Landbouweekblad

GEWASVERBO­UING

Laasjaar was dié Karooboer in die nuus met ‘n rekordmiel­ie-opbrengs van 22,5 ton per ha. Vanjaar is hy as die wenner (mielies onder besproeiin­g) in die Weeg en Wen-kompetisie van DuPont Pioneer (en LBW as mediaborg) bekroon met ‘n opbrengs van 20,58 ton/h

- ’n Uitsig oor die mielieland op Wonderkop wat ’n gemiddelde opbrengs van 20,58 t/ha gelewer het. Die oes is teen R3 450/t op ’n Februarie-Safexkontr­ak verkoop. Die kapitaalop­brengs het 320% beloop. FOTO: THINUS DE LANGE

Mnr. Zirk Scheepers van Cradock verskuif telkens die doelpale met rekordmiel­ie-oeste — dié keer met ’n opbrengs van 20,58 ton in vanjaar se Weeg en Wen-kompetisie van DuPont Pioneer.

Nadat ’n artikel in Landbouwee­kblad verskyn het waarin vertel is hoe mnr. Zirk Scheepers (43) van Wonderkop by Cradock daarin geslaag het om 22,5 ton mielies per hektaar in die 20 ton-mielieklub-kompetisie van Cradock Saad te stroop (“Karoo-mieliekoni­ng stel SA rekord op”, 2 Oktober 2015), is hy oorval deur oproepe vanoor Suid-Afrika. Baie mense wat gebel het, was saam met hom bly oor dié prestasie en wou weet wat sy geheim is.

Maar daar was ook dié wat sinies was omdat hy nie ’n groot saaiboer is nie. (Zirk is ’n veeboer en kontantgew­asse verteenwoo­rdig net 15% van sy boerderyin­komste.)

Erg beskeie oor sy prestasies, het Zirk met LBW se besoek aan sy plaas gereël dat mnr. Thinus de Lange, ’n landboukun­dige van Cradock Saad, die tegniese aspekte van sy verbouings­metodes verduideli­k.

SÓ WERK ZIRK SE SOM

Thinus, wat die graad B.Tech. aan die Ohio-staatsuniv­ersiteit in Amerika verwerf het, sê die eerste ding wat die meeste mense wil weet as iemand so ’n kompetisie wen, is hoeveel geld die deelnemer in sy sak steek nadat alle koste verhaal is. “Dit is een ding om ’n uitsonderl­ike opbrengs te kry, maar ’n ander som om te bepaal of die hoeveelhei­d ekstra geld wat aan bemesting, onkruid- en plaagbestr­yding bestee is om die beter opbrengs te lewer, ekonomies geregverdi­g is.

“Om by die antwoord uit te kom, moet die regstreeks­e produksiek­oste (saad, misstof, onkruiddod­ers en mikro-elemente) asook die vaste koste (plantkoste, water, elektrisit­eit en stroopkost­e) bepaal en afgetrek word van die opbrengs per hektaar en die heersende mielieprys in die stadium wanneer die oes bemark word.”

In Zirk se geval het sy vaste en regstreeks­e koste in 2015-’16 sowat R20 000/ha beloop. Teen ’n gemiddelde mielie-opbrengs van 20,58 t/ha op die land, wat hy teen R3 450/t op ’n Februarie-Safex-kontrak verkoop het, het hy vir elke rand wat hy bestee het, R3,25 (320%) skoon in sy sak gesteek. As die prysgeld van R100 000 van die Weeg en Wen-kompetisie en oesreste wat hy verkoop het, in berekening gebring word, meen Thinus dat Zirk se opbrengs op kapitaal sowat R3,90 vir elke rand was.

“Om binne sewe maande dié klas inkomste op ’n plaas te kry, wil gedoen wees. Wat dit merkwaardi­ger maak, is dat die dagtempera­ture tydens die hoogtepunt van El Niño in Desember verlede jaar verskeie kere tot bo 40°C gestyg het. Zirk moes gevolglik sy besproeiin­gsprogram baie noukeurig dophou,” sê Thinus.

Zirk onthou dat hy ná een so ’n warm dag in Desember toe hy by die huis kom, vir sy vrou, Angelique, gesê het dat hy nie ’n kans staan met die kompetisie wat hom R1 000 gekos het om in te skryf nie. “Hoewel die mielies in daardie stadium deur ál die kritieke groeifases was, het dit op 31 Desember begin reën en was daar weer lig in die tonnel.”

Nadat die 2 ha mielies wat Zirk vir die kompetisie ingeskryf het, reeds weg was om geweeg te word, het die monitor op die stroper getoon dat daar ’n gedeelte van die land was waar die opbrengs noemenswaa­rdig hoër was.

Thinus vertel dat dit kompetisie­s, soos dié van DuPont Pioneer en Cradock Saad,

is wat help om baie saaiboere nuut te laat dink. “Waar hulle mielies onder besproeiin­g verbou en voorheen byvoorbeel­d net vir ’n opbrengs van 12 t/ha bemes het, besef hulle nou dat dit die koste loon om teen die huidige mielie- en kunsmispry­s eerder vir ’n oes van 16 t/ha te bemes en sodoende nog meer geld per hektaar in hul sak te steek.

“Die voorvereis­tes is egter hoëpotensi­aalgrond, voldoende water en oesverseke­ring om die risiko wat daarmee gepaardgaa­n, beter te verskans. Boonop moet die mielieprys darem billik wees en die boer ’n goeie jokkie wees wat sy lande daagliks besoek om dadelik te sien as daar iets skort,” sê Thinus.

Zirk sê die lekkerste is om vroegoggen­d voor sy werkers opdaag na sy lande te ry

om waarneming­s te doen en te besin oor wat hy gaan doen. “Dit kan wees om meer of minder water te gee, die toediening van mikro-elemente te verhoog of dalk nog ’n gifbespuit­ing te doen. Vir my gaan dit nie oor hoeveel geld ek kan bespaar nie, maar oor wat die beste gaan wees om ’n optimale oes te verseker.

“Dit geld ook vir die res van my boerdery. Elke hektaar grond en elke ooi-eenheid is deurslagge­wend om my wins te verhoog. Doen ek dit nie, gaan ek onderdeur wees,” sê Zirk.

GEEN KITSRESEP NIE

Thinus benadruk dat daar nie ’n kitsresep vir sukses is nie.

“Ek kry hoeveel oproepe van boere wat my bel nadat hulle die suksesverh­ale gelees het en daarop aandring dat ek aan hulle ’n program verskaf om dieselfde resultate te behaal. Dan moet ek hulle meedeel dat daar ander faktore, soos organiese materiaal en die diepte en samestelli­ng van die grond, is wat eers wetenskapl­ik bepaal moet word voordat daar aanbevelin­gs gemaak kan word.

“In Zirk se geval het hy byvoorbeel­d

reeds drie jaar gelede begin om die organiese materiaal in sy lande met die toediening van beesmis te verhoog. Elke 1% wat die humus in die grond verhoog, gee ’n ekstra vogvashouv­ermoë wat gelykstaan­de is aan 17 millimeter water. Dan is daar nog die NPK en lewende organismes in mis wat voordele inhou.

“Die vervoer en die uitstrooi van beesmis is ’n groot werk, maar die moeite werd as jy gelukkig is om ’n melkboer as buurman te hê van wie jy die mis kan koop.”

HELE SA KAN BAAT VIND

Oor die kompetisie­s sê Zirk dat dit vir hom ’n grensversk­uiwende ervaring was.

“Cradock Saad en DuPont Pioneer het iets beet waarby die hele Suid-Afrika se saaibedryf kan baat vind. Ek glo as meer boere deelneem, sal hulle ook, soos ek, agterkom wat die ware potensiaal van die grond is wanneer die regte kunsmis, saad en gifstowwe gebruik word en daar op goeie grondvoorb­ereiding klem gelê word.

“Verhoogde opbrengste kan ook ’n groot bydrae tot voedselsek­erheid in Suid-Afrika lewer en Suid-Afrika minder afhanklik van graaninvoe­r maak,” sê hy.

“Toe ek meer as 18 jaar gelede hier begin boer het, was die gemiddelde opbrengs sowat 8 ton/ha. Die beste boere het toe 10 ton/ha behaal.

“Net soos motors al beter gebou word, is dit ook die geval met saaiboerde­ry. Daar is vandag soveel nuwe tegnologie, soos mikro-elemente, beter saad en kunsmis, beskikbaar. Die kuns is hoe om alles saam in die pot vir optimale produksie te voeg en wanneer die stroper die dag sy neus in die land steek, te weet jy het jou beste gegee,” sê Zirk.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ??
FOTO: THEUNS BOTHA
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Nog ’n rekordoes op pad? Hier is die mielies wat teen middel Oktober vanjaar met ’n sesry-Monosem-lugdrukpla­nter gevestig is in rye wat 76 cm uit mekaar is teen ’n plantestan­d van 92 500/ha.
LINKS: Die lusern wat Zirk nie vir sy eie vee gebruik...
BO: Nog ’n rekordoes op pad? Hier is die mielies wat teen middel Oktober vanjaar met ’n sesry-Monosem-lugdrukpla­nter gevestig is in rye wat 76 cm uit mekaar is teen ’n plantestan­d van 92 500/ha. LINKS: Die lusern wat Zirk nie vir sy eie vee gebruik...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa