Mecki Schneider: 10-punt-oorlewingsplan vir veeboere
Die insetkoste vir bees- en skaapboerdery in Namibië het in die afgelope tien jaar met 163% opgeskiet – en die inkomste uit beesboerdery het met slegs 59% gestyg en dié uit skaapboerdery met net 147%. Die leierboer mnr. Mecki Schneider het ’n tienpuntplan
Veeboerdery trek oral in Suider-Afrika noustrop weens sporadiese droogtes, stygende produksiekoste en wisselvallige veepryse. Dit plaas die winsgewendheid en volhoubaarheid kwaai onder druk. Mnr. Mecki Schneider, beesboer van Grootfontein in Namibië wat pas as voorsitter van dié land se Lewendehaweprodusenteorganisasie (LPO) uitgetree het, het op die jaarlikse Aldam-vleisbeesskool wat deur die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) en Landbouweekblad aangebied is, gesê die groot gaping tussen inkomste en uitgawes beteken dat beesboere oor die afgelope tien jaar jaarliks 8% winsgewender moes boer of doeltreffender moes wees net om op dieselfde winsvlak te bly. Skaapboere moes hul doeltreffendheid elke jaar met 3% verhoog.
’n Beesboer moet derhalwe vandag 80% doeltreffender as tien jaar gelede wees, wat in geen onderneming haalbaar is nie. GRAFIEK 1 (bees- en skaapboerdery se inkom- ste en totale uitgawes) en GRAFIEK 2 (beesen skaapboerdery se winsmarges) vertel ’n verhaal op sigself.
Mecki se veeboerdery-opset bestaan reeds 103 jaar. Hy het tien strategieë verduidelik waarmee veeboere die kwessies van dalende winsgewendheid kan aanpak. “Dit is nogal ingewikkeld en hang af van jou persoonlike omstandighede. Hierdie benadering is nietemin vanuit ’n praktiese perspektief ontwikkel en boere moet deeglike, deurlopende aandag aan ’n wye reeks faktore gee om weer op die pad van winsgewendheid te kom.
“Dit is soos ’n klipmuur – as jy een steen (of faset van boerdery) onder uittrek, kan die hele muur inmekaar tuimel.” Die tien strategieë is:
1. WEIVELD
Natuurlike weiding is die grondvesting wat beeskuddes onderhou. Daarom is die benutting en voortdurende monitering van die weiveld se toestand noodsaaklik. Satelliettegnologie kan gebruik word om die veldtoestand vanuit die ruimte dop te hou en die veld se produktiwiteit op lang termyn te meet.
Mecki ontvang elke twee weke ’n bygewerkte satellietfoto op die webwerf
van die toestand van elke kamp wat die huidige toestand teenoor die gemiddelde toestand oor die afgelope 16 jaar toon. Reënval word akkuraat aangeteken. Dis belangrik om veral die verspreiding van die neerslae aan te teken. Die verspreiding oor maande is dikwels belangriker as die hoeveelheid oor ’n baie kort tydperk.
Stygende insetkoste en droogtes veroorsaak dat veeboere ál harder deur die kosteknyptang gekarnuffel word. Boere moet jaarliks hul doeltreffendheid verhoog om wins te kan handhaaf. ■ ’n Tienpuntplan word voorgestel waarmee boere hul winsgewendheid kan verhoog.
Mecki het gesê vogbewaring in weivelde is uiters belangrik in enige droë omgewing, veral in Suider-Afrika wat gereeld droogtes ondervind. Boonop word Namibië as die droogste land met die wisselvalligste reënvalpatroon suid van die Saharawoestyn bestempel.
Boere moet kaal kolle in die veld vermy, want die vogverdamping daar is baie hoog. Sulke kolle verdig, die grond word baie warm en enige reën wat daar val, vloei weg. “Hoewel daar nog nie eenstemmigheid oor die hoeveelheid reën is wat Suider-Afrika in die toekoms weens klimaatsverandering gaan kry nie, is dit betreklik seker dat die temperatuur met tot 4 °C gaan styg. Vir elke graad wat die temperatuur toeneem, styg die verdamping van vog uit die grond met 5%. Dus gaan die verdamping met 20% toeneem,” het hy die erns van die saak verduidelik.
Die antwoord lê in ’n langtermynstrategie om die groeikragtigheid van die veldweiding te verbeter. Dit behels die verbetering van die bedekking met meerjarige grasse, die versterking van die wortelstelsel, die bedekking van kaal grond en dus die vermyding van grondverdigting en erosie, en die stelselmatige bekamping van bosindringing.
“Veeboere moet hul veld se drakrag voluit benut om in ’n omgewing te oorleef waar lae winsgewendheid ’n werklikheid is. As bosse uitgeroei en die veld verbeter kan word, sal die volhoubare drakrag verhoog,” het Mecki gesê.
“Leer om met min en ongereelde reënval saam te leef deur ’n konserwatiewer benadering met veldbenutting te volg.”
Sy agt beginsels van goeie weiveldbestuur Ken jou hulpbronbasis (grond, plantsamestelling en meerjarige grasse). Bestuur vir doeltreffende herstel en veldrus, wat die bevordering van wortelontwikkeling insluit, veral in die laatsomer. Bestuur vir die doeltreffende benutting van plante. Bevorder die grondtoestand deur maksimum grondbedekking en organiese materiaal. Bekamp bosindringing deur indringerbosse selektief te bekamp. Beplan vooruit vir droogtes waarvoor ’n uitgewerkte strategie nodig is, soos om betyds ’n bepaalde gedeelte van die vee te verkoop of te verskuif. Moniteer die hulpbronbasis voortdurend, veral aan die einde van die reëntyd, maar ook oor dekades. Beplan die infrastruktuur deeglik. Mecki volg ’n praktiese benadering tot veldbenutting. Tydens die reëntyd evalueer hy die veld in die middel van Februarie. As dit droog is, stel hy sy droogteaksieplan in werking.
In die tweede helfte van Mei doen hy ’n finale evaluering van die veldtoestand om te bepaal of hy genoeg weiding tot einde Desember sal hê. Dit sluit in sy droogtereserwes, spaarkampe, 10% van elke plaas wat op ’n rotasiegrondslag rus, en gebiede wat lig bewei word. Die hoeveelheid en gehalte gras word in elke kamp geëvalueer, dit kry ’n punt op ’n skaal van 1 tot 100 en word daarvolgens bewei.
2. WINSGEWENDE KUDDE
’n Doeltreffende koeikudde moet ’n speenpersentasie van minstens 85 hê. Seleksie vir vrugbaarheid is dus belangrik.
Wins word ook bepaal deur die wyse waarop die boer sy weiding benut. Die winsdrywer is die veebelading. Mecki werk die veebelading uit volgens kilogram biomassa
(of lewende gewig van die hele kudde) per hektaar veld. Met goeie bestuur behoort die produksie per kilogram lewende gewig per hektaar 3238% van die veebelading te wees. Teen 30 kg veebelading per hektaar is die produksie ongeveer 10 kg lewende gewig per hektaar, wat teen R20 per kilogram (speenkalfprys) op R200 produksie per