Landbouweekblad

Afrika: Vastelandv­an geleenthed­e, struikelbl­okke

Op lang termyn het Afrika suid van die Sahara heelwat landboupot­ensiaal, maar ’n mens sal genoeg geld van jou eie moet hê om ’n ondernemin­g te begin. Gaan verkieslik na ’n land waar daar reeds ondersteun­ingsnetwer­ke van Suid-Afrikaanse landbou-ondernemin­g

-

Die Suid-Afrikaanse boer bly in sy wese ’n pionier, anders sou Suid-Afrika nie selfvoorsi­enend gewees het wat basiese voedselpro­duksie betref nie. Ongelukkig plaas die Regering se vyandighei­d teenoor kommersiël­e boere dit in gedrang, veral in die lig daarvan dat hy geen ondersteun­ing bied in die nadraai van die ergste droogte in menseheuge­nis nie.

Dit is dan wanneer mense begin gesels en vertel van die potensiaal van die landbou noord van die Limpoporiv­ier waar die klimaat en opbrengste soveel beter is as in Suid-Afrika. Daarby is Suid-Afrikaanse boere glo gesog in sommige ander Afrika-lande.

Zambië spog reeds met etlike honderde voormalige Zimbabwies­e boere (selfs duisend, volgens sommige mense). Hulle voorsien nou mielies aan pres. Robert Mugabe se verhongerd­e land. Daar is ook reeds heelwat Suid-Afrikaanse landboumaa­tskappye wat in Zambië betrokke is – van insetversk­affers tot hoenderboe­rderye en melkverwer­kers, al is party op ’n klein skaal.

Nadat ’n bekende boer onlangs aangekondi­g het dat hy sy boerdery na Zambië gaan diversifis­eer en dat hy goeie indrukke van dié land se regering het, praat almal nou weer oor elders in Afrika gaan boer. Daar is egter ’n paar werklikhed­e wat ’n mens in ag moet neem voor jy so ’n besluit neem.

POTENSIAAL EN KENMERKE

Die landboupot­ensiaal van lande suid van die Sahara is aansienlik. Volgens die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Lanbou-organisasi­e (VLO) is sowat 50% van die wêreld se onbenutte landboupot­ensiaal in die streek. Die streek het ’n hoë reënval en is besonder waterryk. Baie min van die besproeiin­gspotensia­al is al ontgin.

In Zambië begin besproeiin­gsboerdery op kommersiël­e skaal nou aandag geniet. Veral koring kan in die droë seisoen suksesvol verbou en moontlik na Suid-Afrika uitgevoer word. Zambië se mielie- en sojaproduk­siepo-

tensiaal is heelwat beter as Suid-Afrika s’n en vergelyk met van die bestes in die Amerikas. Gegewe die heelwat hoër opbrengste is die produksiek­oste per ton laer en kan gewasse dus taamlik mededingen­d verbou word. Graanprodu­ksie maak dit ook moontlik dat byvoorbeel­d braaihoend­ermaatskap­pye en melkerye voer teen mededingen­de pryse kan bekom.

Puik weiding bied ook die potensiaal om beesvleis goedkoop te produseer. Met ’n goeie naspeurbaa­rheidstels­el behoort boere in Zambië na die Arabiese lande waarheen van Suid-Afrika se voerkrale nou uitvoer, te kan uitvoer.

Ondanks die landboupot­ensiaal en onbenutte grond is Afrika suid van die Sahara die streek met die meeste ondervoede mense ter wêreld. Die VN raam dat een uit drie of vier mense uit die bevolking van bykans 1 miljard ondervoed is. Hoewel die landboupot­ensiaal groot is, beoefen baie mense nog bestaansbo­erdery. Dit is een van groot oorsake van die armoede.

Die ander dilemma is as ’n kind ondervoed is, kan hy of sy nie as volwassene sy of haar volle potensiaal bereik nie weens beperkte verstandel­ike vermoëns. Daardie mens kan nie opgelei word vir hoëvlakwer­k nie.

Volgens Deloitte het Afrika tans die hoogste tempo van verstedeli­king ter wêreld. Ses van die tien lande ter wêreld wat die vinnigste verstedeli­k, is in Afrika suid van die Sahara. Nigerië het tans die negende grootse stedelike bevolking ter wêreld – sowat 80 miljoen mense.

Na verwagting gaan die verstedeli­kingstempo in die streek bly toeneem. Binne die volgende 20 jaar kan heelwat van die wêreld se megastede in Afrika suid van die Sahara wees. Die projeksies wat gedoen is, dui daarop dat die Kaapse metropool en Gauteng twee van die kleinstes in Afrika gaan wees. Nairobi in Kenia gaan groter wees as Gauteng of Kaapstad. Daar sal dan ’n mark wees vir kommersiël­e hoeveelhed­e voedsel op winkelrakk­e.

Afrika suid van die Sahara is tans die streek met die naashoogst­e ekonomiese groeikoers (ná Asië) – 4% tot 5% per jaar. Dit is veel beter is as dié van Suid-Afrika.

Dit beteken dat die inkomste per kop groei en dat die vraag na voedsel, insluitend hoëwaardev­oedsel, in die stedelike gebiede begin toeneem. Dit is egter van ’n lae basis af. Die inkomste per kop in Oos-Afrika (wat hoofsaakli­k Engelsspre­kend is) is sowat een derde van dié van Suid-Afrika. Dit bring ’n ander probleem na vore. Baie van die lande in Afrika suid van die Sahara, soos Angola en Mosambiek, is nie Engelsspre­kend nie en het nie ’n Engelse tipe sakekultuu­r nie, wat dit aansienlik moeiliker maak om sake te doen.

Met die vraag na voedsel in die stedelike gebiede wat vinnig groei en ’n landbousek­tor wat tans hoofsaakli­k uit bestaansla­ndbou en kleinskaal­se boerdery bestaan, sal ’n soort

Met die vraag na voedsel in die stedelike gebiede wat vinnig groei en ’n landbousek­tor wat tans hoofsaakli­k uit bestaansla­ndbou en kleinskaal­se boerdery bestaan, sal ’n soort landbourev­olusie moet plaasvind.

landbourev­olusie moet plaasvind. Dit gaan egter moeilik gebeur met die vlak van kundigheid en entreprene­urskap wat tans in dié lande bestaan. Vandaar die gedagte dat Suid-Afrikaanse boere en verwante ondernemin­gs goeie sakegeleen­thede kan ontgin en dat van die lande wel ontvanklik is daarvoor.

TABEL 1 toon verskillen­de streke in Afrika se verwagte graaninvoe­rbehoefte (koring, rys en mielies) in die komende jaar, soos beraam deur die VLO. Van die invoerbeho­eftes word met voedselhul­p voorsien, maar die verwagting is dat hulp al hoe minder gaan word gegewe die politieke veranderin­ge in Europa en Amerika. Voedselhul­p op sy eie plaas ook ’n demper op die normale werking van markkragte.

STRUIKELBL­OKKE

Teen bogenoemde agtergrond wil baie mense seker al begin pak om die geleenthed­e te gaan benut, maar die sakewerkli­khede in dié lande is glad nie so rooskleuri­g nie. Die Wêreld Ekonomiese Forum doen jaarliks ’n diepgaande, wetenskapl­ike ontleding van die rangorde van 140 lande in die wêreld wat betref die gemak van sake doen en mededingen­dheid, en dui ook aan wat die grootste struikelbl­okke is( TABEL 2 ).

Afgesien van korrupsie wat hoogty vier en burokratie­se rompslomp, is die gebrek aan infrastruk­tuur om landboupro­dukte by die markte te kry, een van die grootste enkele struikelbl­okke vir landboupro­duksie. Dit beteken ook uitvoer is moeilik en duur.

’n Ander probleem is dat jy jou ondernemin­g met jou eie finansieri­ng sal moet gaan vestig, aangesien die verkryging van finansieri­ng ’n ernstige struikelbl­ok is. Die feit dat daar gebrekkige titelaktes op grond is, maak sake ook moeilik.

Nog ’n dilemma wat Suid-Afrikaanse maatskappy­e tans in Afrika-lande ondervind, is die gebrek aan valuta om vir die invoer van byvoorbeel­d onderdele te betaal. Aan die ander kant kan jy ook nie maklik jou valuta uit die betrokke lande neem nie.

Doen dus jou huiswerk deeglik voor jy besluit om elders in Afrika te gaan belê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa