Landbouweekblad

VYF WYNPLASE UITGEWYS OOR ARBEIDSFOU­TE

-

Ná die omstrede Deense TV-program oor die SA wynbedryf is kennisgewi­ngs van arbeidswet­oortreding­s aan vyf wynplase uitgereik. Me. Candice van Reenen, woordvoerd­er van die Departemen­t van Arbeid, sê hulle doen inspeksies van alle werkplekke, maar ook reaktiewe inspeksies wanneer hulle wenke oor oortreding­s kry. “Dit is nie toevallig dat ons op hierdie vyf plase reaktiewe inspeksies gedoen het nie,” het sy gesê.

MAARTEN KRUGER skryf:

Wat maak jy as jy nie geld het om die behuising te herstel nie? Skop jy die werkers uit? Dan oortree jy weer ’n ander wet. Of kan hulle verniet daar aanbly en maak wat hulle wil? Ek is jammer, maar tot ’n trekker wat net op die plaas ry, het nie ’n lisensie nodig nie. Hoekom moet sy bestuurder ’n rybewys hê? ’n Mens moet na jou werkers kyk, ja, maar hier is weer ’n heksejag aan die gang.

BOER skryf:

Die Regering moet ook by die (Nasionale) Vervolging­sgesag aangekla word oor sy behuising wat hy in plakkerska­mpe goedkeur en wat swakker en meer onhigiënie­s is as die swakste behuising op die betrokke plase. Dubbele standaarde is hier van toepassing.

BOER2 skryf:

Wie se verantwoor­delikheid is dit om ’n rybewys te kry? Kan dit asb. vir ons uitgeklaar word? By my was die arbeidsins­pekteur meer bekommerd oor lone as oor die mense wat dalk hulle werk kan verloor. Trouens, sy het nie geskroom om vir die werkers te sê van hulle sal hul werk moet opgee sodat die ander die nuwe voorgestel­de loon kan kry nie. Dit is een groot grap, en ons laat toe dat ons geboelie word.

BOER3 skryf:

Al hierdie twak het reeds in ons omgewing tot gevolg dat landbou-ondernemin­gs meer en meer blanke werkers werf en oplei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa