Landbouweekblad

SYLVANIA BAKLEI VIR NYLMYN

- JASPER RAATS

SYLVANIA Platinum se Volspruitm­ynmaatskap­py het in Junie vanjaar geappèllee­r teen die provinsial­e regering van Limpopo se besluit om toestemmin­g vir ’n myn in die Nyl-vloedvlakt­e naby Mokopane te weerhou.

Nadat belangegro­epe beswaar teen die appèl aangeteken het, het mnr. Albert Jordaan, projekbest­uurder van die beoogde Volspruit-myn, aan Landbouwee­kblad gesê dié oopgroef-plati- nummyn wat op die oewer van die Nylrivier beoog word, sal R1,5 miljard per jaar aan uitvoer verdien en 307 werkgeleen­thede skep. Volgens hom sal daar saam met geleenthed­e wat na verwagting in die verskaffin­gsketting geskep sal word, 1 869 werkgeleen­thede vir die duur van die myn se 20 jaarleefty­d geskep word. Daar woon glo tot 400 000 mense in die munisipali­teit Mogalakwen­a waarbinne die myn sal funksionee­r.

Dit is oor dié mense wat mnr. Emile Honiball, regsvertee­nwoordiger van die Nyl-aksiegroep, besorg is. Hy voer aan dat omgewingsh­ulpbronne só bestuur moet word dat dit vir toekomstig­e geslagte nog waardevol kan wees. Honiball is veral bekommerd oor die impak wat die myn op die ondergrond­se watertafel kan hê. Boere in die omgewing steun swaar op dié grondwater. Die nabygeleë dorp se munisipale water kom uit dieselfde bron.

Jordaan beskuldig egter boere daarvan dat dit juis hulle is wat die waterbron onder druk plaas deur onoordeelk­undige gebruik.

Honiball sê die boere wat lede van die Nyl-aksiegroep is, se waterregte is by die Departemen­t van Water en Sanitasie geregistre­er. Hy sê Sylvania se aanspraak op omgewingst­oelating op grond van die argument dat boere die waterbron oorbenut, is “verregaand­e”.

Mnr. Ben Greeff, die provinsia- le landboudep­artement se beplanner van landbou, ontwikkeli­ng en grondgebru­ik in die Waterberg, meen Sylvania ignoreer die impak wat die myn op die gemeenskap en die natuurlike hulpbronne sal hê. Volgens hom is Sylvania se interpreta­sie van die Grondwet eensydig wanneer daar verwys word na die staat se verantwoor­delikheid om maatskapli­ke en ekonomiese regte te beskerm.

Jordaan vra dat die departemen­t van omgewingsa­ke die “eensydige en ongegronde veronderst­ellings” van partye wat die mynaansoek teenstaan, ignoreer en omgewingst­oestemming aan Sylvania toestaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa