Landbouweekblad

ROBERTSON-STAKING NÁ 13 WEKE EINDELIK VERBY

- — LUCILLE BOTHA

DIE uitgerekte staking by die bottelerin­gsaanleg Robertson Winery is verby danksy ’n skikkingso­oreenkoms wat vir drie jaar geld.

Luidens die ooreenkoms, wat op 23 November bereik is, sal alle werknemers ’n verhoging van 8% of R400 – watter een ook al die grootste is – ontvang. Die vakunie Commercial, Stevedorin­g, Agricultur­al and Allied Workers’ Union (CSAAWU) het die werkers verteenwoo­rdig.

Mnr. Anton Cilliers, die maatskappy se besturende direkteur, sê die nuwe koste van indiensnem­ing is R4 263,56 per

’n Verhoging van die verbruiker­sprysindek­s (VPI) plus 1,5% word volgende jaar toegestaan, en die VPI plus 1% in 2018.

Sake verloop sedert Maandag 28 November weer soos gewoonlik, sê me. Reinette Jordaan, menslikehu­lpbronbest­uurder.

“Ons het net vier weke oor tot Kersfees, so hierdie is ons besigste tyd van die jaar.”

NUWE BEGIN

Die stakers was fabriekswe­rkers,

en nie plaaswerke­rs nie, soos die CSAAWU soms te kenne gegee het nie. Jordaan sê albei partye is daartoe verbind om verhouding­s te herstel.

“Daar was vir drie maande lank letterlik gevegte. Alles gaan nie oornag weer maanskyn en rosegeur wees nie. Hier en daar is nog spanning en daar is baie wanperseps­ies wat nog uitgesorte­er moet word. Ons gaan waarskynli­k deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddelin­g en Arbitrasie ’n proses volg om

weer verhouding­s op te bou.”

’n Deel van die skikkingso­oreenkoms is dat geen dissiplinê­re stappe teen stakers gedoen sal word nie.

“Ons wil op ’n skoon lei begin,” sê Jordaan.

Volgens Cilliers bly die aanleg toegewyd daartoe om die lewens van al hul werkers te verbeter.

Robertson Winery bied steeds aan sy werkers toegang tot gratis mediese geriewe, behuisings­lenings en subsidies waar dit van toepassing is, asook ekonomiese

bemagtigin­g vir die gemeenskap op ’n breër grondslag.

Landbouwee­kblad het in 2010 berig oor Robertson Winery se inisiatief om die plaas Constituti­on Road na ’n trust oor te dra, waarvan 66% aan 183 vroulike plaaswerke­rs behoort

TYDELIKE WERKERS

Jordaan sê die bottelerin­gsaanleg kon tydens die staking daarin slaag om sy markte te bedien danksy ’n “magdom tydelike werkers”.

“Dit was ’n probleem om sonder die kundiges op die perseel voort te gaan en dinge het stadiger gegaan as gewoonlik, maar ons het dit reggekry. Ons staan in groot dankbaarhe­id teenoor die tydelike werkers. Sonder hulle sou ons baie swaar gekry het.”

Jordaan sê Robertson Winery het baie empatie met die werkers wat gestaak het.

“Die mense het swaar gekry. Om vir drie maande lank nie ’n inkomste te hê nie, is nie ’n grap nie.”

Mnr. Karel Swart, adjunkalge­mene sekretaris van CSAAWU, kon nie teen druktyd vir kommentaar bereik word nie. Die unie het aanvanklik op ’n 150%-verhoging aangedring

Dit kom neer op ’n minimum loon van R8 500 en die unie het geëis dat dit terugwerke­nd vanaf 1 Mei moet geld. Cilliers sê dit was “onwaarskyn­lik en onmoontlik” om te oorweeg.

Robertson Winery het van die begin af ’n 8%-verhoging aangebied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa