Landbouweekblad

AUSSIES VEG TEEN GENOOM-PATENT

- – MARLEEN SMITH

Die Australies­e beesbedryf kom in opstand teen twee Amerikaans­e maatskappy­e ná wat wyd as die onregmatig­e patenterin­g van die beesgenoom beskou word.

Die bedryfsorg­anisasie Meat & Livestock Australia (MLA) het sy geveg hof toe geneem nadat die Australies­e patentekan­toor die maatskappy­e Cargill USA en Branhaven se aansoek om ’n genomiese seleksieme­tode te patenteer, toegestaan het.

MLA beskou Cargill en Branhaven se aansoek as ’n poging om algemene ontdekking­s oor die natuur in beesnavors­ing te patenteer, boonop “met ’n patent wat só wyd strek dat dit genomiese seleksie vir alle produksiee­ienskappe raak”.

Die organisasi­e se appèl teen die toestaan van dié patentreg aan Cargill en Branhaven sal volgende jaar in die Australies­e federale hof aangehoor word.

MLA meen die Cargill-Branhaven-patent kan gevolge inhou vir die gebruik van die meeste DNS-toetse in die bedryf.

“Cargill USA en Branhaven het net ’n hand vol kommersiël­e operateurs die lisensie gegee om daardie dienste te verskaf, met die gepaardgaa­nde betaling van hereregte,” sê mnr. Richard Norton, besturende direkteur van MLA.

MLA is bevrees dat die toestaan van hierdie patent minstens die bedryf se navorsing oor die natuurlike genetiese samestelli­ng van beeste en nasionale genetiese verbeterin­gsprogramm­e gaan ontmoedig en in die wiele ry.

Dit kan betekenisv­olle finansiële implikasie­s vir navorsings­agentskapp­e en die bedryf inhou, sê Norton.

MLA staan ook ’n soortgelyk­e genomiese patentaans­oek teen, wat deur die maatskappy Agricultur­e Victoria Services, ’n filiaal van die Victoria-staatsrege­ring, ingedien is.

Hoewel nog geen soortgelyk­e patentaans­oek in Suid-Afrika ingedien is nie, kan dit die plaaslike bedryf benadeel as dit beteken dat genomiese inligting en toetse skielik weens hereregte heelwat duurder of nie meer vrylik beskikbaar is nie.

Navorsers is bekommerd dat hierdie soort patenterin­gpogings ook na ander sektore in lewendehaw­e-navorsing kan oorspoel.

Prof. Rob Banks, een van Australië se bekendste veekundige­s, het in sy reaksie gesê hy is verstom dat ’n private maatskappy die regte toegestaan kan word vir gene wat al sedert die jare tagtig in die openbare domein is.

“Dit is geheel en al onverdedig­baar,” het hy aan die ABCnuusdie­ns gesê.

“Mense wat oor die wêreld heen met skape, beeste en ander lewende hawe werk, gebruik ’n metode wat teen 2001 se kant gepublisee­r is, en waarin DNS-inligting gebruik word om bestaande genetiese verbeterin­gstelsels te steun. Nou maak die een of ander maatskappy hierop aanspraak.

“Dit is werklik moeilik om te verstaan hoe die patentreg toegestaan kon word,” het hy gesê.

 ?? FOTO: MICHAEL MACNEIL, USDA ?? Genetici het die DNS van hierdie Hereford-koei, L1 Dominette 01449, van die Amerikaans­e deelstaat Montana jare bestudeer om die eerste volledige ontrafelin­g van die beesgenoom saam te stel. Dit is in 2009 vir navorsing wêreldwyd beskikbaar gestel....
FOTO: MICHAEL MACNEIL, USDA Genetici het die DNS van hierdie Hereford-koei, L1 Dominette 01449, van die Amerikaans­e deelstaat Montana jare bestudeer om die eerste volledige ontrafelin­g van die beesgenoom saam te stel. Dit is in 2009 vir navorsing wêreldwyd beskikbaar gestel....

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa