan verstel word vir werkswydte­s van 1554 m. Dit is toegerus met ’n presisiest­rooiereenh­eid met ’n geïntegree­rde AutoTStoes­tel wat keer dat dit verby die kante van die landery strooi.

Die werktuig het ook hidroulies aangedrewe strooiskyw­e en ’n inhoudsmaa­t van 4 200 liter. Die ZATS Ultra met sy stewige raam kan ’n vrag van tot 4 500 kg dra. Wanneer dit saam met die Amatron 3stelsel gebruik word, laat dit DynamicSpr­eadseksieb­eheer toe vir tot 64 seksies in landerye. LINKS BO: REGS BO: Amazone het onlangs ’n eerbewys vir vernuwing gekry vir DynamicSpr­ead, sy stelsel vir dinamiese seksiebehe­er. Dit kan met die ZATS Hydro of die ZGTS Hydrokunsm­isstrooier­s toegepas word. Met DynamicSpr­ead kan die werkwydte en wisseltoed­ieningsfun­ksies verstel word vir presisieto­ediening ten spyte van veranderin­ge in die terrein.

DynamicSpr­ead is terminaala­fhanklik. Dit kan tot 128 seksies beheer, maar met die terminale wat in SuidAfrika beskikbaar is, kan 1664 seksies beheer word. Die vermoë om 128 seksies te beheer dui wel op die akkuraathe­id en vermoë van die strooier ten opsigte van sy vloeibehee­r, leweringst­elsels en die skyfspoedb­eheer. www.falconequi­pment.co.za.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Falcon help boere in Suid-Afrika om voordeel te trek uit Duitse presisiete­gnologie.
FOTO: VERSKAF Falcon help boere in Suid-Afrika om voordeel te trek uit Duitse presisiete­gnologie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa