Landbouweekblad

Plaasplann­e met plastiek

Toe mnr. Danie Jonker voer- en waterkripp­e nodig gekry het, het hy verkies om dit self van herwonne plastiek te maak. Dit het gou ’n groot vraag by boere geskep en vandag bedryf hy en sy familie ’n ondernemin­g wat krippe en ander plaastoeru­sting vervaardi

- NAVRAE: Mnr. Danie Jonker, sel 084 805 2484; e-pos: wellfed.krippe@gmail.com.

Wat begin het as ’n eksperimen­t om voerbakke van herwonne plastiek te maak, het soveel belangstel­ling ontlok dat ’n veeboer vandag plaastoeru­sting, soos water- en kruipvoerb­akke, vervaardig.

Die lewe het aanvanklik ’n ompad gestap met mnr. Danie Jonker van Lichtenbur­g, wie se drome om oorsee rugby te speel deur ’n besering gekelder is.

Ná werkservar­ing in die buiteland het hy teruggekom Suid-Afrika toe om by sy pa, wyle mnr. Robert Jonker, se eiendomson­derneming in Lichtenbur­g te werk. Daar het hy ervaring in bemarking opgedoen.

In dié tyd het hy begin om as skeidsregt­er in plaaslike rugbywedst­ryde op te tree. Hy het sedertdien al in meer as 300 wedstryde die fluitjie geblaas.

Toe die resessie sy kop uitsteek en die verkoop van eiendomme stoom verloor, het Danie begin om met speenkalwe­rs te spekuleer en speenvarki­es vet te maak en te verkoop. Vandag boer hy ook by Lichtenbur­g op klein skaal met vleisbeest­e op die plaas van sy ma, me. Sanet Jonker, ’n kunstenaar.

VOER- EN WATERBAKKE

Dis waar die gedagte van krippe ontstaan het. Sy skoonpa, mnr. Willem Lewis, en swaer, mnr. Gavin Lewis van Klerksdorp, het ’n ondernemin­g wat gebruikte plastiek herwin en iets nuuts daarvan maak; grootliks pype en ander toerusting vir die myne. Die plastiek word op ashope ingesamel en by mense gekoop wat daarmee smous. Hulle ry dit met vragmotors aan. Dan word dit gesorteer volgens onder meer die verskillen­de soorte, gehalte en hardheid en dan gemaal, gewas en gedroog. Daarna word dit gesmelt en in

vorms gepers om die verskillen­de produkte te vorm.

In ’n stadium het Danie voer- en waterkripp­e vir sy vee nodig gehad. Hy en Willem

Heelparty boere het belang gestel nadat krippe op ’n veiling uitgestal is . . . Toe het Danie dit op groter skaal begin vervaardig en verkoop.

het een Saterdag koppe bymekaarge­sit en ’n paar voerbakke gemaak. Toe Danie sien hoe sterk die krippe is, het hy besluit om dit te bemark en ’n paar krippe op ’n veiling uitgestal. Heelparty boere het belang gestel en daarvan gekoop. Toe het hulle dit op groter skaal begin vervaardig en verkoop.

Willem het in daardie stadium reeds vorms gehad waarin dreinpype vir die myne gegiet word. Dié pype is halfmaanvo­rmig en oop aan die bokant. Hulle sit ’n voetstuk aan sodat dit vanself kan staan. Deur die oop kante toe te maak, vorm dit ’n krip vir water of voer.

VERSKILLEN­DE PRODUKTE

Danie-hulle vervaardig nou verskillen­de soorte en groottes krippe in Willem en Gavin se fabriek halfpad tussen Klerksdorp en Ventersdor­p. Al verskil tussen die water- en voerkrippe is dat die waterkripp­e geseël word met plastiek en van ’n balklep en dakkie booor die balklep voorsien kan word om dit teen die elemente en vee te beskerm.

Opsioneel kan Danie ook ’n raamwerk bo-oor ’n voerkrip aanbring om bok- en skaaplamme­rs uit die voer te hou.

Met die droogte het hulle ook ’n kruipvoerb­ak ontwerp met afskorting­s sodat net die lammers kan vreet; nie die ooie nie. Danie het dit ontwerp nadat ’n boer vir hom gesê het ’n gewone bak binne ’n kruipvoerh­ok vir kleinvee kan lammers leer om deur draad te kruip. Die bak kan tot met speenouder­dom gebruik word, wat dus speenskok aansienlik verlaag. Die lammers pas dan vinnig in ’n voerkraal aan.

Hulle het ook voer- en -waterbakke vir gebruik by skoue, hondebakke, wiele, voerringe, heinings en verskeie ander produkte ontwerp – alles van duursame, herwonne plastiek.

Só vervaardig hulle vandag nuttige produkte uit afvalmater­iaal wat andersins verlore sou gaan en die omgewing sou besoedel.

Die pryse van die waterkripp­e begin by R400, die voerbakke kos vanaf R300, ’n skoubak wat hang, kos R250 en wiele kos vanaf R50.

 ??  ?? cvanrooy@landbou.com BO: ’n Skoubak. Dit kan vir water of voer gebruik word wanneer ’n boer sy bokke of skape op ’n skou vertoon. Dit werk ook goed in lammerhokk­e.
LINKS: Mnr. Danie Jonker by ’n heining wat om ’n huis aangebring word. Dit is een van...
cvanrooy@landbou.com BO: ’n Skoubak. Dit kan vir water of voer gebruik word wanneer ’n boer sy bokke of skape op ’n skou vertoon. Dit werk ook goed in lammerhokk­e. LINKS: Mnr. Danie Jonker by ’n heining wat om ’n huis aangebring word. Dit is een van...
 ??  ??
 ??  ?? 6 1. ’n Groot hoop sagte, herwonne plastiek nadat dit gesorteer, gewas en gekerf is. 2. Harde plastiek word gekerf, gesmelt en in vorms gegiet om verskillen­de plaasprodu­kte te vorm. 3. ’n Klein voerkrip met ’n raam vir skape en bokke. 4. Met dié...
6 1. ’n Groot hoop sagte, herwonne plastiek nadat dit gesorteer, gewas en gekerf is. 2. Harde plastiek word gekerf, gesmelt en in vorms gegiet om verskillen­de plaasprodu­kte te vorm. 3. ’n Klein voerkrip met ’n raam vir skape en bokke. 4. Met dié...
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 5
5
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa