Landbouweekblad

Nuwe tande in ‘Esta’-wet kan landbou duur te staan kom

- JOYLENE VAN WYK en JEANNE VAN DER MERWE

WYSIGINGS aan die Wet op die Uitbreidin­g van Sekerheid van Verblyfreg (Esta, Wet 62 van 1997) kan eiendomsre­g inkort en bevat vaaghede waaroor duidelikhe­id gekry moet word, waarsku die landbousak­ekamer Agbiz in ’n voorleggin­g aan die Parlement. Agbiz is ook bekommerd oor die uitwerking wat dié maatreëls op die landbousek­tor se finansiële welsyn kan hê.

Die Parlement se betrokke portefeulj­ekomitee oorweeg tans kommentaar op wysigings aan dié wet wat die regte van grondbewon­ers verder reguleer.

Dr. John Purchase, hoof- uitvoerend­e beampte van Agbiz, sê in die voorleggin­g die koste-implikasie­s van die wet vir die bedryf is reusagtig.

“Daar kan nadelige finansiële implikasie­s wees by die herverkoop van eiendomme as grondeiena­ars nie kan waarborg dat die voornemend­e kopers besit neem van ’n vakante eiendom en dit volledig voordelig kan gebruik nie,” sê hy.

“Landbousku­ld, of plaasskuld, is nou naby aan R160 miljard, en primêr (nagenoeg 60%) versekuree­r deur grond. As grondwaard­es in die gedrang gebring word weens die aftakeling van eiendomsre­g, sal dit ’n uiters nadelige effek op die finansiële instelling­s hê, aangesien die sekuriteit wat hulle hou, dan beduidend minder werd sal wees as waarop dit aanvanklik gewaardeer was.”

SUBSIDIE

Purchase sê daar is vaaghede in die wet oor die mediasiepr­oses wat ’n uitsetting voorafgaan, en die presiese aard van die regsvertee­nwoordigin­g waarop plaasbewon­ers geregtig is.

“Ons steun die geleenthei­d om buite die hof te bemiddel, maar ons vra dat erkende bemiddelaa­rs aangestel word omdat hulle ingelig en ervare is.”

Verder plaas ’n nuwe klousule in die wet nóg ’n las op die boer deur die reg op ’n toelae vir alternatie­we behuising toe te staan aan bewoners wat voorheen van die grond afgesit is, asook huidige bewoners.

Purchase sê daar is geen tydsraamwe­rk of beskrywing van wie in aanmerking kom as ’n “voormalige bewoner” nie, wat ’n “reuselas” op grondeiena­ars én die staat plaas, soos waar ’n eiendom talle kere van eienaar verwissel het sonder dat ’n uitsetting aan ’n koper bekend gemaak is.

VERTEENWOO­RDIGING

Die Regering dring aan dat ’n hof die plaasbewon­er se saak móét aanhoor voor ’n uitsetting­sbevel toegestaan word. Agbiz meen egter dié klousule beperk die jurisdiksi­e van die hof in situasies waar die betrokke staatsdepa­rtement nie sy pligte nakom nie.

“As die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming nie die regsteun en geld voorsien wat die wetsontwer­p vir ’n uitsetting­sverhoor stipuleer nie, kan die grondeiena­ar ernstig blootgeste­l word, aangesien die hof dan dalk nié ’n uitsetting­sbevel toestaan nie. As die uitgesette persoon ’n moeilikhei­dmaker of misdadiger is, en nie ’n wettige uitsetting­sbevel teen hom kry nie, kan dit die plaaseiena­ar benadeel omdat dié persoon dan op die plaas aanbly,” sê Purchase.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, sê kragtens huidige wetgewing kan die boer hom na die hof wend vir ’n uitsetting­sbevel sonder dat die betrokke party sy kant van die saak stel.

“Dit is onregverdi­g. Die betrokke party moet by wees wanneer die versoek om ’n uitsetting­sbevel aangehoor word.”

REKORD

Nkwinti meen dié proses sal help dat plaaswerke­rs en -bewoners nie van plase afgesit word sonder dat die Regering daarvan weet nie.

“Jy moet weet daar kom ’n uitsetting­sbevel en as jy weet, weet ons ook. Ons sal ’n prokureur kry om jou saak in die hof te stel sodat daar ’n gebalansee­rde siening van die kwessie is voor die hof ’n besluit neem,” het hy gesê.

“Ons wil die gaping toemaak sodat die hof albei kante gehoor het wanneer hy sy bevinding maak. –

‘Landbousku­ld is nou naby aan R160 miljard, en primêr versekuree­r deur grond.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa