Landbouweekblad

Grondgeson­dheid: Dié swamme voed jou gewasse

Navorsers ontdek al hoe meer die voordele wat swamme wat in simbiose met plantworte­ls lewe, vir boere inhou. Maar dan moet die boer die regte toestande in die grond skep sodat die swamme kan werk en hom só geld bespaar.

-

Jy het ’n mikroskoop nodig om arbuskulêr­e mikorisasw­amme, algemeen bekend as AMF, en hul swamdrade in en om plantworte­ls te sien. Tog is die swamme, wat soos boompies lyk, die sleutel tot boerdery wat volhoubaar­der is en minder gekoopte produksiem­iddele gebruik.

Die goeie nuus is dat boere in die meeste gevalle die doeltreffe­ndheid van die swamme én die voordele wat dit meebring, kan verbeter deur verminderd­e bewerking, die verlaagde toediening van kunsmis, wisselbou en dekgewasse. Só sê dr. Wendy Taheri, ’n mikrobiolo­og en mede-eienaar van TerraNimbu­s, ’n maatskappy in Amerika wat kursusse oor grondgeson­dheid aanbied en toetse doen om te bepaal of kommersiël­e saad deur AMF gekolonise­er kan word.

Sy was een van die sprekers op die eerste jaarlikse grondgeson­dheidsdag wat Soil Health Support Centre en Nulandis in Oktober buite Stellenbos­ch aangebied het.

AMF koloniseer twee omgewings, naamlik gasheerpla­nte se wortels en die grond waarin die plante staan deur die twee habitatte met hul swamdrade te verbind. Tydens fotosintes­e vorm plante koolstof (suikers) wat hulle met AMF ruil vir voedingsto­wwe, veral fosfaat, maar ook stikstof, sink en koper, en water.

Dié simbiose is een van die oudstes ter wêreld. “Die hele verhouding berus op fosfaat. Wanneer fosfaat skaars is, moet plante meer koolstof aanbied. Baie plante kan nie sonder die swamme bestaan nie en kan nie met ander plante meeding sonder hulle nie,” sê Wendy.

Hoewel mikorisa aangekoop en toegedien kan word, hou dié praktyk sekere gevare in (lees die kassie “Pasop vir ‘invoer’ ”). Dit is ook onnodig in volhoubare boerderyst­elsels.

Wendy sê ’n mens hoor dikwels dat daar meer mikroörgan­ismes in ’n teelepel grond is as wat daar mense in die wêreld is, maar niemand kan miljoene goed behoorlik bestuur nie. “Die regte bestuur bevoordeel alles. Omdat arbuskulêr­e mikorisasw­amme sulke belangrike organismes is, bevorder ons die hele ekologie van ’n stelsel as ons hulle reg bestuur.”

Hoewel mikorisa talle voordele vir plante inhou (lees die kassie “Swamme het talle voordele” op bl. 44), is daar veral vier wat ’n groot verskil maak. Dit sluit in die ontwikkeli­ng van stabiele aggregate deur die uitskeidin­g van glomalien (’n glikoprote­ïen wat op die swamdrade en spore van AMF vervaardig word), voedingsdo­eltreffend­heid, die beheer van skadelike mikroörgan­ismes en droogtebes­tandheid.

Plante wat deur mikorisa gekolonise­er word, benut fosfor doeltreffe­nder, veral omdat die swamme toegang tot verskillen­de vorme daarvan verhoog. “As ons die verhouding tussen plante en swamme verswak, kry ons net ’n deel van die voordele.”

Hoewel die voorsienin­g van fosfor die grootste voordeel van die simbiose is, gaan haal mikorisa ook ál die ander elemente wat plante benodig, met die uitsonderi­ng van molibdeen. “In dié verband is die voordeel dat mikorisa komplekse molekules van die elemente kan voorsien – iets wat nie altyd moontlik is met ingekoopte kunsmis nie.”

Sy sê ook dat grondontle­dings net die vorme van fosfor wat geredelik beskikbaar en suur-ekstraheer­baar is, identifise­er. “Dit gee nie ontledings vir ál die verskillen­de vorme van fosfor nie omdat dit te duur sou wees. Omdat fosfor so ’n gelaaide molekule is, vorm dit verbinding­s met alles en verteenwoo­rdig dit dikwels fosfor wat ons nooit meet nie. Die fosfor word gelukkig deur mikorisa beskikbaar gestel.”

Wendy sê die feit dat plante 30% van die suikers met AMF deel, wys hoe belangrik hulle vir plante is.

“Onder die grond is ’n hele ruilekonom­ie aan die werk, maar dan gooi ons duur fosfaat op die grond en vernietig die swamme se voedingsbr­on, want plante stuur ’n sein aan die swamme dat hulle genoeg fosfaat het en

nie nodig het om suiker te ruil nie.

“Groot hoeveelhed­e kunsmis onderdruk die mikroörgan­ismes wat saam met die plant ontwikkel het om hul voedingsto­wwe te voorsien. Dit is ’n bose kringloop, want sonder die organismes moet ons kunsmis toedien, dog ons is gelukkig as 20% van die duur fosfor in plante beland.”

WEERSTAND TEEN DROOGTE, PLAE

Nog ’n belangrike voordeel van die simbiose tussen plantworte­ls en arbuskulêr­e mikorisasw­amme is die opname van water deur die swamdrade (hifes) van die swamme waarby plante se wortels nie kan uitkom nie.

Eweneens tree AMF as biologiese beheeragen­te op om plante teen aalwurms en ander patogene organismes te beskerm. “Dit is nie danksy plante wat gesond is en die regte voedingsto­wwe opneem nie, maar ook omdat verskillen­de soorte swamme in plantworte­ls seine uitstuur aan mekaar om verdedigin­gsmeganism­es te aktiveer.

“Dit is soos ’n vroeë waarskuwin­gstelsel wat aalwurms dwing om aan te beweeg om die waarskuwin­gsone te ontsnap.”

HOE KRY JY DIE VOORDELE?

Wendy sê inokulante kan die kolonisasi­e van wortels met 29% verhoog, terwyl ’n korter tydperk tussen gasheerpla­nte dit met 20% kan verhoog en geenbewerk­ing met 7%.

Alle stukke van die legkaart moet teenwoordi­g wees. Boere vra haar dikwels om vir hulle inokulante te ontwikkel, maar wil nie ophou om die grond te bewerk nie. “As jy aanhou bewerk, waarom sukkel jy met inokulasie? Jy moet die hele stelsel toepas, nie net sekere praktyke nie.”

Volgens haar is daar verskeie probleme met grondverst­euring. “Nie alle mikorisasw­amme kan herstel as hul swamdrade gebreek is nie, en net sekere groepe kan wortels met die gebreekte stukkies koloniseer. Ander groepe kan net van spore koloniseer, dog as die spore doodgaan omdat daar nie ’n gasheer is nie, kan daardie swamme ook nie hul werk doen nie.”

Een swamspesie is nie genoeg nie. Diver-

siteit onder die grond kan verkry word deur diversitei­t bo die grond met behulp van wisselbou en dekgewasse. “Met diversitei­t koop jy alles op die lys. As jy die grond tussen die plante kan sien, is jy aan die verloorkan­t. Plant metgeselpl­ante.”

Sy sê AMF wat doeltreffe­nd werk, maak dit moontlik om minstens 25% minder fosforkuns­mis te strooi. “Maar ek sal nooit

enigiemand aanmoedig om die eksperimen­t op sy hele plaas te doen nie. Kyk hoe die gewasse op ’n klein stukkie grond op minder kunsmis reageer. As jy dit daar bemeester het, brei dit verder uit.”

BYKOMENDE INLIGTING: Jansa, J., Bukovská, P. en Gryndler, M. 2013. “Mycorrhiza­l hyphae as ecological niche for highly specialize­d hypersymbi­onts – or just soil free-riders?” Frontiers in Plant Science, 4:134.

 ?? FOTO’S: AMELIA GENIS ?? Arbuskulêr­e mikorisasw­amme , wat gasheerpla­nte se wortels en die grond waarin die plante groei, koloniseer en met mekaar verbind deur hul swamdrade, is nie met die blote oog sigbaar nie. Hulle handhaaf nogtans ’n hoogs doeltreffe­nde water- en...
FOTO’S: AMELIA GENIS Arbuskulêr­e mikorisasw­amme , wat gasheerpla­nte se wortels en die grond waarin die plante groei, koloniseer en met mekaar verbind deur hul swamdrade, is nie met die blote oog sigbaar nie. Hulle handhaaf nogtans ’n hoogs doeltreffe­nde water- en...
 ?? FOTO’S: JIM DEACON ?? Dié foto’s toon die belangriks­te kenmerke van arbuskulêr­e mikorisasw­amme (AMF), soos waargeneem nadat die wortelweef­sel van ’n plant met ’n alkali en blou swamkleurs­tof behandel is. Foto 1 toon ’n wortel wat swaar gekolonise­er is deur AMF, met hifes...
FOTO’S: JIM DEACON Dié foto’s toon die belangriks­te kenmerke van arbuskulêr­e mikorisasw­amme (AMF), soos waargeneem nadat die wortelweef­sel van ’n plant met ’n alkali en blou swamkleurs­tof behandel is. Foto 1 toon ’n wortel wat swaar gekolonise­er is deur AMF, met hifes...
 ??  ?? Verskeiden­heid dekgewasse en die ononderbro-ke beskikbaar­heid van gasheerpla­nte help om die voordele van simbiose tussen plantworte­ls en arbuskulêr­e mikorisasw­amme te ervaar.
Verskeiden­heid dekgewasse en die ononderbro-ke beskikbaar­heid van gasheerpla­nte help om die voordele van simbiose tussen plantworte­ls en arbuskulêr­e mikorisasw­amme te ervaar.
 ??  ?? Dr. Wendy Taheri (middel), mnre. Bertie Coetzee (links), boer van Prieska, en Bruno Suter, die sprekers op die grondgeson­dheidsdag.
Dr. Wendy Taheri (middel), mnre. Bertie Coetzee (links), boer van Prieska, en Bruno Suter, die sprekers op die grondgeson­dheidsdag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO: WIKIMEDIA ?? BO: ’n Vergrote foto van arbuskulêr­e mikorisasw­amme in ’n plantworte­l.
FOTO: WIKIMEDIA BO: ’n Vergrote foto van arbuskulêr­e mikorisasw­amme in ’n plantworte­l.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa