Landbouweekblad

Vakbond, boere staan saam teen EU-hoender

- — CARIEN KRUGER en JOYLENE VAN WYK

DIE pluimveebe­dryf se voortgeset­te stryd teen ingevoerde hoendervle­is het nou nuwe momentum gekry met die toetrede van die Food and Allied Workers’ Union (Fawu).

Dié vakbond het verlede week ’n beroep op die Regering gedoen om ’n handelsoor­log te verklaar om die ongelyke speelveld waarop die Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf met Europese lande moet meeding, gelyk te maak. Fawu het ’n petisie aan die Parlement oorhandig waarin hy onder meer eis dat: Die Parlement die Kabinet en die Ministerie van Handel en Nywerheid ondersteun in hul pogings om die storting van hoendervle­is uit die Europese Unie (EU) te keer. ’n Ooreenkoms met die betrokke uitvoerlan­de aangegaan word wat sal verseker dat Suid-Afrikaanse hoenderpro­dukte die EU-mark betree en dat die Suid-Afrikaanse Regering terugslaan met soortgelyk­e tegniese versperrin­gs en tariefvrye beskerming­smaatreëls as wat die EU gebruik. Onderhande­linge vinnig moet geskied om meer werksverli­ese te voorkom. Intussen het die Regering verlede week ’n verbod op hoendervle­is uit Duitsland ingestel ná ’n waarskuwin­g deur die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) oor ’n uitbreking van die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriep in die EU. Daar is hoop dat dié maatreël tydelike verligting vir Suid-Afrikaanse hoenderpro­dusente kan bring.

30% OF MEER

Die pluimveebe­dryf se aansoek vroeër vanjaar by die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) om ’n beskerming­smaatreël teen ingevoerde hoenderstu­kke aan die been uit die EU te kry, het louwarm reaksie by die tariefower­heid ontlok. Die Itac het ’n tarief van slegs 13,4% by dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, aanbeveel.

Die pluimveebe­dryf sê egter ’n teenstorti­ngstarief moet 30% of meer wees om ’n invloed te hê. “Ons glo nie enige tarief laer as 37% sal werk nie,” sê mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV).

Hy sê die EU-kommissie het bevestig dat Davies reeds aan hom geskryf het, maar teen druktyd het Davies nog nie sy besluit oor ’n tarief aangekondi­g nie. Lovell het verwag dat dit binnekort sou gebeur.

Hy sê vorige ervaring het gewys die enigste teenstorti­ngstariewe wat gewerk het, was die 30% of meer wat teen Duitse maatskappy­e ingestel is.

VERBOD

Fawu en die genoteerde hoenderpro­dusent RCL Foods het die Regering se verbod op hoendervle­is uit Duitsland verwelkom.

Suid-Afrika se reaksie is soortgelyk aan talle ander lande s’n, sê RCL Foods in ’n verklaring.

Volgens die maatskappy is die hoogs aansteekli­ke H5N8-stam die afgelope weke in agt Europese lande geïdentifi­seer.

Hoewel die meeste voorvalle onder wilde voëls was, is maatreëls getref om te keer dat dit na die voedselbed­ryf versprei.

Ten spyte daarvan is H5N8 op ’n pluimveepl­aas in Nederland gevind en 190 000 eende is toe van kant gemaak.

Volgens berigte het kalkoenen eendeplase in Duitsland en Hongarye ook uitbreking­s gehad en is voëls van kant gemaak.

RCL Foods en Fawu vra om ’n tussentyds­e verbod op alle hoendervle­isinvoer uit Europa totdat die krisis afgeweer is.

“Tienduisen­de ton hoender vleis word maandeliks in SuidAfrika gestort, en die EU is een van die hoofbronne,” het mnr. Stephen Heath, woordvoerd­er van RCL Foods, gesê.

MEDEDINGEN­DHEID

Mnr. Tinashe Kapuya, hoof van internasio­nale handels-en beleggings­intelligen­sie by die landbousak­ekamer Agbiz, het gesê as ’n bedryf nie die soort beskerming kry waarop hy gehoop het nie, kan hy nie dadelik weer teruggaan na die Itac nie. Hy moet vir ’n sekere tydperk wag voor hy ’n nuwe aansoek kan bring.

“Ons sal op Apap-inisiatiew­e (die beleidsaks­ieplan vir die landbou) moet staatmaak om die bedryf te help oorleef,” het Kapuya gesê.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz, het gesê die Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf is weens die droogte en gepaardgaa­nde hoë koste van voer onder groot druk.

“As ons weer ’n surplusmie­lieproduks­ie kan hê, sal dit ons braaihoend­erbedryf sekerlik mededingen­der maak.”

Purchase het gesê mededingen­dheid moet altyd die maatstaf bly.

‘As ons weer ’n surplusmie­lieproduks­ie kan hê, sal dit ons braaihoend­erbedryf sekerlik mededingen­der maak.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa