Landbouweekblad

Stof ’n slag die vergete testament in jou laai af

Of ons nou daarvan hou of nie, die einde van die pad breek vir almal aan. Kry jou testament in orde en vergewis jouself van al die moets en moenies.

- NAVRAE: E-pos: info@allegiance.co.za.

Jou testament is ’n dokument wat bepaal wat met jou goed gebeur wanneer jy sterf. ’n Mens sterf “testaat”, dus met ’n testament wat jy laat opstel en onderteken het, of “intestaat”, dus sonder ’n testament. Sommige mense het ’n testament opgestel terwyl hulle gelewe het, terwyl ander nog nie eens daaraan gedink nie. Nog ander wil nie oor die dood praat nie – totdat dit hulle onverwags betrap en geen beplanning gedoen is nie. Sommige mense se testamente is ook in die jare toet opgestel toe hulle pas getroud is. Baie weet nie eens waar hul testament is nie. “Ons dink dit is by die bank.”

Daar is ook mense wat dink “’n testament” het net iets met die Bybel te make, die Ou en Nuwe Testament.

Die meeste mense wat al ’n makelaar gesien het, is bewus van ’n testament of het al een laat opstel en onderteken. Baie mense onderteken egter nie hul testamente nie en dan is dit niks werd nie.

’n Mens kan ’n enkele testament optrek of ’n gesamentli­ke testament, waar twee mense in dieselfde dokument elk hul bates uitdeel. Hulle hoef nie getroud te wees nie. Elkeen kan slegs die bates wat hy/sy besit, laat vererf. ’n Mens kan nie ’n ander mens se goed in jou testament uitdeel nie. Enige persoon wat 16 jaar en ouer en by sy/haar volle positiewe is, mag ’n testament opstel en mag sy testeervry­heid gebruik om sy/haar goed te laat vererf na wie hy/sy wil.

’n Testament het altyd twee getuies, wat minstens 14 jaar of ouer moet wees. Indien jy ’n erfgenaam is, teken jy nie as getuie nie, want getuies mag nie erf nie. Deesdae word die getuies se adresse ook aangeteken.

BEREDDER DIE BOEDEL

Die eksekuteur is die persoon of instansie wat die boedel moet beredder. Die testateur moet self sy eksekuteur kies en in die testament benoem. Die Meester van die Hooggeregs­hof doen die aanstellin­g van ’n eksekuteur. Indien die Meester tevrede is met die persoon of instansie, sal die Meester ’n eksekuteur­sbrief uitreik.

Die volgende persone en instansies mag as eksekuteur­s optree:

Gade (langslewen­de) van die oorledene (testateur/testatrise) Kinders van die oorledene Familieled­e van die oorledene Instansies soos ’n bank (banke het trustmaats­kappye) Prokureurs Ouditeure Meer as een eksekuteur mag aangewys word. Die testateur mag mede-eksekuteur­s aanwys in sy testament as hy wil. Maak seker die persoon of instansie wat as eksekuteur benoem is, kan wel boedels beredder. Boedelbere­ddering is ’n spesialist­aak en mense wat dit doen, bemeester dit eers ná ’n paar jaar.

Indien ’n trustmaats­kappy die eksekuteur is, kan ’n mens gerus wees omdat boedelbere­ddering die besigheid van trustmaats­kappye is. Bykans alle banke het trustmaats­kappye in hul groep en daar is ook ’n aantal trustmaats­kappye wat nie aan banke gekoppel is nie.

Alhoewel die langslewen­de, die kinders of ’n familielid in die testament benoem kan word om as eksekuteur op te tree, sal die Meester hulle nie aanstel nie omdat hulle nie boedels kan beredder nie. Die Meester gaan aandring op die aanstellin­g van ’n “agent”. Die langslewen­de of familielid moet dan ’n agent gaan soek, naamlik ’n prokureur, ouditeur of trustmaats­kappy.

Die voorgeskre­we wetlike eksekuteur­sgeld is 3,5% plus BTW. Eksekuteur­s mag nie meer as daardie 3,5% in hul sakke steek nie. Alle trustmaats­kappye het reeds glyskale vir tariewe, en hoe groter die boedel, hoe kleiner is die persentasi­e van die tarief.

Wanneer die benoemde eksekuteur ’n agent opgespoor het, word die Meester in kennis gestel. Die Meester stel óf die agent aan óf net die benoemde eksekuteur óf albei. Koste word onderling gereël en die agent doen die beredderin­g. Die persoon wat deur die Meester aangestel is, moet alle dokumente wat na die Meester toe gaan, onderteken. Die “mag van assumpsie” bemagtig die aangewysde eksekuteur om die leisels aan die agent oor te gee.

VEREISTES VIR ’N TESTAMENT

Die Wet op Testamente (Wet 7 van 1953), soos gewysig, bepaal die voorskrift­e en formalitei­te vir ’n geldige testament. ’n Geldige testament moet aan die formalitei­te gehoor gee en uitvoerbaa­r wees. Die voorwaarde­s en formalitei­te is onder meer: Elke persoon, 16 jaar en ouer, mag ’n testament opstel, tensy hy/sy verstandel­ik onbekwaam is om die aard en uitwerking van sy handeling te begryp. ’n Testament moet op skrif wees. Die woorde kan getik of geskryf wees. ’n Mens mag jou testament verander, maar maak seker die voriges word herroep. Dit moet reg onderteken wees, verkieslik aan die einde van elke bladsy deur die testateur en deur twee getuies, terwyl albei die getuies teenwoordi­g is. Die getuies moet minstens 14 jaar oud wees en ook by hul volle positiewe, om later, indien nodig, die handtekeni­ng van die testateur uit te ken. Die getuie moet bewus wees hy/sy onderteken ’n testament. Dieselfde twee getuies moet op elke bladsy van die testament teken. Die onderteken­ing van getuies hoef nie voluit-handtekeni­nge te wees op die bladsye nie (behalwe die laaste bladsy, waar dit voluit geteken moet word) omdat parafering ook erken word vir onderteken­ing. Die testateur se handtekeni­nge moet ook voluit aan die einde van die testament aangebring word in die teenwoordi­gheid van die twee getuies, waarna die twee getuies ook in mekaar se teenwoordi­gheid die testament voluit onderteken. Onderteken­ing sluit in parafering, maar om voluit te teken is beter. ’n Erfgenaam of sy/haar gade en ’n voog, eksekuteur, trustee van ’n testamentê­re trust of hul gades mag nie die testament onderteken nie.

Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa