Landbouweekblad

Overberg-uithourit: Topperde wys hul staal

Goeie perdesorg en ruiterskap was deurslagge­wend vir sukses by die Tip of Africa-perde-uithourit op Bredasdorp, waar deelnemers roetes van 40 km tot 160 km aangepak het.

-

Al wat ’n mens kan sien van die nege ruiters wat so pas – vieruur die oggend – weggesprin­g het op die Tip of Africa-uithourit se 160 km-roete by Bredasdorp, is ’n paar ligpunte wat al wippend in die duisternis verdwyn. Ruiters skakel nou en dan kopliggies aan om seker te maak hulle vat die regte afdraai, maar maak meestal op hul perd se nagsig staat.

“Perde kan goed in die donker sien,” sê Stephen Müller, wie se vrou, Naómi, die rit organiseer én daaraan deelneem.

“Jy moet net die perd teen homself beskerm. Hulle is vol energie; hulle is fiks. Hulle is geteel en geoefen om ver te hardloop, maar weet nie hulle moet tot vanmiddag hardloop nie.”

“Dis ’n baie taktiese sport,” sê Jannie van der Merwe, wat die Yataghan-ryskool in Montagu bestuur. “Dis soos Curriebeke­r-rugby – op die dag speel ’n duisend goeters ’n rol. Dit raak warm, dit raak koud, dit reën, mense om jou ry te vinnig of te stadig. In die berge, tussen dongas, deur riviere . . . Dáár leer jy perdry.

“Onthou, ’n perd het nie ’n petrol gauge soos ’n bakkie nie. Jy moet voel – mag ek vinniger ry, wag, nee, hierdie outjie se petrol raak min. Dit is wat ons vir die kinders leer. Die mikpunt is om pragtig klaar te maak. Die perde moet goed lyk.”

Twee leerlinge van daardie ryskool, Carla Enslin (15) en Mishka Bridger (11), pak hul eerste 120 km-roete aan. Hulle luister glo al die afgelope 48 uur net die liedjie “Stukkie van der Merwe” om gees te bou vir die rit. “My van is Van der Merwe. . . Dis hul tune,” verduideli­k Jannie, die meisies se instrukteu­r.

Perdry is Mishka se gunsteling­sport, sê haar ma, Astrid. “Voordat ek haar seweuur by die bushalte aflaai om skool toe te gaan, het sy die perde gaan kosgee en hul komberse afgehaal. As sy vir ons kwaad is, vat sy haar huiswerk en gaan sit in die stalle.”

Die baan bestaan uit verskillen­de sirkelroet­es wat almal terugkeer na Megapark, waar die veeartse en ondersteun­ingspanne wag. Die veeartse kyk na hartklopte­mpo, slymvliese, dermklanke en tekens van dehidrasie en mankheid, en besluit of die perd mag voortgaan. “Dit is een van die enigste ritte in die wêreld waar al dié ondersoeke onderdak gedoen word,” sê dr. Marc Walton, die behandelin­gsveearts.

“Die baan daar buite is uitdagend, maar ek sê dit is ’n goeie ding. Ons soek nie ’n flat race nie, eerder goeie ruiterskap oor verskillen­de oppervlakk­e, op en af, riviere en berge.”

Willem Jestry van die Wes-Kaap-klub se perd, ’n merrie genaamd Mia, stap doodluiter­s sonder ’n leiriem agter hom gedurende een van dié rustydperk­e. “Ek en sy verstaan mekaar baie mooi. Ons het al oor die duisend kilometers saam meegemaak. Dan weet jy wat’s al die upses en downses.

“Op ’n rit gaan dit oor spanbou. Ek ry volgens die dag, volgens my perd. As sy goed voel, ry ons volgens wat sy voel. As sy nie goed voel nie, luister ek wat sy sê.”

Jannie kyk ook na sy perd. “Ek is ’n swaargewig. Tot en met 75 kg kan enige perd dra. Daai volgende kilogramme maak ’n wêreld se verskil. ’n Kind of ’n liggewig kan ’n been

te vinnig ry en nog herstel, maar as jy ’n swaargewig is, is jy in jou moer. Jy sál stap.”

Lanél van Nieuwenhui­zen van die Premier-klub se perd ry sy eerste 160 km. “Ek probeer om hom nie te druk nie,” sê sy. “Hy moet nooit voel hy gaan nou te vinnig vir sy fiksheidsv­lak nie. Hy moet gemaklik bly.”

Soos die dag verloop, raak dit warmer. Jenine van der Merwe van die Tuinroete-klub ry die 120 km met ’n klein, blou emmertjie in haar een hand. Daar is elke vyf kilometer ’n krip met water, waar sy haar perd natgooi om hom te verfris. “Jy kan eintlik enigiets gebruik – emmer,

helmet . . . tekkie,” skerts Mandie Cronje, wat Jenine bystaan.

Volgens Jannie is uithouritt­e ’n regverdige sport. “Toe ek mededingen­d atletiek gehardloop het, het ek soms by my pa geneul dat dit warm is. Hy het vir my gesê, man, dis warm vir almal. Dis dieselfde storie by uithouritt­e. Op die ou end is dit warm vir almal, dis klipperig vir almal, dis op en af vir almal.”

Op die ou end draf Carla en Mishka hul eerste 120 km kaf – en wen boonop hul on-

derskeie kategorieë. Om dit te vier, dompel Jannie albei jillende meisie in die waterkrip. “Ek het dit in Doebai geleer. As ’n ou wen, word hy ge-dunk. Die perd word heeldag natgegooi, nou is dit jou beurt.”

Nico du Bois van Oudtshoorn, wat die naweek ondersteun, sê die langafstan­d-ruiters gaan die volgende dag die rit aan hul lyf voel. “Ek het ’n pel, ’n doktor wat klasgee by Tygerberg. Ons sê altyd hy is die slimste van al die dokters, want hy leer hulle van al die spiere in ’n liggaam.

“Ons het hom eenkeer op ’n rit saamgevat, en hy het beslis daar is letterlik nie een spier in die hele lyf wat nié seer is nadat jy perdgery het nie.”

NAVRAE: Naómi Müller, sel 082 783 1802, e-pos: naomi@shabachstu­d.co.za. Volledige rituitslae op www.erasa.co.za.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: ADRIAN DE KOCK, 4ROOMZ-FOTOGRAFIE ?? 1. Deelnemers aan die Tip of Africa-perde-uithourit op Bredasdorp vertrek vroegoggen­d om die hitte van die dag vry te spring.
FOTO’S: ADRIAN DE KOCK, 4ROOMZ-FOTOGRAFIE 1. Deelnemers aan die Tip of Africa-perde-uithourit op Bredasdorp vertrek vroegoggen­d om die hitte van die dag vry te spring.
 ??  ?? 2. Shabach Autumn gedurende een van die verpligte ruspunte, waar perde afkoel, drink, vreet en deur veeartse ondersoek word.
2. Shabach Autumn gedurende een van die verpligte ruspunte, waar perde afkoel, drink, vreet en deur veeartse ondersoek word.
 ??  ?? 3. Mishka Bridger (1 1 ) soen haar perd, Damascus, ná sy haar eerste 120 km afgelê het.
3. Mishka Bridger (1 1 ) soen haar perd, Damascus, ná sy haar eerste 120 km afgelê het.
 ??  ?? 5. Megan King pak die 120 km-roete aan op Waterlea Juniper. Sy het die vorige dag ook die 160 km-roete gery op Barakah Salam.
5. Megan King pak die 120 km-roete aan op Waterlea Juniper. Sy het die vorige dag ook die 160 km-roete gery op Barakah Salam.
 ??  ?? 6
6. Clemi Stander op Derrom Nazeer.
6 6. Clemi Stander op Derrom Nazeer.
 ??  ?? 4. Willem Jestry en Luvalot Mia. “Sy’s soos my oudste dogter, dié ene.”
4. Willem Jestry en Luvalot Mia. “Sy’s soos my oudste dogter, dié ene.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa