Landbouweekblad

Sterk wortelgroe­i voed wêreld

Die sogenoemde Bruin Revolusie is gemik op die kern van volhoubare voedselpro­duksie. Omnia moedig boere aan om daarvolgen­s aan te pas om ’n voedselkri­sis te voorkom.

-

Teen 2050 moet die wêreld 70% meer voedsel lewer om ’n bevolking van 9 miljard mense te voed. Voedselpro­duksie in ontwikkele­nde lande, soos Afrika, sal selfs moet verdubbel.

In die lig van die groter maatskapli­ke en stedelike aanspraak op landbougro­nd is daar min kans vir uitbreidin­g. Trouens, die voorspelli­ng is dat bewerkbare grond met slegs 70 miljoen hektaar, of minder as 5%, gaan toeneem. Dus is daar ’n oproep vir ’n tweede Groen Revolusie, wat die doeltreffe­ndheid van voedselpro­duksie op ’n volhoubare manier moet verhoog.

Binne die tweede Groen Revolusie het nog ’n revolusie sy ontstaan – die Bruin Revolusie. Die Bruin Revolusie word dikwels as die enigste volhoubare aksie teen ’n wêreldwye voedselkri­sis gesien. Dit wil ’n era inlei vir boere wat net soveel aandag gee aan die verbeterin­g van grondgehal­te as om ’n gewas te verbou. Dit gaan oor verminderd­e bewerkinge n bewarings praktyke wat die grondstruk­tuur en wortelgeso­ndheid behoue laat bly.

Die bewaring van grond en wortelstel­sels is ’n eeue oue saak, soos Mary Beth Albright op National Geographic se webwerf

The Plate (13 Oktober 2015) verduideli­k: “Die Bruin Revolusie is hier. Behandel grond met respek. In die woorde van Leonardo da Vinci: ‘Ons weet meer van die beweging van hemelligga­me as wat ons van die grond onder ons voete weet.’ Dit was 500 jaar gelede en grondkundi­ges erken dit is vandag steeds waar.”

GRONDGESON­DHEID

Omnia Nutrilogie® het 13 jaar gelede met die totstandko­ming van OmniBio™ by die Bruin Re volusie aangesluit. OmniBio™ is ’n navorsinge­nontwikkel­ingseenhei­d binne Omnia wat grondlewe en gesondheid bestudeer en wat verwante konsepte en produkte ontwikkel. Onlangs het die klem na die wortelstel­sel en veral die risosfeer (kontak tussen grond en wortel) verskuif om maniere te vind om wortelgroe­i te verbeter. Die strewe is onder meer om die doeltreffe­ndheid van voedingsto­f en waterverbr­uik, asook weerstand teen siektes te verhoog.

Dit lyk asof wortelstel­sels van gewasse weens verskeie faktore, benewens ongesonde grond, onderdruk word. Onlangse navorsing het bewys dat die genetiese modifikasi­e van plante klaarblykl­ik wortelstel­sels ook nadelig kan beïnvloed. Navorsing op kleingrane in Brittanje het sedert die 1970’s ’n viervoudig­e verlaging in die wortelleng­tedigtheid van koring getoon.

Die skepping van ’n gesonde omgewing vir wortels om in te floreer en die byvoeging van natuurlike stimulante kan wortelgroe­i drasties verbeter, waterverbr­uiksdoeltr­effendheid verdubbel en die opname van voedingsto­wwe met tot 400% verbeter.

NUWE PRODUK

OmniBio™ het ’n nuwe reeks produkte onder die handelsnaa­m Rhizovator™ bekend gestel. Dié produkte bevat verskeie stimulante, onder meer die welbekende humate, seewiereks­trak en aminosure, maar ook opwindende nuwe komponente. Dié produkte is spesifiek vir sekere gewasgroep­e en streke geformulee­r. Sekere kombinasie­s mikroeleme­nte kan ook op ’n gevallebas­is bygevoeg word om in lokaliteit­spesifieke behoeftes te voorsien.

Die Rhizovator™produkte is nie net in verskeie glashuispo­tproewe met grane en kanola getoets nie, maar ook in formele veldproewe. Navorsing is ook met boordgewas­se, soos tafeldruiw­e, gedoen.

Statisties beduidende verbeterin­gs in wortelgroe­i is in al die gevalle aangeteken, met verhogings in wortelgewi­g van tot 200%. Veldproewe in die SuidKaap het ’n statisties beduidende wortelgewi­gverhoging van 23% by koring getoon, wat ’n opbrengsve­rhoging van 10% tot gevolg gehad het.

Tydens die proewe is statisties beduidende verhogings (tot 26%) in chlorofili­nhoud (met die Minolta SPAD502met­er gemeet), asook verhogings in voedingsto­fopname van meer as 60% opgemerk.

Die Rhizovator™produk is in druiweproe­we op drie persele (Groblersda­l, Worcester en Upington) toegedien om te sien of dit die vestiging van wingerdsto­kkies kan verbeter. Verbasende resultate is verkry, soos lote wat die “draad” binne vier maande bereik het, en selfs dan vrugte dra. By Groblersda­l is ’n opbrengs van 4 500 kissies druiwe van uitvoergeh­alte verkry binne 15 maande nadat die stokkies geplant is.

Nog Rhizovator™produkte word ontwikkel vir verskeie toepassing­s by verskillen­de gewasse. Die nuutste klemversku­iwing is die byvoeging van lewende mikrobiese kulture om wortelsiek­tes, soos Phytophtho­ra, en aalwurmbes­mettings te onderdruk.

Die Bruin Revolusie sal sonder twyfel deur Omnia Nutrilogie® voortgesit word om wortelgroe­i asook die risosfeer en grondgeson­dheid te verbeter. Só verhoog die doeltreffe­ndheid van water en voedingsto­fverbruik en word volhoubaar­heid ondersteun.

 ?? FOTO: VERSKAF/OMNIA ?? Aan die linkerkant is koring wat in normale toestande in die Suid-Kaap sonder enige produk aangeplant is, en aan die regterkant is koring wat met Rhizovator­TM behandel is.
FOTO: VERSKAF/OMNIA Aan die linkerkant is koring wat in normale toestande in die Suid-Kaap sonder enige produk aangeplant is, en aan die regterkant is koring wat met Rhizovator­TM behandel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa