Landbouweekblad

Afrika bly ’n sleutelmar­k

- CARIEN KRUGER

AFRIKA sal na verwagting volgende jaar sentraal bly tot Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer, ten spyte van ’n daling in uitvoer na Afrika-lande.

Afrika verteenwoo­rdig sowat 45% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoer.

Mnr. Tinashe Kapuya (foto), hoof van internasio­nale handelsen beleggings­inligting by die landbousak­ekamer Agbiz, het in ’n aanbieding oor vooruitsig­te vir aanstaande jaar gesê landbou-uitvoer as geheel het in vanjaar se eerste halfjaar weens die droogte gedaal.

Uitvoer na Afrika was 12% laer. In verlede jaar se eerste halfjaar was die waarde meer as 1,9 miljard Amerikaans­e dollar, teenoor sowat 1,7 miljard vanjaar.

Hy het gesê dit was veral uitvoer na Afrika-lande met ekonomieë wat op olie gegrond is, wat geraak is. So het landbou-uitvoer na Angola met sowat 40% geval.

“Dit was ’n besonder slegte jaar vir Afrika-ekonomieë weens die drastiese verswakkin­g van hul geldeenhed­e en die afswaai in kommoditei­tspryse.”

Landbou-uitvoer na Europa, die Amerikas en die Midde-Ooste het gegroei.

EUROPA EN DIE OOSTE

Landbou-uitvoer na die Europese Unie (EU), wat in die eerste helfte van verlede jaar net meer as 1,2 miljard Amerikaans­e dollar beloop het, het in vanjaar se eerste halfjaar met 3% gegroei.

Verdere groei word verwag danksy die nuwe ekonomiese vennootska­psooreenko­ms tus- sen die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) en die EU. Die groei kan egter beperk word deur nuwe sanitêre en fitosanitê­re versperrin­gs. Brexit-onderhande­linge sal waarskynli­k nie ’n invloed op Suid-Afrikaanse uitvoer hê nie, maar sal onsekerhed­e meebring. Vooruitsig­te lyk belowend, veral vir vars vrugte na Asië en die Midde-Ooste. Uitvoer na laasgenoem­de het in die eerste halfjaar met 8% gestyg.

AMERIKA

Landbou-uitvoer na Amerika het in die halfjaar met 11% gegroei, veral kort ná die hernuwing van die Amerikaans­e wet op groei en ontwikkeli­ng in Afrika (Agoa).

Kapuya verwag nie dat Amerika dié wet sal herroep nie en ook nie dat ’n Amerikaans­e administra­sie onder Donald Trump sy verhouding­e met Suid-Afrika en die streek sal verander nie.

“Die verwagting is dat Suid-Afrika op medium- tot lang termyn sy marktoegan­g sal behou, ondanks die moontlikhe­id van buite-siklus-hersiening­s (van Suid-Afrika se Agoa-deelname).”

Kapuya sê hy kry die indruk Amerika sou graag ’n bilaterale ooreenkoms met Suid-Afrika wou hê, maar vir Suid-Afrika en die streek is daar voordele as die SADU met Amerika onderhande­l.

Die invoertari­ef op soja-oliekoek uit die Suid-Amerikaans­e handelsblo­k is met 1,65% verlaag, en kwotas is toegewys vir bevrore beesvleiss­nitte, sojabone en soja- en sonneblomo­lie.

‘Dit was ’n besonder slegte jaar vir Afrikaekon­omieë weens die drastiese verswakkin­g van hul geldeenhed­e.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa