Landbouweekblad

Teel sappiger steaks met Wagyu

Vleis behoort méér as net ’n kommoditei­t te wees. Telers wat meer aandag gee aan die teling van diere met goeie vleiseiens­kappe, sal die vrugte pluk. Met die Wagyu-teelmateri­aal in sy stal het Taurus Evolution die regte medisyne hiervoor.

-

Die Wagyu-bees wen veld in Suid-Afrika danksy die uitstekend­e marmering van sy vleis. Dié Japannese ras word toenemend in suiweren kruistelin­g gebruik. As jy eers een keer die Wagyu se vleis geëet het, sal jy verstaan waaroor die bohaai gaan en hoekom dié steaks peperduur is.

“Die Wagyu-beesras word al hoe meer in Australië in kruistelin­g gebruik om die gehalte van beesvleis te verbeter om ’n aangename eetervarin­g vir die verbruiker te verseker,” sê mnr. Carel Teseling, bestuurder van die Australies­e Wagyu-genootskap se tegniese diens. Hy was in ’n spreker op die Aldam-vleisbeess­kool tydens die plaasbesoe­k aan die Woodview Wagyu-kudde.

Mnr. Brian Angus van die Woodview-stoeterye (Angus en Wagyu) naby Arlington in die Vrystaat is die baanbreker van Wagyu-teling in Suid-Afrika. Ná meer as 17 jaar se intensiewe teling, navorsing en bemarking kan hy die waarde van hierdie ras onderskryf.

“Die ras is dalk nie die mooiste vleisbeesr­as nie, maar as die vel af is, gaan dit oor die karkas. Geen ander ras kan vergelyk met die gehalte en smaak van die Wagyu nie. Boere wat die gehalte en gesogtheid van die vleis wat hulle produseer, wil verbeter, kan dit met Wagyu-teelmateri­aal regkry. Vir stoetteler­s is daar ’n groot geleenthei­d om hierdie gesogte diere te teel,” sê Brian.

BELEGGING

Woodview gebruik embrio’s en ook saad uit bulle, soos Michifuku, Takazakura en die Westholm-teelbulle Hirashige Tayashu ETJ001 en Kitateruya­su Doi ETJ003.

As ’n belegging is die ras baie aanloklik vir telers, soos by Woodview se produksiev­eiling in September duidelik was.

Tydens dié veiling is Suid-Afrika se eerste rooi Wagyu-beeste teen altesaam R1,86 miljoen verkoop. Twee bulle is teen R520 000 elk en twee verse teen R410 000 elk op dié produksiev­eiling gekoop. Swart en rooi Wagyu’s, altesaam 29 vroulike diere en ses bulle, was te koop. Die vroulike diere het gemiddeld R240 000 gehaal en die bulle gemiddeld R276 000.

“Dit was die eerste keer dat die rooi Wagyu-bloedlyn op ’n produksiev­eiling aan telers in SuidAfrika beskikbaar was. Hierdie vroulike diere het hulself in ons kudde bewys.

“Ek sien ’n goeie toekoms vir die rooi Wagyus. Rooi beeste is tradisione­el gewilder in die plaaslike mark as beeste van ander kleure. Boonop sal die Wagyu-teelmateri­aal die vleisgehal­te van rooi kommersiël­e kuddes in die land verbeter,” sê Brian.

TEELMATERI­AAL

“Taurus Evolution het die Wagyu-bul Oak Valley KitateraET Ben T’Son beskikbaar,” sê dr. Anton Smit, uitvoerend­e hoofbeampt­e van die semenmaats­kappy Taurus Evolution. Hy sê die ras verleen hom daartoe om sy puik vleiseiens­kappe aan Suid-Afrikaanse kommersiël­e kuddes oor te dra.

Ben T’Son is uit die bekende Michifuku-bloedlyn. Michifuku was in ’n stadium die topbul in Amerika wat marmerings­eienskappe betref. 076 286 9443; anton.smit@ taurus-evolution.com.

 ?? FOTO: WAYNE SOUTHWOOD FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Oak Valley Kitatera-ET Ben T’Son is Taurus Evolution se Wagyu-bul. Hy is geteel uit Michifuku 1615 en Blackmore Hikohime Z075. Meer as net ’n kommoditei­t: Die gesogte Wagyu-vleis het sagte, sappige en geurige eienskappe en is uitstekend gemarmeer.
FOTO: WAYNE SOUTHWOOD FOTO: LIZA BOHLMANN Oak Valley Kitatera-ET Ben T’Son is Taurus Evolution se Wagyu-bul. Hy is geteel uit Michifuku 1615 en Blackmore Hikohime Z075. Meer as net ’n kommoditei­t: Die gesogte Wagyu-vleis het sagte, sappige en geurige eienskappe en is uitstekend gemarmeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa