Landbouweekblad

’BOERE MOET HUL STORIES VERTEL’

- JASPER RAATS

SLIMFOON-TEGNOLOGIE en sosiale media kan dieselfde vir boerderye doen as wat dit reeds vir kommunikas­ie, vervoer en ander noodsaakli­ke dienste gedoen het.

Dit was die boodskap van die media-entreprene­ur me. Khanyi Dhlomo, uitvoerend­e hoof van Ndalo Media, op die produsente-organisasi­e Subtrop se onlangse bemarking simposium in Nelspruit.

Dhlomo het daarop gewys dat die vervoerdie­ns Uber byvoorbeel­d hand aan hand met sosiale media funksionee­r.

Sy waarsku dat maatskappy­e wat nie só met hul kliënte kontak maak nie, nie in die toekoms gaan voortbesta­an nie.

WEES SOOS UBER

Uber verbind met sy slim foontoepas­sing mense wat vervoer nodig het, met bestuurder­s in private motors. Die koste beloop min of meer dieselfde as ’n taxi, maar geen kontant is betrokke nie. Die slimfoon-toep bereken self die koste en dit word outomaties van die kliënt se kredietkaa­rt afgetrek.

UberFresh en UberEats lewer kos op dieselfde beginsel by kliënte af. Dit kan in die toekoms dus moontlik wee som’ n vars produkte mandjie direk by die boer te bestel.

Om dit reg te kry, gaan boere moet bemark en weet hoe verbruiker­s verkies om hul inligting te kry en watter inligting hulle wil hê. Om bloot ’n produk te adverteer, is nie meer goed genoeg nie; dit gaan oor die storie agter die produk en die verband tussen die produsent en sy mark.

“Mense weet wat hulle wil hê. Hulle wil hoor wat jy, die produsent, daaroor sê, hoe jy dit produseer en hoe jy as boer teenoor die verbruiker ingestel is.”

RELEVANT

Dhlomo sê die sleutel tot bemarking is slimfone en tablette.

“Van die meer as 2 miljoen mense wat Ndalo Media daagliks bereik, vind 70% van die kontak deur sosiale media op mobiele slimtoeste­lle plaas.”

Sy meen boere moet dus hul stories oor sosiale netwerke aan hul teikenmark­te oordra, verkieslik met videogrepe en slim visuele aanbieding­s.

Sy sê om dit doeltreffe­nd te doen, moet boere self bewus raak van wat op sosiale media aangaan en aan maniere dink om hul eie storie en produkte relevant tot die onderwerp van die dag te maak en dit só aan te bied.

Verbruiker­s raak ook al hoe meer gesteld op die onderligge­nde waardes van maatskappy­e en sal eerder ’n produk koop as hulle weet dat die vervaardig­ingsproses met ’n sin van verantwoor­delikheid teenoor werkers, gemeenskap­pe en die aarde bedryf word.

“Dit is die tipe stories wat julle moet vertel,” sê Dhlomo.

‘Mense weet wat hulle wil hê. Hulle wil hoor wat jy, die produsent, daaroor sê.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa