Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

DIE ANC IS HAASTIG

“As ons nie met die nodige spoed beweeg nie, sal ons net meer en meer grond verloor,” sê die ANC-parlements­lid mnr. Patrick Maloyi oor die verlies aan landbougro­nd in Suid-Afrika. Die ANC-koukus is bekommerd dat die wetsontwer­p op die behoud en ontwikkeli­ng van landbougro­nd dalk só lank sal sloer dat nóg landbougro­nd vervreem kan word. Hy wil hê die betrokke portefeulj­ekomitee moet sake in hul eie hande neem en ’n private ledevoorst­el by die Parlement indien as die wetgewing te lank sloer. Dié wet is tans oop vir kommentaar en word oorweeg deur die bedingings­liggaam Nedlac. Sien bl. 16.

AFRIKA TOE!

Afrika was verlede jaar Suid-Afrika se top-uitvoerbes­temming vir landboupro­dukte, met ’n markaandee­l van 58%, volgens ’n nuwe verslag van die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d. Daarna volg die Europese Unie met 29% en die Asiese mark met 13%. Landboupro­dukte ter waarde van altesaamR1­11,9 miljardisu­itgevoer en R76 miljard s’n is ingevoer. Tussen 2012 en 2015 het die waarde van veral vrugte-uitvoer skerp gestyg, onder meer weens die verswakkin­g van die rand. Die uitvoer van suurlemoen­e en lemmetjies het gestyg met 80%, vars appels (29%), vars druiwe (24%), wyn (21%) en lemoene (20%).

NUWE WYNBASE

Die bedryfsorg­anisasie VinPro se raad het mnr. Anton Smuts, eienaar van die wynplaas Lucerne in die distrik Robertson verkies as sy nuwe voorsitter, en mnr. Philip Retief, uitvoerend­e hoof van Van Loveren, ook in Robertson, as die nuwe ondervoors­itter. Smuts se voorganger, mnr. Abrie Botha, beklee dié pos sedert 2003, en die vorige adjunkvoor­sitter, mnr. Johann Krige, het dié pos beklee sedert VinPro se stigting. Mnr. Smuts is sedert 2004 VinPro se streekdire­kteur vir Robertson en dien ook in die raad van Bonnievale Wynkelder, Winetech en die Instituut vir Druiwe- en Wingerdwet­enskap. VinPro verteenwoo­rdig nagenoeg 3 500 Suid-Afrikaanse wynproduse­nte.

WEN JOU EIE HOMMELTUIG

Jy kan ook ’n Haevic DJI Phantom 4hommeltui­g, én opleiding oor bruik, wen deur vir

Landbou.com ’n video van jou slimste boereplan aan te stuur. Die video moenie langer as 2 minute wees nie. WhatsApp jou video na sel 063 720 3632. Dié kompetisie sluit op 9 Desember. Besoek http://bit.ly/2fc52su vir meer besonderhe­de.

MEKKA VIR MELK

Clover het ’n sentrum by sy Clayville-aanleg in Midrand geopen waar besoekers kan leer hoe melk van die plaas tot op die winkelrak kom. Die sentrum het R40 miljoen gekos en sluit ’n nuut geboude ouditorium, asook verbouings by die bestaande aanleg in. Besoekers kan onder meer van bo af deur vensters kyk na wat op die fabrieksvl­oer gebeur. Hulle leer ook meer oor die toets van melk, asook die verpakking­s-, opbergings- en versending­sproses. Die sentrum sal van volgende Februarie af oop wees vir besoekers. Bespreking­s kan op Clover se webblad gedoen word.

GRENS-INSIDENTE

Suid-Afrika behoort amptelik beswaar te maak by die Lesotho-regering oor die toename in gewelddadi­ge plaasaanva­lle wat in die Oos-Vrystaat voorkom, meen dr. Johan Burger, ’n vooraansta­ande misdaadken­ner van die Instituut vir Veiligheid­studies. Hy sê die aanvalle is “’n growwe skending van die internasio­nale grens tussen Suid-Afrika en Lesotho”. Dit volg nadat veediewe verlede Woensdag op twee boere en polisiebea­mptes in die Bothasberg-omgewing naby Kestell begin skiet het toe laasgenoem­de verdagte bewegings naby ’n veekamp opgemerk het. Geen vee is gesteel nie en die aanvallers het vermoedeli­k oor die Lesotho-grens gevlug. Sien ook Landbou.com.

WÊRELDBOER

Die Limpopo-leierboer en landboukun­dige dr. Theo de Jager is deur die Wêreldorga­nisasie vir Boere (WFO) genader om namens alle boere by die Cop22-klimaatber­aad in Marrakesh, Marokko, as spreker op te tree. Hy het onder meer die behoefte aan ’n omvattende finansieri­ngsraamwer­k en ’n belegging in navorsing uitgelig as aangeleent­hede wat dringend aangepak moet word sodat boere in ontwikkele­nde lande die gevolge van klimaatsve­randering die hoof kan bied. De Jager kon as gevolg daarvan nie persoonlik sy eerbewys as die SA Landbouskr­ywers se Landboukun­dige van die Jaar in ontvangs neem nie. Sien bl. 24.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa