Lewensredder of ‘slangspoeg’?
Die gefragmenteerde regulering van dieremedisyne in SuidAfrika laat boere weerloos teen kansvatters wat ongeregistreerde middels verkoop. JOHAN VAN DER MERWE berig.
DR. GERHARD VERDOORN ,direkteurvan die Griffon-gif inligtingsentrum en konsultant van die Suid-Afrikaanse Diere gesondheid s vereniging( S AD GV) i sop die oorlogspad teen die gebruik van medisyne wat nie deur behoorlike toets-en registrasie prosesse goedgekeur is nie–die veterinêre ekwivalent van vitamien aanvullings en homeopatiese middels wa tas medisyne bemark word.
Verdoorn het verlede Januarie ’n klag by verskeie owerhede ingedien teen Disease C ontrol Africa (DCA), ’n veeartseny praktyk en navorsings fasiliteit in Pretoria wat entstowwe ontwikkel en versprei. Hy voer aan DCA vervaardig ongeregistreerde entstowwe wat sonder ’n permit vervaardig word en as veemedisyne oor ’n toonbank verkoop word.
Dr. Daan Goosen, ’n veearts en eienaar van DCA, sê egter dit is nie nodig om hul produkte te registreer nie, want dit word nié oor die toonbank verkoop nie. Koöperasies behartig bloot die administrasie van transaksies tussen boere en sy maatskappy.
“Boere van regoor die land kontak ons met ’n probleem en dan gaan sien ons hulle, stel ’n entstof met ’n voorskrif saam en stuur dit aan hulle. Ons verskaf doelgerigte samestellings aan boere om siektes en plae aan te pak,” sê hy.
LEWENSREDDER
Mnr. Martin Marais, ’n skaapboer van Victoria-Wes, sê as dit nie vir dr. Goosen was nie, sou hy lankal nie meer geboer het nie.
“In 2010 het ek ’n geboortepersentasie van 50 gehad. Ek het daardie jaar skaars 30 hammellammers uit 500 teelooie verkoop. Uit desperaatheid het ek dr. Goosen gekontak.
“Hy was seker vyf maal op die plaas, het monsters geneem en vir my entstowwe ontwikkel. Vanjaar het ek ’n geboortepersen- tasie van bykans 140 en gaan verseker ’n speenpersentasie van meer as 100 hê,” sê hy.
DOELTREFFEND
Verdoorn waarsku egter die gebruik van sulke middels hou groot gevaar in in gevalle waar hulle nie werk nie.
“Dit stel kuddes aan siektes bloot wat met geregistreerde middels onder beheer sou wees. Daar is ’n sterk vermoede dat sommige siekte-uitbrekings aan die gebruik van ongeregistreerde, ondoeltreffende middels toegeskryf kan word.
“Aanmeldbare siektes, soos slenkdalkoors, brucellose en Afrika-perdesiekte, asook gevaarlike siektes, soos bloutong en knopvelsiekte, kan buite beheer epidemies raak as boere dit met ongeregistreerde entstowwe probeer bestuur.
“Wet 36 van 1947 is ondubbelsinnig oor veemiddels. Dit bepaal dat enige middel wat aangebied word om enige siektetoestand van enige dier te diagnoseer, voorkom of behandel, as ’n veemiddel geag word. Die wet vereis dat sulke middels geregistreer moet wees.
“Ongelukkig word veterinêre medisyne ook onder Wet 101 van 1965 gereguleer met dieselfde definisie. Wet 101 maak voorsiening dat veterinêre medisyne deur ’n veearts saamgestel (compounded) mag word vir ’n pasiënt (een dier of trop diere op een perseel) sonder dat daardie medisyne geregistreer is. Sulke saamgestelde medisynes mag egter nie oor die toonbank verkoop word nie.
“Dan is daar ook die direktoraat dieregesondheid by die Departement van Landbou (Wet 35 van 1984) wat beheer uitoefen oor die skep, gebruik en toediening van biologiese organismes, soos entstowwe wat nie geregistreer is nie.”
Dié wet vereis dat mense wat werk met mikro-organismes wat dieresiektes veroorsaak, ’n permit van die minister moet hê.
STOMGESLAAN
Verdoorn het hom tot al drie dié owerhede gewend – die registrateur van Wet 36, die Medisynebeheerraad, die direkteur van dieregesondheid én die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad. Die registrateur van Wet 36 het laat weet dit is buite hul mandaat, en die ander twee het hom nooit geantwoord nie.
“Die Veterinêre Raad meen die saak is afgehandel (case dismissed), want die aangeklaagde (DCA) het opgetree ingevolge Artikel 7 (2) van Wet 36.
“Ek was stomgeslaan. DCA het die mislukking van Onderstepoort Biologiese Produkte gebruik om die tekorte aan OBP-entstowwe met hul slangspoeg aan te vul,” sê hy.
In ’n ander saak, wat tans op die Nasionale Vervolgingsgesag vir ’n verhoordatum wag, word mnr. At Venter van Eko Veedosering, wat die Eko Waterkripdosering-tablette versprei, deur die Plantbeskermings- en Dieregesondheidsvereniging (Avcasa) aangekla dat hy ongeregistreerde veemedisyne versprei. Volgens Venter is dit lagwekkend.
“Ek het al sewe maal sedert 2009 aansoek gedoen om registrasie, maar die aansoeke word nooit deur die betrokke departemente verwerk nie,” sê hy.
Daar is ’n sterk vermoede dat sommige siekte-uitbrekings aan die gebruik van ongeregistreerde, ondoeltreffende middels toegeskryf kan word.