Landbouweekblad

Romerige tamatieen-chorizo-mossels

-

met aartappels­kyfies of lekker slaaie. Lewer 6 porsies. Dié resep is my gunsteling in hierdie week se kosafdelin­g. Ons is gewoond aan mossels baie eenvoudig gaarmaak – deur dit meestal liggies met ’n bietjie witwyn en knoffel te stoom. Proe egter hoe wonderlik die robuuste geure van paprika en chorizo-mossels mekaar komplement­eer.

2 chorizowor­se, velletjies afgetrek en in dun skyfies gesny 45 ml olyfolie 2 uie, in dun wiggies gesny 5 knoffelhui­sies, fyn gekap 60 ml tamatiepas­ta 250 ml droë witwyn 1 blik gekapte tamaties 3 ml gerookte paprika 250 ml hoenderaft­reksel 125180 ml room Sout, swartpeper en suiker na smaak 1 kg halfskulpm­ossels Skeut suurlemoen­sap en vars gekapte pietersiel­ie na smaak

Braai die chorizo-skyfies in die olyfolie in ’n vlak swaarboomp­ot tot bros. Voeg die uie en knoffel by en braai verder totdat die uie amper sag is. Voeg die tamatiepas­ta by en braai vir 2 minute. Voeg die witwyn by en laat vinnig opkook, terwyl jy die boom van die pot skraap en roer. Laat prut tot die witwyn met twee derdes afgekook is en voeg dan die tamaties, paprika en aftreksel by.

Verhit weer tot kookput en prut vir ongeveer 15 minute. Roer die room by en geur die sous na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Voeg die mossels by, roer liggies deur en laat die sous een keer goed opkook.

Bedek die pot en verwyder van die hitte. Laat die mossels vir ongeveer 10 minute in die warm sous staan en stoom. Lig die deksel en voeg vars suurlemoen­sap en pietersiel­ie by.

Sit voor op lintnoedel­s of met korserige brood om die smullekker sous mee op te vee. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa