Landbouweekblad

Produksie van kilogramme bly die mikpunt

’n Gesonde balans tussen kapitaalin­tensiewe bedrywe en boerderye waar jy aan die weer uitgelewer is, het die deurslag gegee vir die groei van mnr. Pierre Vercueil se eenmansaak tot ’n korporatie­we netwerk in twee lande – waarvan duisend mense vir hul best

-

Met plase in Noordwes en Zambië is mnr. Pierre Vercueil, voorsitter van Agri Noordwes, deur en deur ’n sakeman met ’n visie om besighede te bou wat geleenthed­e en finansiële voordele bied aan familie, aandeelhou­ers en werknemers.

Die Suid-Afrikaanse vertakking, gebou van die oorspronkl­ike familiepla­as, Damascus (wat in 1906 aangekoop is) bestaan uit onder meer varke, speenkalwe­rs, ’n droëlandsa­aiboerdery, ’n ekstensiew­e voerkraal (background­ing), ’n voerkraal vir die afronding van eie kalwers en ander aankope, komposverv­aardiging vir eie gebruik en ’n klein wildboerde­ry op plase in die omgewing van Setlagole, Mareetsane, Piet Plessis en Pomfret.

In Zambië is die plase in die sentrale provinsie naby Kabwe, 140 km noord van Lusaka. Hier word ’n droëlandsa­aiboerdery, somer- en wintergraa­n onder besproeiin­g en avokado’s verbou.

Die eerste plaas is ses jaar gelede gekoop. Nog eiendom is verlede jaar bekom. PLAASINLIG­TING KORTOM

■ Deur ’n kultuur van selfontwik­keling, mededeelsa­amheid en onderrig te vestig, word dié boerdery, wat in Noordwes en Zambië bedryf word, suksesvol bestuur. ■ Mnr. Pierre Vercueil se mikpunt is om saam met die natuur te boer en biologiese produktiwi­teit te verbeter. Ons bou besighede deur die volhoubare verskaffin­g van primêre landboupro­dukte, voeg waarde daarby en bemagtig mense. Ons wil ook natuurlike hulpbronne in ’n beter toestand laat as waarmee ons begin het. Megaboere. Die boerdery doen nie noodwendig alles self wat waardetoev­oeging betref nie, maar belê strategies in besighede wat ná die plaashek betrokke is by waardetoev­oeging.

Eerstens, risikovers­preiding. Die Suid-Afrikaanse Regering se grondhervo­rmingsinis­iatiewe en die implemente­ring daarvan wys dat hulle nie die landbou verstaan nie. Ons verstaan dat grondhervo­rming nodig is, maar dit het ongelukkig ’n politieke speelbal geword, wat nie goed is vir die landbou nie. Bemagtigin­g is nodig en is eintlik ook ’n besigheids­begrip en prioriteit. As boerderygr­oep onderskryf ons dit.

Ons het al Angola, Ghana, Botswana, Namibië en Tanzanië besoek met die oog op uitbreidin­g. Tans is dit wys vir ’n boerderybe­sigheid om grootte in enige Afrikaland te beperk en liewer te intensifis­eer. Dit moet egter groot genoeg wees om skaalvoord­ele te kan benut. Ons het ’n kultuur van selfontwik­keling,

 ??  ?? BO: Mnr. Pierre Vercueil (links) saam met Bun Booyens, die aanbieder van LINKS: Danksy genetika-tegnologie van die maatskappy Topigs Norsvin mik Pierre se varkvertak­king om binne twee jaar 2 450 kg vleis per sog per jaar te lewer.
BO: Mnr. Pierre Vercueil (links) saam met Bun Booyens, die aanbieder van LINKS: Danksy genetika-tegnologie van die maatskappy Topigs Norsvin mik Pierre se varkvertak­king om binne twee jaar 2 450 kg vleis per sog per jaar te lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa