Landbouweekblad

Landbou kan Afrika se enjin wees

- JOYLENE VAN WYK

INDIEN Afrika nie self inspring en sy grond op ’n kommersiël­e grondslag bewerk nie, sal die Chinese of Indiërs dit vir hom kom doen.

Dít was mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e hoof van Agri SA, se waarskuwin­g aan kongresgan­gers op die beleggings­indaba vir die landbou in Afrika in Kaapstad.

Suid-Afrika is in ’n ideale posisie om die wegspringp­lek vir Afrika te wees om die “broodmandj­ie” van die wêreld te word. Om dit te vermag, sal dit egter op ’n praktiese manier gedoen moet word, sê hy. Een manier is om swart boere voor te berei om kommersiël­e boere te word.

“Die meeste Afrika-lande het sedert 1965 onafhankli­k geraak.

“Ons is nou 50 jaar verder en ons is nog steeds ’n netto invoerder van kos. Die meeste boere in Afrika is kleinboere. So, iewers maak iets nie sin nie.”

FINANSIERI­NG

Van Zyl sê toegang tot finansieri­ng kelder hierdie boere se vooruitgan­g.

“Hulle kry nie toegang tot finansieri­ng nie, want hulle besit niks. Aangesien hulle nie toegang tot finansieri­ng kry nie, kan hulle niks verseker nie. Dit beteken een haelstorm kan dié boere heeltemal vernietig.”

Dit is om hierdie rede dat boere op ’n kommersiël­e grondslag moet boer.

“Ons het genoeg grond in Afrika om op groot skaal te kan boer. Ons het ook genoeg vaardighed­e in Suid-Afrika om nuwe boere te help om hulle kommersiee­l te vestig.”

Dit is bekend dat baie kleinboere in Afrika deur skenkers gefinansie­r word. Wanneer die skenker-organisasi­es hul geld aan ’n land onttrek, val die boerderypr­ojekte plat.

Van Zyl het gesê die produksiek­oste vir boerdery in Suid-Afrika is R130 miljard per jaar, wat deur banke toegestaan word. Boere kan hierdie roete volg omdat hulle die geld teen hul eiendom kan bekom.

NUWE BOERE

Om nuwe boere gevestig te kry, stel hy voor die Regering moet ’n ontwikkeli­ngsfinansi­eringsfond­s op die been bring en ook toelaat dat die nuwe boere hul grond besit.

Dr. Nigel Chanakira, voorsitter van die Zimbabwies­e beleggings­owerheid, het gesê daar is ’n behoefte in Zimbabwe dat die grond wat die staat vir 99 jaar uitverhuur vir bewerking, gekommersi­aliseer moet word. Hy het gesê die staat het inisiatiew­e om vennootska­ppe met boere te smee ten einde landboupro­duksie in dié land te verhoog.

‘Die meeste Afrika-lande het sedert 1965 onafhankli­k geraak. Ons is nou 50 jaar verder en ons is steeds ’n netto invoerder van kos.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa