Landbouweekblad

REDDINGSPL­AN TREK WEER WEG

-

BELANGHEBB­ENDES in die koringbedr­yf gaan vroeg aanstaande jaar twee indabas hou om oor vordering met herlewings­projekte vir die bedryf te praat.

“Die hele bedryf beleef moeilike toestande, nie net die boere nie,” sê me. Mariana Purnell,

hoofbestuu­rder van Agbiz Grain.

Sy is een van die sprekers by Agbiz se vooruitsko­uing vir volgende jaar.

“Die oorlewing van die plaaslike koringbedr­yf is vir die hele waardekett­ing belangrik, van die produsent tot die verwerker sowel as vir die verbruiker.

“Verskeie veranderin­ge is vanjaar gemaak om boere te help

om koring meer volhoubaar te verbou en om aan ander kwessies in die waardekett­ing aandag te gee.”

Agbiz Grain sal die indabas op 17 Februarie in Pretoria en 21 Februarie by Elsenburg by Stellenbos­ch aanbied.

Dit sal daarop toegespits wees om inligting te gee oor veranderin­ge wat gemik is op die herlemaand.

wing van die bedryf, asook oor nuwe regulatori­ese vereistes wat ’n invloed op die bedryf het.

OPBRENGS

Purnell het gesê die afgelope 20 jaar was kultivarvr­ystellings­vereistes slegs op gehalte toegespits, wat die oorlewing van die plaaslike bedryf bedreig.

Kriteria behoort volgens haar

veel eerder ’n gesonde balans tussen opbrengs en gehalte te handhaaf.

Tans word plaaslike koring van goeie gehalte met ingevoerde koring van swakker gehalte gemeng om die uiteindeli­k produk se gehalte te verhoog, het sy gesê.

’n Nuwe tegnologie­heffing van R25/ton het op 1 Oktober in

werking getree en gaan vir twee jaar geld.

Die heffing sal gebruik word om teling en nuwe tegnologie ten opsigte van koringkult­ivars te bevorder.

Tesame met verslapte kriteria vir die uitreiking van nuwe koringkult­ivars kan dit ’n beter balans tussen gehalte en opbrengs meebring, het Purnell gesê.

SERTIFIKAA­T

Die JSE gaan volgende jaar sy bestaande stelsel met die toevoeging van ’n addisionel­e silosertif­ikaat aanpas, wat die minimumgra­ad van koring sal waarborg.

Purnell verwag dit sal die plaaslike koringprys steun. Mense wat die indabas wil bywoon, kan by die Agbiz Grain-kantoor bespreek by tel. 012 807 3002.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa