Landbouweekblad

Moenie belangrike seine van kredietage­ntskappe ignoreer

Hoewel Suid-Afrika se kredietgra­dering nie verander is nie, is die vooruitsig na negatief verander. Met die oog op die toekoms moet Suid-Afrika se regeringsk­uld stabilisee­r (en nie styg nie). Groter beleidseke­rheid is nodig.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

KREDIETGRA­DERINGS deur agentskapp­e, soos Moody’s, Fitch en Standard & Poor, is belangrik, want dit gee ’n aanduiding aan beleggers van ’n land se vermoë om sy skuld terug te betaal.

Suid-Afrika se kredietgra­dering is tans net bo sub-beleggings­graad, met ’n negatiewe vooruitsig. Indien ons in die toekoms afgegradee­r word na sub-beleggings­graad, gaan dit duurder word om geld oorsee te leen. Dit sal moeiliker wees om ons internasio­nale skuldverpl­igtinge na te kom en die Internasio­nale Monetêre Fonds mag dalk ingryp.

Landbou-uitvoer lewer ’n belangrike bydrae om buitelands­e valuta te verdien met ’n swakker wordende rand. Produsente se aandeel in die oorsese verbruiker­srand in lande waar ekonomiese groei sterker is, moet voortduren­d vergroot. In die plaaslike mark oorheers bevolkings­groei die ekonomiese groei- koers, wat beteken die plaaslike verbruiker word al hoe armer. Surpluspro­duksie loop saam met groter doeltreffe­ndheid en produktiwi­teit. Daarom is die uitvoermar­k en ’n gesonde finansiële sake-omgewing vir produsente so belangrik.

INFLASIE

Voeselprys­inflasie het tot 11,7% toegeneem, maar die siening is dat dit ’n hoogtepunt bereik het en voortaan sal begin daal.

Dit is bemoedigen­d dat die rand teen sterker vlakke bly verhandel. Dit maak invoer goedkoper en beperk inflasie. Die Reserweban­k het ’n mandaat om inflasie in ’n band van 3-6% te bestuur. Indien algemene inflasie bo 6% styg tot die huidige vlakke van 6,6%, kan dit ’n verhoging in rentekoers­e meebring.

Die vooruitsig is egter dat inflasieto­estande sonder die ingryping van ’n rentekoers- verhoging sal verbeter.

Die verwagting is dat oorkoepele­nde inflasie teen 6,6% ’n hoogtepunt sal bereik, maar in so ’n mate sal herstel om reeds teen die einde van die tweede kwartaal volgende jaar teen of onder 6% te daal. Laer kommoditei­ts- en voedselpry­se sal ’n belangrike bydrae lewer. Dit is waarom weervoorui­tsigte vir die aanplant van landboukom­moditeite en die produksie van goedkoper voedsel tans so ’n belangrike rol op markte speel.

Die verwagting is egter dat internasio­nale risiko’s kan toeneem en nadelig op Suid-Afrika se ekonomie kan inwerk. Ons het ’n oop ekonomie, en oorsese fondse wat in- en uitvloei, lewer ’n groot bydrae tot ons kapitaalre­kening en het ’n direkte invloed op die rand se waarde.

VOORUITSIG­TE

’n Afgraderin­g sal met hoër ren- tekoerse gepaardgaa­n. Saam met ’n swakker rand gaan dit moeilik wees om teen die huidige ekonomiese groei skuld terug te betaal.

Dit is belangrik om groter beleidseke­rheid te kry. As Suid-Afrika politieke spanning die hoof kan bied, kan die Reserweban­k dalk die repokoers volgende jaar met selfs 25 basispunte verlaag.

Fitch se kredietgra­dering het onverander­d gebly (BBB), maar die vooruitsig is na negatief (BBB-) verander (sien die TABEL1).

Kredietage­ntskappe – net soos beleggers – is besorg oor Suid-Afrika se politieke risiko’s, insluitend­e die standaard van regering en beleidmaki­ng. Fitch meen ekonomiese groei volgende jaar kan tot 1,3% toeneem en in 2018 tot 2,1%. Suid-Afrikaanse verbruiker­s gaan voortaan bly verarm omdat bevolkings­groei ekonomiese groei steeds oortref.

Moody’s het sy kredietgra­dering ook onverander­d gehou, maar sy vooruitsig vir Suid-Afrika na negatief verander. Die negatiewe vooruitsig is weens Suid-Afrika se lae ekonomiese groei van 0,5% vanjaar. Strukturel­e hervorming­s is nodig om handelsver­troue te verhoog en ’n toename in belegging in SuidAfrika te verseker om produktiwi­teit in die ekonomie te verhoog. Een van die grootste uitdagings is dat Suid-Afrika se regeringsk­uld moet stabilisee­r en nie verder verhoog nie. Groter beleidseke­rheid is dus nodig vir ekonomiese groei, belegging en sakevertro­ue.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa