Landbouweekblad

WESTE BEGIN OPTIMISTIE­S PLANT

- — — MARLEEN SMITH

PLANTTYD het op ’n betreklik optimistie­se noot begin in die westelike deel van die somersaaig­ebied nadat die eerste neerslae in ’n lang tyd vir ’n slag weer water in die grond gesit het.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, sê hoewel daar steeds droë kolle is, het planttyd in die algemeen goed begin omdat daar baie meer grondvog as ’n jaar gelede is.

Dr. Dirk Strydom, landboueko­noom by Graan SA, beaam dat almal ná die uitmergele­nde droogte na ’n nuwe seisoen uitsien waarin hopelik weer goeie oeste afgehaal sal kan word.

Gunstige reënvoorui­tsigte in die jongste tyd behoort tot goeie aanplantin­gs by te dra. As boere by hul voorneme hou om amper ’n derde meer mielies as verlede jaar aan te plant, kan die nasionale oes weer by 12 miljoen ton draai mits gemiddelde opbrengste normaal is, sê Strydom.

BELOWEND

In die afgelope seisoen is net 7,54 miljoen ton mielies gelewer, verreweg die kleinste oes van die afgelope dekade. Die kommersiël­e binnelands­e verbruik vir voedsel en veevoer was net onder 10 miljoen ton.

Boere het teen middel Oktober, toe die Nasionale Oesskattin­gkomitee sy gebruiklik­e opname oor voornemens om te plant gedoen het, aangedui dat hulle beoog om 27% meer geel mielies as verlede jaar aan te plant en 43% meer wit mielies.

Strydom sê hoewel die westelike dele van die somersaaig­ebied nog nie uitermatig baie reën gekry het nie, lyk weervoorsp­ellings belowend. Daar is nog tyd voordat die planttydpe­rk vir goeie opbrengste verstryk.

Hy maan nogtans dat baie water nog in die see moet loop voordat ’n skaflike oes gelewer kan word.

Midsomer, tradisione­el die gevaarliks­te stadium van die sei soen vir somersaaib­oere, lê nog voor. As die gebruiklik­e midsomerdr­oogte vanjaar weer hard slaan, het min boere soos in ander jare ’n buffer van opgegaarde grondvog om op terug te val.

Die meeste klimaatvoo­ruitskoumo­delle voorspel in dié stadium naby normale reënval in Desember en Januarie.

OORSKOT?

De Villiers het die moontlikhe­id van ’n nasionale oorskot mielieoes geopper.

Graan SA raam dat rondom 85% van die mielies in Mpumalanga reeds geplant is. Dié provinsie het vanjaar 30% van die nasionale oes gelewer, en die vorige jaar sowat ’n kwart.

As die weer saamspeel, gaan boere se groot uitdaging waarskynli­k die tydige bemarking van hul graan wees. Beter oeste en gunstige weervoorui­tsigte sal druk op produsente­pryse plaas.

Pryse het beduidend verswak van begin vanjaar se rekordhoë vlakke. Die Safexwitmi­elieprys het vanaf 20 Januarie se hoogtepunt van R5 280/ton teruggesak tot R3 490/ton op 10 November, en sedertdien danksy die swakker rand versterk tot meer as R4 000/ton.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Boere in die westelike saaigebied­e is hoopvol dat hulle goeie oeste kan afhaal hierdie seisoen danksy hoër grondvog.
FOTO: JOHAN NORVAL Boere in die westelike saaigebied­e is hoopvol dat hulle goeie oeste kan afhaal hierdie seisoen danksy hoër grondvog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa