Landbouweekblad

MALEMA-PROKUREUR SLAAN NOU KITAAR BY ZEBEDIELA SITRUS

- JASPER RAATS

KORT ná ’n hofgeding van R4,3 miljoen wat daartoe gelei het dat die Bjatladi-gemeenskap sy bestuursve­nnote in die Zebedielas­itruslandg­oed buite Mokopane uitgekoop het, kla van die Bjatladi’s nou dat mnr. Tumi Mokwena, hul regsvertee­nwoordiger, hul ondernemin­g gekaap het.

Die gemeenskap het die landgoed in 1999 bekom ná ’n grondeis en het sedertdien verskeie bestuursve­nnote gehad in wat eens Suid-Afrika se grootste sitrusland­goed was. Die laaste vennoot was Henley Farming Property (HFP) wat sitrusverb­ouing op die landgoed sedert 2000 bestuur het.

Die verhouding het egter gaandeweg verbrokkel tot op die punt waar bedrywighe­de verlede jaar tydens oestyd tot stilstand gedwing is. Die gemeenskap het onder meer ’n siviele geding teen die HFP en die landgoed se werkerstru­st vir beweerde wanbestuur

en bedrog aanhangig gemaak. Mokwena, toe die Bjatladi-gemeenskap se regsvertee­nwoordiger, het die HFP se regspan egter glo genader met ’n versoek om buite die hof te skik.

Ingevolge die ooreenkoms sou die Bjatladi-gemeenskap die HFP se aandele in Zebediela Sitrus Bpk. teen 30 Junie vanjaar koop.

City Press berig dat Mokwena op die een of ander manier ’n aandeel in die ondernemin­g bekom het en as die direkteur aangedui word. Mnr. Ike Kekana, seun van een van die begunstigd­es, sê Mokwena was die een oomblik nog die gemeenskap se regsvertee­nwoordiger.

Nou woon hy op die landgoed en noem homself die besturende direkteur. Luidens Cipro (die kommissie vir maatskappy- en intellektu­ele eiendomsre­g) is Mokwena reeds sedert Mei ’n direkteur van Zebediela Sitrus.

Kekana het aan die media gesê die landgoed se werkers word nie meer betyds betaal nie en daar is geen deursigtig­heid in die ondernemin­g se geldsake nie.

Mokwena, wat mnr. Julius Malema, leier van die EFF, in sy hofgeding teen die SA Inkomstedi­ens verteenwoo­rdig het, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa