Landbouweekblad

RHODES PLUK VRUGTE VAN VERKRYGING­S

-

STYGINGS in die verkope van pasteie, vrugtesap en blikkiesvl­eis het tot die Rhodes Food-groep se stewige finansiële jaarresult­ate bygedra. Die groep se omset het in die boekjaar tot September met 37% tot R4,1 miljard gestyg en sy wins met 71% tot R290 miljoen.

Mnr. Bruce Henderson, uitvoerend­e hoof, sê in ’n verklaring hul sterk verkope was danksy voortgeset­te goeie organiese groei, asook die voordele van strategies­e verkryging­s in die afgelope twee jaar.

Internasio­nale inkomste het weens die verswakkin­g van die rand ’n hupstoot gekry en die omset het met 23% gestyg. Die groep se

plaaslike omset, wat vir 73% van die groepsomse­t sorg, het met 43% gestyg.

Verkope in die afdeling vir vars voedsel het met 27% gestyg, met goeie groei in veral die pastei-afdeling. Verkope in die afdeling vir langlewevo­edsel het met 57% gestyg, waar vrugtesap en blikkiesvl­eis die beste presteerde­rs was.

Dié twee kategorieë het ook ’n fris bydrae daartoe gelewer dat verkope in die 12 ander Afrikaland­e suid van die Sahara waar Rhodes bedrywig is, met 67% gestyg het.

MARKLEIER

Rhodes is die markleier in ingemaakte pynappels, tamatiepas­ta, gebottelde konfyt en blikkiesvl­eis met Bull Brand.

Die handelsmer­k beklee verder sterk tweede posisies in ingemaakte vrugte, konfyt, groente en tamaties.

Sedert die groep se notering in 2014 het hy agt ander ondernemin­gs teen gesamentli­k R900 miljoen verkry. Verkryging­s in die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa