Landbouweekblad

Klein begin gee groot gewin

Annelise Stofberg van die plaas Eendracht in die distrik Worcester se koekies en beskuit is net so lekker as wat dit mooi is. Die ondernemin­g het met ’n gewone oond in haar plaaskombu­is begin. Vandag gebruik sy sowat 1 ton meel per maand en sy verskaf wer

-

Hoekom het jy besluit om ’n bakonderne­ming op die been te bring?

Ek het op Koës in Namibië grootgewor­d en was op my dag ’n maatskapli­ke werker. Dit gaan vir my oor wat jy met mense kan doen. Mercia Maarman het vir my kom werk en ek het eendag vir haar ’n resep gegee om soetkoekie­s te bak. Dit het perfek uitgekom. Ek het besef daar is ’n geleenthei­d vir haar. Ons het begin koekies bak en dit as geskenke weggegee. Later het ons by skole pannekoeke, koeke en kleinkoeki­es gebak en verkoop. Iemand het ’n padstallet­jie naby ons oopgemaak en ons het daar begin koekies afgee. Ek het ’n mark besoek en daarna vir Mercia gesê ek glo ons kan dit probeer. Ons het koekies op die Worcester-kersmark begin verkoop en dit was ongeloofli­k suksesvol. Bestelling­s het begin instroom.

Vir hoeveel mense gee jy werk?

Hier werk 10 vroue van die omgewing. Hulle is meesal jonk, nog onder 30. Hulle floreer hier en dis vir my wow! Ek laat so baie verantwoor­delikhede aan hulle oor. Ek glo dat as jy iemand iets gee om te doen, eerder as om die hele tyd liefdadigh­eid uit te deel, verhoog jy hul menswaardi­gheid. Dis die onderligge­nde lekkerte van wat ek doen: Ek skep vir mense geleenthed­e, want ons resepte is vir hulle beskikbaar en hulle kan hul eie besighede daarmee begin.

Hoeveel koekies en beskuit bak julle nou?

Ek koop elke week tussen 200 kg en 250 kg meel. Ons verkoop ook 30 kg meel se roosterkoe­ke op Saterdae by die Groenstoor-mark op Worcester. Ons lewer aan winkels oor die hele land – van Paternoste­r tot Welkom. Ek probeer nuwe markte ontwikkel sodat daar genoeg werk vir al die vroue is. Ons was byvoorbeel­d baie stil vir drie maande van die jaar, maar toe besluit ek om produkte by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees te gaan verkoop sodat die vroue deur die hele jaar werk het.

Ontwikkel jy self jou resepte?

Ek is nie ’n bakker nie, nee. Ons gebruik my ma se resepte. Sy’t altyd kleinkoeki­es gebak en ons kinders soggens om 05:00 wakker gemaak om te help gemmerkoek­ies uitrol.

Van waar af bedryf jy die ondernemin­g?

My huis op die plaas Eendracht. Ek moes selfs al ’n slaapkamer in ’n kantoor omskep. Ons bak in my kombuis en verpak in ’n ander vertrek. Ek het met ’n gewone Defy-stoof begin. My pa het in ’n stadium vir my en my susters elkeen R5 000 gegee waarmee ek ’n waaieroond gekoop het. Later het ek ’n industriël­e oond gekoop, waarvan ek nou drie het.

Wat was jou struikelbl­okke op pad na sukses?

Finansieri­ng was nogal moeilik. Ek het lank net my spaarreken­ing gebruik, maar het baie belasting betaal en kon nie geld leen om ’n stoof te koop nie. Ek het later die raad gekry om ’n maatskappy te stig. Ek het nie ’n sake-agtergrond nie en voel soms ek het ’n gebrek aan kennis oor hoe om vorentoe te gaan as ek die ondernemin­g wil uitbrei.

Hoe onderskei jy jou produkte van al die ander koekies en beskuit op die rak?

Mercia sê altyd dis al die liefde waarmee ons bak wat ons produkte laat uitstaan. Ons skeep nie af nie. Die produkte se voorkoms en hoe dit in die verpakking lyk, is ook vir ons baie belangrik. Mense sien dit raak – dis mooi genoeg om as geskenke te koop.

Watter raad het jy vir ander vroueentre­preneurs?

Begin met wat jy het en met dit wat jy kan doen. Ek het nie nodig gehad om enigiets aan te koop aan die begin nie. Namate die ondernemin­g gegroei het, het ek my infrastruk­tuur uitgebrei.

Hoe meet jy jou sukses?

Groot winste is nie noodwendig die sukses van my besigheid nie, maar die koekies en beskuit het darem my vier dogters se studie betaal. Ek is nie ’n langtermyn­beplanner nie, maar ek gryp geleenthed­e aan en beoordeel elke situasie voordat ek ’n besluit neem.

Het jy al belangrike sakelesse geleer?

Ek wil nie dweep nie, maar ek het geleer hoe getrou God is. Ek het ook agtergekom hoe baie potensiaal mense het. Ek sal aanhou met die ondernemin­g net om nie die werknemers in die steek te laat nie.

Hoe lyk die toekoms van jou ondernemin­g?

My groot behoefte is ’n koekiepakh­uis met mooi geriewe vir die werkers om byvoorbeel­d middagete te eet. Dit sal lekker wees as my kinders kan kom kuier en ons val nie oor die bokse koekies in die huis nie.

NAVRAE: Me. Annelise Stofberg, e-pos: eendracht@breede.co.za.

 ??  ?? Annelise Stofberg en Mercia Maarman met ’n plaat varsgebakt­e beskuit.
Annelise Stofberg en Mercia Maarman met ’n plaat varsgebakt­e beskuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa